Guptas is ‘die rotte wat die skip verlaat’

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die DA het Sondag die nuus verwelkom dat die omstrede Gupta-familie al hul aandele in besighede in Suid-Afrika sal verkoop, maar het gesê die familie is “soos rotte wat ʼn sinkende skip verlaat”.

Maroela Media het vroeër berig ʼn woordvoerder van die Gupta-familie het gesê hulle sal teen die einde van die jaar al hul aandeelhoudings in Suid-Afrikaanse ondernemings beëindig. David Maynier, woordvoerder vir die DA, het gesê die Gupta-familie se bewering dat hul besluit in die beste belang van die land geneem is, is doodeenvoudig oneerlik.

“Dit is ʼn feit dat lede van die Gupta-familie, en die besighede wat deur hulle beheer word, die onderwerp van verskeie ondersoeke was, onder meer ʼn ondersoek deur die Valke na beweerde korrupsie, ʼn ondersoek deur die Sentrum vir Finansiële Intelligensie na beweerde geldwassery, ʼn ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank na die beëindiging van sakeverhoudings met sekere banke en talle ondersoeke deur die Nasionale Tesourie na beweerde korrupsie in hul sakeooreenkomste met staatsbeheerde maatskappye, soos Denel, Eskom en Transnet,” het Maynier gesê.

Hy het gesê die Gupta-familie het skynbaar ʼn keerpunt bereik en het besluit dit is in hul beste belang om uit besighede in Suid-Afrika te onttrek.

“Ons sal nie terugstaan nie en alles in ons vermoë doen om seker te maak dat die ondersoeke na die Gupta-familie se besighede afgehandel en die resultate daarvan aan die publiek bekendgemaak word,” het Maynier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Popeye ·

Ek kan aan ander name as “rotte” dink……(help my met hierdie ene)….my bydrae is: Stropers.

Kobus ·

Dit is soos in die ou dae wat 7 de Laan nog gewerk het, almal het gekyk, die rolverdeling, die storie, vandag stel niemand belang nie.

Gerd Lourens ·

Ek wonder net hoeveel politici en amptenare se kontantvloei gaan nou skielik krimp???

Voertsek rotte!!!

Liewe heksie ·

Laat my worry gaan die gupties nou als oorgee aan die zumpies

Johannes van Rooyen ·

Die dom zuma toe te slim vir guptas klaar miljoene uit hulle gemaak nou kan hulle maar gaan hyt hulle gespeel die heeltyd en hulle doel nou uitgedien dit was sy plan nog die heeltyd al probleem nou gaan hulle miljarde belastingbetalets rande uit die land vat en zuma lag allie pad bank toe

Willi ·

Maar net ‘n rook skerm, met Zuma aan die stuur van sake in SA sal dit nooit gebeur nie, daarvoor is die Zumtas te slim (skelm). Sal beter wees as die rotte saam met die skip sink.

GES ·

Ek twyfel of die omvang van die plundertog ooit bepaal kan word. SA het nog nooit so iets beleef nie. Dit gaan baie jare neem om weer tot op die vlak te kom waar SA was. Dit gaan verseker nie binne die volgende 50 jaar wees nie.

Marianne ·

“Rotte verlaat n sinkende skip” ek dink die Guptas verlaat n ekonomie wat besig is om in duie te stort

John ·

Daar is nog baie mense soos hulle oor in die land… en diegene wat hul besighede kwasuis oorvat. Moenie die vrede vertrou nie. Oor ‘n jaar of wat is hulle dalk weer terug…

Lh ·

Ek kan aan n paar rugbyspelers dink wat n ander sinkende skip ook so gou moontlik moet verlaat.

KP ·

Sal Maroela asb vir ons uitvind waar die vliegtuig, met die dooie man se lyk in n kompartement wat in Zimbabwe geland het, met 70 MILJARD RAND in kontant as vrag werklik heen op pad was. Daar was oa berig dat die geld vir SA se reserwe bank in Duitsland gedruk was. Daar was ook n berig dat die geld na Durban op pad was. Daar is onlangs berig dat die Guptas n bank in Durban besit, was die geld dalk bestem vir hulle bank en hoekom is dit nie algemeen bekend dat hulle n bank besit nie. Dit was ook berig dat Zuma vir n lening by hierdie bank aansoek gedoen het om sy Nkandla skuld te betaal. Hoekom is daar soveel geld in die buiteland gedruk en waar het dit werklik geeindig, of sal dit n staats geheim bly.

Johann ·

Sies…al weer die arme diere wat moet instaan vir beledigende “menslike” gedrag. Ek staan vir ROTREGTE!!!!

Joann ·

In die land is so baie buitelanders wat besighede het. Japenese,chinese, ethiopiers,kwara winkels by die duisende. En by alles betaal hull nie belasting nie. Gaan vind maar uit.

Paplepel ·

Let op, by die meeste van die buitelanders se winkels werk hulle net met kontant. Geen geld beweeg deur ‘n rekening nie. By die vlooimark langs die Kollonade deel hulle ‘n kaart masjien tussen ‘n hele spul van die stalletjies. Het nog nie uitgewerk hoe hulle daai een doen nie.
FICA agente, julle moet asb. kyk daarna.

Tiger ·

Wens hulle vat zumpie saam die dag as hulle vlug!Ja hulle weet beslis meer oor ons land se ekonomie as ons,die dat hulle wil padgee.

christine ·

Ag oor die skynheiligheid, voel ek vere. Die vraag wat my die meeste pla is waarom dit vir die Pres. so belangrik is om n nuwe jet te he wat n lekker vrag kan dra. Ek raai maar en dink dis om na die Weste te vlug. Want hys nie meer Welkom in die land waar sy eertydste vriende bly nie. Jy moet weet as die komminuste in ons land al gatv.l vir Zuma is, hoe voel ons.

Oudste ·

Ek wonder of Nammawaan die bedrag wat Tesourie bepaal het vir die oorspandering op Nkandla, betaal het? hoeveel was dit nou weer, “seven hundred million and one and thirty one rands?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.