‘Guptas moet val’ eis betogers

Foto: Jonisayi Maroma/ANA

Foto: Jonisayi Maroma/ANA

ʼn Groep jong mense het Saterdag buite die St. George Hotel in Pretoria betoog waar die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) vergader.

Die betogers is deur veiligheidspersoneel een kant toe geskuif. Van die betogers het gesê hulle betoog nie as ANC-lede nie maar as “bekommerde Suid-Afrikaners”. Die groep betogers het gesê hulle is diep bekommerd oor die invloed wat die Gupta-familie op pres. Jacob Zuma en sy regering het. Die betogers het onder meer gedreunsing “Zuma must fall” en “Guptas must fall”.

“Ek is baie bekommerd oor die leierskap van die land. Ek glo nie in pres. Zuma se leierskapstyl nie,” het Maselela Montja gesê. “Ons is hier om ons menings te lug. Ek het geen vertroue in die NUK nie, maar ek is hier om my besware te kenne te gee as ʼn jong professionele Suid-Afrikaner.”

Ronald Lamola, voormalige adjunkleier van die ANC-jeugliga, het ook aan die betoging deelgeneem. Lamola het gesê die NUK moet Zuma as ʼn saak van dringendheid herroep. “Hierdie is die laaste waarskuwingskoot aan die ANC. As hulle hom nie dié naweek herroep nie, moet die burgerlike samelewing opstaan en hom self verwyder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

en na Zuma geval het, gaan hy natuurlik vervang word met iemand wat die perfekte staatshoof gaan wees: sonder korrupsie en sonder duister deals en hy gaan natuurlik affirmative action stop en eskom regruk en swart rassisme teenoor witmense vasvat en diskriminasie teen afrikaans stop. DREAM ON…

Michael ·

Ek het nooit gedink ek sal saam met hulle stem nie ,verras ek myself

Griki ·

Ek hoop die ANC-kiesers wys hulle dat almal nie so dom is soos wat die ANC dink nie en dat hulle nie langer met die huidige hopelose regering gediend is nie.

Wat-ek-lees ·

In die Engelse klas het ons geleer: “You can fool some of the people all the time; You can fool all the people some of the time; But you cannot fool all the people all the time”.
Dit lyk of ons nou daar is. Dalk gaan die Afrika-kontinent té klein raak vir die Zumtas.

Michael ·

Hulle is altyd ongelukkig maar kom die verkiesing staan hulle in toue van kilometers lank in die reën om vir die ANC te stem wat noem ‘n mens dit???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.