Guptas, ministers aangekla

Atul Gupta (Argieffoto)

Die DA het klagte by die polisie gelê teen pres. Jacob Zuma, sy seun Duduzane, drie Gupta-broers en verskeie kabinetsministers. Die DA beskuldig hulle van verraad, korrupsie en rampokkery ingevolge die sogenaamde staatskaping.

Van diegene wat in die klagte genoem word, sluit in Atul Gupta, Ajay Gupta, Rajesh “Tony” Gupta, Ashu Chawla, Nazeem Howa, Malusi Gigaba, minister van finansies, Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, Faith Muthambi, minister van openbare dienste en administrasie, Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, asook die geskorste waarnemende hoof van Eskom, Matshela Koko.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het in ʼn verklaring gesê die klagte is gelê ingevolge nuwe bewyse wat die naweek aan die lig gekom het. Hy het verwys na nuusberigte wat oor die naweek in die media verskyn het wat glo die Gupta-familie se rol in die bestuur van Suid-Afrika en die omvang van die staatskaping bevestig.

Maroela Media het vroeër berig die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag ’n skriftelike versoek aan Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), gerig om dringend die geloofwaardigheid van die beweerde e-posse te ondersoek .

“Indien die e-posse geloofwaardig is, sal dit bewys dat die staat inderdaad gekaap is en dat pres. Jacob Zuma aan die stuur van ’n korrupte regering staan,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid. “Dit is weer eens ’n bewys waarom dit belangrik is om ’n kommissie van ondersoek rondom die kaping van die staat in te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Loeis ·

Die opskrif is effe misleidend: dit klink of daardie persone reeds aangekla word. Verander dit eerder na iets soos Klages is gele.

Die artikel lees dat klagte aanhandig gemaak is. Van vervolging is daar dus nog geen sprake nie. Mense het al voorheen teen Zuma klagte gele en daar het dadels van gekom. My beste raaiskoot is dat ‘n private aanklaer nodig sal wees om enigiets te laat gebeur.

Alida ·

Iewers moet daar nou iets gebeur en iemand moet aangekla word. Dit kan nie so aangaan nie. No 1 het reeds 700 plus klagtes teen hom maar hy regeer nog steeds die land – hoe werk dit.

Tula ·

Teen hierdie tyd seker al 800+ dan nog ‘n openbare dreigement aan die nec (volgens news 24) dat as mense nie gaan ophou om hom te druk nie, gaan hy “praat.” Nou wat sal dit beteken?

Anti spur ·

Jammer dat ons land verander met spoed na ‘n piesang republiek

Snoefels ·

Blah blah blah.. hier gaan niks gebeur nie, julle almal sien hoe gaan dit in ons howe

Michael barnard ·

Da mors hul tyd hierdie ouen is on aan raak baar niemand sal hul iets kan doen want hul word beskerm.

pieterdp ·

So redeneer ek en voel soos baie. Wat mors ons ons tyd met die regering en Zuma.
Dan sit ek terug en besef ons saai die saad in die mooi bewerkte lande in die hoop dat die saad sal op kom. Daar is geen waarborg nie. Maar as ons nie saai nie is daar geen hoop nie. Dis saai ons met n hoop vole harde op n goeie oes.
Net soo met al die stape teen die koripte regerings amptenare en Zuma.
Sterkte vir die wat dit als namens ons doen.

Kosie ·

Die saak raak ons almal, N mens voel so magteloos, maar…. as dit n blanke regering was?

al ·

Die Gupta se skoothondjie, hul prokureur wil nou die mediahuise hof toe sleep oor gelekte emaile, van die emailadresse is konsuis fiktief

Eish ·

Daardie leliewit prokureur pla my nog die hele tyd. Is die Gupta’s onbewus van BEE magtige dreuning? Of soek hul waarde vir ons geld?

Arno ·

Hoeveel van hardwerkende belasting betalers se geld gaan nou weer hier ingegooi en gemores word? Ons almal weet dat hier, soos met die ou wat ons land regeer daar niks van gaan kom nie. Het Afriforum en Solidariteit en al die faksies al ooit die somme gemaak? Hoeveel staats amptenare is nou al geskors oor korrupsie en wie weet wat ook al maar sit jare by die huis en verdien nog hulle vol salarisse? Kan ek ook by die huis gaan sit en dit kry? Nee want as ek nie werk nie ly my vrou en kinders. Maar ons moet skelms onderhou? Komaan Musi, al julle politikuste moet ophou met die verblindery.

Nettie ·

Arno, dit is presies soos ek ook voel! Mý belastinggeld word vermors met die dat die DA vir elke hik en hoes hof toe hardloop met sake wat hulle wel tog weet daar dadels van gaan kom! Pleks hulle, Afriforum en Solidariteit gebruik die fondse wat hul lede skenk, om ‘n befondsing te skep vir die mense wat bitter graag uit SA wil padgee, maar net eenvoudig nie die finansies daarvoor het nie (soos ek).

al ·

Volgens n ander mediaberig het Zuma se seun Duduzane Zuma in 2015 alreeds ñ woonstel ter waarde van r18 miljoen rand aangekoop met behulp van Guptas in Dubai.
Never a dull moment in the Republic of SA!

Piet Pompies ·

Vir advies oor geld – Kontak die Guptas
Vir advies oor sex – Kontak Zuma (Colloquially “izuma means “rapist”) Bron – That Word Site

PJ ·

Soos met Sassa het jou oor n”barrel’om die toelaes te betaal al was die kontrak onwettig selfde gaan gebeur by Eskom molefe mos gesè hulle gupta kontrakte moet teken vir steenkool anders “loadshedding ” ons voorland so het ons by die kort hare

Nothing ·

NIKS GAAN GEBEUR NIE. Die ondersoek gaan net GELD kos en die uitslag gaan PRO ANC en PRO GUPTA wees. Die spul beskerm mekaar, geld praat hard, en die ondersoekspanne is nooit onpartydig nie. Ek glo absoluut niks meer wat enige ondersoekspan aan my opdis nie. Soos die ondersoekspan wat bevind het PLAASMOORDE is net HUISROOF wat verkeerd gegaan het.

al ·

Dis waarom dit uiters belangrik is om ons stem dik te maak en agter leiers te staan wat vir geregtigheid veg.
Om passief te raak, is nie ñ opsie nie – ons dit aan onsaelf, ons kinders en kleinkinders verskuldig.

Louis ·

Die openbare beskermer wat Suid Afrika nou het is stil en beteken niks , sy is ook in die Zuma kamp

JAN ALLEMAN ·

ARNO EN NETTIE !!! TEN MINSTE WORD DAAR IETS GEDOEN EN IS DAAR AL VELE WELSLAE BEHAAL IN HOWE. MOET ALMAL NOU MAAR NET AGTEROOR SIT TERWYL JOU BELASTINGGELD IN ELK GEVAL VERMORS WORD ?

Jordaan ·

Welslae? Soos Zuma wat R7miljoen van R256mil terugbetaal of die grondwet minag en’n flou (he-he) verskoning maak? Dit is nie eers ‘n druppel in die emmer nie.

Stephanus ·

Die DA het al hoeveel sake gemaak maar dit sterf net daarna ‘n stille dood!!!!!
Die staatsaanklaers gooi die klagtes net in die snippermandjies. Hierdie klagtes gaan ook so hanteer word!

Bert ·

Dit is nou hopelik waar onse Gerrie Nel sy buiging gaan maak.

Gert ·

Gaan bdoen bietjie navorsing oor die sake wat die DA aanhangig gemaak het. Hulle het beslis verskil gemaak. Ten minste doen hulle iets en die regbank is nog nie gekaap nie.

Go for it DA ·

Go for it DA, dit is nou genoeg, hoe kan ‘n man met al die gemors nog die land regeer, dit skep verkeerde persepsie by kinders wat môre se leiers is.

Hennie ·

As hierdie saak laat vaar word “omdat daar niks van sal kom nie” keur ons hierdie kaping goed. Dit MOET hof toe, ons het ‘n verantwoordelikheid om reg te laat geskied.

foxi ·

Ek het soveel om te sê…….maar sal eerder stilbly en op my tande kners en my tandarts ryker maak!

marous ·

Indien daar nie bevele vir beslaglegging en verkoop van bates uitgereik word teen hulle , en diegene wat deur plundering bevoordeel is nie , is daar geen nut in enige hof geding nie.

Scalla ·

As daar na al die name gekyk word is dit mos die rede vir die middernagtelike kabinet skommeling. Daar kort nog n hele klomp name wat nie op die lys bygevoeg moet word.

MAB ·

Daar kan nie net stilgebly en niks gedoen word nie…… dankie DA dat jy alles moontlik doen om te probeer red wat nog te redde is…. iewers gaan en sal daar ‘n breekpunt moet wees!!!

koos ·

Howe behoort aan Dept van Justisie. Dept van Justisie behoort aan die Staat. Staat word stewig beheer deur die ANC. Daar zal dus niks van hierdie klag v.d. DA kom nie. Enige regter wat sy werk wil behou, zal of die saak uitgooi of uitspraak ten gunste v.d. Guptas en die ministers lewer.

Peet ·

Dit is ondenkbaar dat ‘n kafeetjie, of besigheid of land so bestuur word. Die bestuur, en ingesluit daarby ons agbare Adjunk Staatspresident Ramaoposa, die ministers en alle senior amptenare is of korrup en/of total en al onbevoeg om die land te bestuur. Die “wigte en teenwigte ” het toe ook in die hande van die korruptes en/of onbevoegtes verval en skaam ek my om ‘n Suid Afrikaner genoem te word. Die goeie stryd wat Afriforum en ander stry is ek bevrees vergaan op die heel beste in ‘n see van middelmatig en onkunde.

Riana ·

Dit is die perfekte uitdaging en projek vir Gerrie Nel om aan te pak, sou ek sê… Die nar en sy hele sirkus span moet privaat vervolg word; ons kan maar aanneem al die gewone regters is gekoop of sal omgekoop word, sou dit n tradisionele roete volg.

Annatjie Kruger ·

Hoe kan Agriforum verwag dat die OB gaan sê dat die eposte geloofwaardig is. Sy is dan kop in een mus met Zuma en die Guptas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.