Guptas ontken belangstelling in politiek

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die omstrede Gupta-familie het Saterdag ontken hulle stel enigsins belang in politiek na aanleiding van verskeie mediaberigte.

“Ons glo vas in die oppergesag van die reg en ons is gretig om te antwoord op enige bewerings wat teen ons gemaak word,” het die familie in ʼn verklaring gesê.

“Ons het die berigte op News24 gelees oor die beweerde uitlatings deur Pravin Gordhan, minister van finansies, aan sy Tesourie-personeel oor die Gupta-familie en is diep teleurgesteld.”

Volgens mediaberigte het Gordhan glo aan personeel by die Tesourie gesê hy word deur die Guptas geteiken. Hy het glo verder gesê die familie teiken hom weens die werk wat hy en sy departement die afgelope tyd gedoen het.

Die Guptas hou egter vol daar is ʼn “politieke veldtog” teen hulle. “Intussen is geen aanklagte ooit teen ons aanhangig gemaak nie. Ons rig weer die uitdaging aan ons teenstanders om, indien hulle enige bewyse teen ons het, daarmee vorendag te kom. Andersins los ons uit want ons stel nie belang in die politiek nie, slegs in sake doen.”

Volgens die familie is hulle daartoe verbind om hul ondernemings volgens gesonde sakebeginsels te bestuur, met alle transaksies wat deursigtig is. “Ons wil graag ook die media versoek om ons nie onnodiglik in die middel van huidige kwessies in die land te posisioneer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

humor ·

Bo alle verwagting is hul nogal heel eerlik. Stel nie belang in die politiek nie, dit dien slegs as n middle tot n doel.

Lance ·

Jy word geken aan jou vriende ….so ek glo niks wat die mense se nie !

John ·

Niemand het gese hulle stel belang in politiek nie. Dis veel, veel erger as bloot ‘n belangstelling in politiek.

Cherokee ·

Waarom is die Guptas ook om die kampvuur? Ek dog hulle is vergete. My afleiding is dat idees êrens begin ontwikkel wat die Guptas as rede wil bestempel vir die huidige twis tussen Zuma en Ghordan. Dit sal teleurstellend wees om uit te vind dat die Guptas steeds wiele in SA kan laat rol.

Ander Koos ·

Hulle stel verseker nie in politiek belang nie, maar in geld wel. Dit is tog bekend hoe goed hulle “connection ” is om toegang te kry tot die land se bronne en dit is GROOT geld. Hulle weet ook hulle word beskerm teen vervolging, vandaar die uitdagende verklaring

Waarheid ·

Mag dié inval, gou kom, in daai DIEP GAT wat hulle vir hulself gegrawe het.

Popeye ·

Die Guptas het onvermydelik by “politiek” betrokke geraak deur hulle naelstring wat aan Zuma vas is. Sjoe, hulle uitlatings is ook maar dom! Rykdom kan ongelukkig nie breins koop nie!

Sarie ·

As dit nie die Guptas is dit Soros of Bill Gates Money makes the world go round

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.