Guptas het glo toegang tot militêre inligting gehad

Atul Gupta (Argieffoto)

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê die omvang van die welgestelde Gupta-familie se “web van korrupsie” word al hoe meer duidelik en die minister van verdediging moet aan die parlement die “buitensporige toegang” wat die Guptas tot geklassifiseerde militêre inligting gehad het, verduidelik.

Die DA sal die voorsitter van die parlementêre komitee oor verdediging skriftelik versoek dat minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula dringend aan die komitee moet verduidelik hoe die Gupta-familie toegang bekom het tot geklassifiseerde militêre inligting vir hul Sun City-familietroue in 2013.

Kobus Marais, woordvoerder van die DA, het gesê die minister moet dadelik voor die parlement verskyn sodra die parlement in Augustus hervat.

Volgens mediaberigte Sondag is geklassifiseerde inligting soos verspreidingskaarte en lugvaartdiagramme van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria oor onveilige e-posstelsels na die Gupta-familie gestuur voor die troue by Sun City.

“Indien hierdie bewerings waar is, het die Gupta-familie en hul vennote moontlik die Verdedigingswet, die Belastingwet en die Doeane- en Aksynswet oortree, aangesien hulle versuim het om enige goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid, die Weermag en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te bekom,” het Marais gesê.

“Die omvang van die Guptas se web van korrupsie word al hoe meer duidelik. Hulle het nie net die ANC gekaap en korrup nie, maar hulle het ons hele regering gekaap, insluitend ons weermagdienste om hul eie belang te dien.

“Minister Mapisa-Nqakula moet voor die parlement hierdie buitensporige toegang kom verduidelik wat die Guptas tot ons land se militêre dienste gehad het. Die DA sal steeds elke moontlike opsie ondersoek om ʼn einde te bring aan hierdie korrupsie van die Guptas en hul makkers,” het Marais bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jakobus ·

En ek het nie eens toegang tot my vrou se banksake nie. Sal haar moet aanspreek.

John ·

Wel, hulle hou Hindu-guru-funksies in die militere museum, meer as wat ons ander kan se en ons prez woon dit by sonder om ‘n oog te knip. Wie besit uraanmyne in ons land en wie help met atoomkragonderhandelings? Sal iemand sommer vir ons laat weet hoeveel geld ons land tov die sg Parys-akkoord ontvang om klimaatsverandering tee te werk met atoomkrag, want niemand se niks? Of is dit ook vir vreemde base se beursies?

Pieterlewismuts ·

VERRAAD
Mense is al gefusilleer vir kleiner oortredings

o ·

Maak my sooo woedend. As ek maar net dink waardeur ek moes gaan voordat ek jare terug deur Krygkor in diens geneem kon word. Alles het in een groot klug ontaard

Johannes van Staden ·

Die guptas weet meer van SA as die zuma self met al die inligting wat hulle gevoer was deur die anc …om van siek te raak ! Wys jou wat gebeur as dom mense iets gegee word wat hulle niks van weet nie. Dis so goed jy vra n kleuter om n vliegtuig te land en daar het ons dit ….n groot GEMORS !

Jacques Venter ·

Putin+Zuma+Guptas+uraan+atoomkragstasies+bankrotstaat+paleisinDubai+goodbyeSA

Johann Holtzhausen ·

Dit is ook die rede hoekom ons alternatiewe energieverskaffers gedwarsboom word en sukkel om goedkeuring te kry om by die ESKOM NETWERK aan te skakel!

Swartkat ·

Wonder watse militere toetusting is by die Gupa woning. Wonder wat luister hulle dalk af waarvan ons nie weet nie, lyk of hulle baie goed toegerus is, het dan tot ‘ n militere voertuig by die huis gehad vir as die blok benoud raak. Shaun Abrahams is maar baie skrikkerig om op te tree wonder of hy meer weet as wat ons dink.

Johann ·

ZUPTOPIA!!!!!!!! Maar NUMBA WHONE se hy sal nie bedank nie want die WESTE wil hom en die ANC ontsetel? Whahahagaaaaa!!!! WESTE? Nadat die “OOSTE” SA LEEEEGGGGG gedra het?

Michal ·

Dis baie duidelik dat ons land deur die Gupta,s gemanipuleer word. Zuma is die “puppet”. Wat moet Zuma en die ANC nog doen sodat landsburgers se oe kan oopgaan om van hulle ontslae te raak? By die dag word al hoe meer dinge ontbloot en elke keer is daar n Gupta betrokke. Ons moet iets daadwerkliks doen om n einde aan Zuma en die ANC te bring.

Bertha ·

Hierdie is net die punt van die berg.
Hier kom nog groot skokke.
Ek hoop dit word vinnig ontbloot en die betrokke mense sit asap agter tralies!
Hulle moet uit die samelewing verwyder word!!!

Zirk ·

Hierdie is ‘n nimmer eindigende storie. As Zuma en die Guptas kriminele dade gepleeg het, waarom kan hulle nie voor ‘n hof gedaag word nie?. Daar word net gehanna-hanna vir dae en weke en niks gebeur nie. Waar is die land se regslui en wetstoepassers dan.?
En begin deur die Zumalekiete en Guptas se paspoorte te KONFISKEER.!!

Stiena ·

Mos logies – iemand met graad 5 kan nie eers v homself dink ni wat nog te se land regeer. Iemand anders moet dit v hom doen en niemand werk mos verniet nie! Die Guptas lag hulle g@&&e af v Zuma en sy meelopers en hulle is te stupid om dit agter te kom.

Andre ·

Die president het die land verraai en moet in ‘n militêre tribunaal verhoor word soos in oorlogstye. Een dag verhoor en voltrek die vonnis dieselfde dag!

Johann Holtzhausen ·

Ek kan net nie glo en verstaan hoekom geen klagtes gelê en ondersoek word nie! Daar heers ‘n gees van verlamming!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.