‘Guptas, Hitachi skép terwyl ekonomie kwyn, beurtkrag toeneem’

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die vakbond Solidariteit het die ANC se vermeende toekenning van kontrakte aan individue en maatskappye met sterk politieke bande in ruil vir onregmatige betalings ten sterkste veroordeel.

Dit volg ná die onlangse bespiegelinge dat die Japanse maatskappy Hitachi onbehoorlike betalings van miljoene rande aan die ANC gemaak het om ʼn kontrak vir die verskaffing van stoomketels aan Eskom te bekom. Die ANC het boonop onlangse vrae in die parlement rondom Eskom se kontrak met die omstrede Gupta-familie vir die lewering van steenkool ontduik.

Volgens dr. Eugene Brink, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, is dit duidelik dat die ANC korrupte omkoopgeld belangriker ag as ʼn gesonde ekonomie en behoorlike dienslewering aan landsburgers. “Miljoene rande in belastinggeld word in die proses vermors. Daarby ly die ekonomie onder onbetroubare kragvoorsiening en swak dienslewering as gevolg van onbekwame individue wat op ʼn onregmatige wyse kontrakte bekom en buitensporige finansiële voordeel daaruit trek, net om produkte van swak gehalte te lewer,” het Brink gesê.

Volgens Solidariteit is hy bekommerd oor die gehalte van die steenkool wat die Guptas aan Eskom lewer. “Indien die gehalte van die steenkool nie voldoende is nie, sal Eskom nie in staat wees om aan die land se kragbehoeftes te voldoen nie en sal beurtkrag weer aan die orde van die dag wees. Uiteindelik sal besighede en nywerhede, en die ekonomie, daaronder ly. Dit het boonop reeds aan die lig gekom dat die stoomketels wat Hitachi aan Eskom gelewer het, substandaard was.”

Brink voeg by dat hierdie vorm van “grand” korrupsie al meer voorkom. “President Zuma se kabinetsamestelling word toenemend slegs deur die beskerming van korrupte bedrywighede bepaal. Die omstrede Mosebenzi Zwane is byvoorbeeld, ondanks sy noue bande met die Guptas, steeds as die nuwe minister van minerale hulpbronne aangestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Winston ·

Afgrond roep. Ons is nou agter Nigerië! En so gaan hulle net aan en aaaaan. Hoop die “wit afrikane” word wakker uit hulle illusie droom.

Francois ·

Ja – nee, nie gedink Maroela sou my post toelaat nie. Julle (Maroela) is net so in die bed met die cANCer as die die res!

Kobus ·

gaan iemand ooit dit kan stop, want solidariteit swets en afriforum is kwaad en die vryheidsfront huil, tot malema kla, maar almal is te lig in die broek om die anc te stop, los politiek en begin bid vir verlossing!!!!

Kobus ·

die oposisie in hierdie land het nog nooit iets reggekry of enigsins iets beteken nie, word groot en fokus op werklike versoening !!!!

Pieter V ·

Zuma en sy korrupte venote gee nie n blou duit om wat ons se oor hulle korrupte bedrywighede ,want hulle en die anc swyg dit net eenvoudig dood, Zuma praat en belowe dat korrupsie beveg sal word ,laat ons dan by hom en sy neef Kulubosa begin

Rynhardt ·

Dit word oor en oor bewys dat die Anc sterk bande het met sekere persone en maatskappye wat doelbewus die land en ons gevangene hou!Dit is oor en oor bewys dat die Guptas sterk bande met Zuma en Anc het.Gistraand het Radio Helderberg berig dat die Anc die ekonomie so wil herstruktureer dat dit uit die greep van Kolonialisme moet kom.Dit is absolute borg,want die Vryheidsmanifes word met mening uitgevoer!Terwyl selfverryking geskied,word nog steeds vir publiek verkondig in die naam van propaganda om handjies te vat,drukkies en soentjies uit te deel.SA is vrot van korrupsie-kanker tot op die been!

Johann ·

Kobus, in jou een bydrae stel jy voor ons bid vir verlossing, en in die volgende een moet ons fokus op versoening? Het jy al opgelet hoeveel bydraes mense maak wat begin met “Die Here alleen weet…”, of “Ons moet bid, mense..” En dis waar dit bly. Dit wil voorkom asof Nehemia ook maar lekker lank gebid het oor die afgebreekte muur van Jerusalem…en NIKS het gebeur nie. Tot die dag wat hy opgestaan het van sy gebedsmat af, na die Koning toe gegaan het, en begin het om dit waarvoor hy gebid het aan te pak en te verander. Blanke Suid Afrikaners verstaan blykbaar nie daardie konsep nie….ons wil bid, en agteroor sit.

Martin ·

Johan dankie. Ek stem 100% met jou saam. Daar is niks fout met my geloof nie, maar om op die kantlyn te staan en Bid gaan ons niks help nie. Jy weet, daar was tye wat ons oorgrens operasies in ons Buurlande gaan uitvoer het. Ons het in Angola oorlog gemaak. Ons het daai tye ook gebid,maar dit is nie al wat ons gedoen het nie. Ons het opgestaan en gedoen wat nodig was vir hierdie pragtige land. Wat keer ons om weer op te staan? Dit het tyd geword dat ons besef, saam met ons gebede moet ons vir onsself ook iets begin doen.

Kobus C ·

Johann, duideliker kon jy dit nie stel nie. Daar is niks wat my erger grief as die wat al ewig bid en glo hy het nou sy bydrae gemaak nie. Bid ja, dit is reg, maar lig dan jou gat en doen iets.
‘n Voorbeeld is, die omie sê vir my, bid het gewerk by Bloedrivier. Hulle het toe seker ‘n gemaklike sitplek gekry en gekyk hoe hulle voorlaaiers hulle self laai en skiet.
Die kultuur het ons heeltemal oorgevat. Kyk in sport, die afrigter sê dit was die God se wil dat hulle gewen het, dit moet dan seker beteken dat God hulle opponente gestraf het vir iets, daarom het hulle verloor. Maar as daardie span verloor, word God nie in die prentjie gebring nie.
Ek bid ook, maar glo as ek nie ‘n bydrae maak nie, gaan niks gebeur nie.

Bruno Stef ·

Ai tog maar party mense onder ons bly maar altyd beswaard.Die ouer mense sal die uitdrukking in Afrikaans ken”Laat Gods water oor Gods akker loop”.Ons is almal christene maar om passief te wees en te verwag dat God alles moet doen is belaglik.Kyk hoeveel maal die Afrikaner in die verlede die wapen in die een hand en die Bybel in die ander hand gebruik het.

Moeg vir nuwe SA ·

Korupsie is so algemeen, dit is nie meer snaaks nie, dis soos n persoon wat mishandel word in n verhouding, as iets nie gebeur om dit te stop nie, begin die persoon glo hy verdien dit, dit is waar ons is, dit is net, o ja maar net nog korupsie, ag wel ons is gewoond daaraan. Wie gaan dit stop? Die regering en hul propaganda, selfs hul eie mense glo hulle, wonder net of hul comrades hul korupte geldjies met hul gaan deel as die land se spaarblikkie leeg is, wat sal ons dan die tipe diskriminasie noem? Blackism?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.