Guptas se bankrekeninge bly vir eers oop

Die Oakbay-groep se regspan in die hooggeregshof in Pretoria (9 Oktober 2017). Foto: Brenda Masilela/ANA

Die hooggeregshof in Pretoria het Gupta-maatskappye Maandag 15 dae kans gegee om ʼn hofaansoek in te dien om die Bank of Baroda te verhoed om hul rekeninge te sluit.

Die Indiese finansiële instansie wil, soos Suid-Afrika se vier grootste banke, ook sy bande met die Gupta-maatskappye verbreek om homself te distansieer van ʼn skandaal waarby sakevennote van pres. Jacob Zuma betrokke is.

Die Gupta-familie word daarvan beskuldig dat hulle hul goeie verhouding met Zuma gebruik om politieke besluite te beïnvloed en sakegeleenthede te bekom. Zuma en die Guptas ontken dat hulle enigsins oortree het, en geen strafregtelike aanklagte is teen die Guptas aanhangig gemaak nie.

Bank of Baroda sou die Gupta-maatskappye se rekeninge op 29 September gesluit het na aanleiding van ʼn vroeëre hofuitspraak deur regter Hans Fabricius. Die maatskappye, wat deel is van die Oakbay-groep, het hulle op die vooraand van die sluiting van hul rekeninge tot die hof gewend om te versoek dat die rekeninge tot Desember aktief gehou word wanneer hulle die bank se besluit om die rekeninge te sluit sal betwis.

Regter Tati Makgoka het Maandag die 20 maatskappye grasie gegee deur te beveel dat hul rekenings en lenings nie gedeaktiveer mag word totdat die maatskappye se aansoek teen die bank se besluit afgehandel is nie. Hy het die Gupta-maatskappye 15 dae kans gegee om hul aansoek teen die Bank of Baroda in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Soveel van n onaantasbaarheid het ek nog nooit gesien nie? Banke en Audit firmas gee die Guptas n gatskop, maar in ZUPTOPIA is díe Zumaikies op vrye voet. Sidder om te dink presies hoeveel van SA resources het hulle werklik as geplunder…steeds besig? En die vlak van gewetenlose stroop anargie word deur NUMBA WHONE en sy handpoppe aangehelp…geen gevolge!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.