Guptas se Oakbay-hoof bedank

Nazeem Howa (Foto: SAUK)

Nazeem Howa (Foto: SAUK)

Nazeem Howa, uitvoerende hoof van Oakbay Investments, het Maandag met onmiddellike effek bedank.

Die raad van direkteure van Oakbay Investments het in ʼn verklaring bevestig Howa bedank weens gesondheidskwessies en as gevolg van mediese raad wat hy ontvang het.

Ronica Ragavan, die huidige finansiële direkteur van Oakbay, sal as waarnemende uitvoerende hoof optree terwyl ʼn permanente opvolger gesoek word.

“Oakbay wil mnr. Howa bedank vir sy uitnemende bydrae tot die maatskappy sedert hy in 2010 by ons aangesluit het,” lui die verklaring.

“Nazeem was ʼn uitstekende uitvoerende hoof vir Oakbay en het gestalte gegee aan die maatskappy se filosofie van harde werk, innoverende denke, werkskepping en waardetoevoeging,” het Ragavan gesê. “Ons wens hom alles van die beste toe vir sy herstel.”

Howa het op sy beurt gesê dit was ʼn voorreg en ʼn eer om só talentvolle groep kollegas te lei. “Oakbay sal mettertyd geag word as die tipe maatskappy wat Suid-Afrika benodig: innoverend, werkskeppend, belastingbetalend, en wetsgehoorsaam. Ek sien uit na daardie dag,” het hy gesê.

Die nuus volg enkele dae nadat Pravin Gordhan, minister van finansies, in hofstukke verwys het na ʼn dokument wat hy in Augustus van die FIC ontvang het met besonderhede oor “verdagte” transaksies van meer as R6,8 miljard wat Gupta-maatskappye tussen 2012 en Junie 2016 gedoen het. Oakbay Investments is die Guptas se houermaatskappy.

Lees alle vorige berigte oor die Guptas op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Alida ·

O ja die klip word nou te warm nou hardloop hulle! Siek se voet wie dink hulle glo die bollie.

Nici ·

Wonder wie gaan volgende afklim van “Titanic Zuma” … ietsie sê vir my die ouens raak bang.

Alida ·

Sus hulle is oppad! Stortkop kruip in Indie weg hy is bang vir daai kleinkamertjie met die klapperhaar matras!

Francois ·

Ek hoop en glo regtig dat die wiel nou gedraai het – ons bid nie verniet nie, en die Bybel sê duildelik, wat jy saai sal jy maai, en alles wat in die donker is sal aan die lig kom. So sal hulle almal val. Geld koop nie alles nie!

Skuus, nog een ding. Ek sien al die ander koerante praat van 6.8 Biljoen en al Maroela Media se berigte sê 6.8 Miljard – ek dink daar is ‘n baie groot verskil tussen Biljoen en Miljard, wat is nou eintlik die regte bedrag?

Sune van Heerden ·

Dagsê Francois

“Miljard” is die Afrikaans vir “billion”, dit is dus dieselfde bedrag.
‘n “Biljoen” is gelykstaande aan die Engelse “trillion”.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dawie ·

Die rotte kan nie meer onder die vullis weg kruip nie, Daar is te veel molle wat hulle nou opvreet!!!

humor ·

Is daar n moontlikheid om sy paspoort te konfiskeer. Die tydsomstandighede tel teen hom!!!!!!!!

Cecilia ·

I wish!!!! Dit moes al lankal afgevat gewees het en hul moes verhoor afwagtend gewees het,maar nee dus mos boetie-boetie….en ouboet is die skelmste.

Willem bierman ·

Lol….so spring hulle uit n sinknde skip uit. Seker sy senuwees wat ingee man!

gerhardt ·

Groot skrik gevang. Mooi man hoop nog so n paar dop uit. Al bedank jy kan jy mos nog vervolg word? Sal saam met die ander in die siekeboeg spandeer?

TM ·

Stres kan jou ook siek maak en sommer dodelik siek so hierdie man het dalk vir ‘n lang tydjie baie stres gehad oor alles wat gebeur het veral as jy dalk ‘n aandeel gehad het?

GES ·

Dit is altyd interessant om te sien hoe hulle die leuen glo en leef maar ongelukkig kom die dag van afrekening ook. In die tyd gaan baie wanhopige pogings aangewend word om te probeer wegkom.

John ·

Hoogdrawende bedanking vir die meneer se talente wat hulle toe uiteindelik in die sop laat beland het. Hy kry seker ‘n eenrigting ‘vlug’kaartjie as aftree-geskenk na iewers waar sy gesondheid kan verbeter.

Anoniem ·

Klink of die Guptas die geleentheid gebruik vir bietjie bemarking….. “belastingbetalend, wetsgehoorsaam”……

trucker ·

Is dit ook nie nou tyd om ou zuma se reise in die buiteland te stop nie. En sy paspoort in te trek nie. Die ou jakkals kan maklik pad vat. Skelm bly maar skelm. Hy weet baie goed waar hy gaan oud word.

Alida ·

Hy kan nog wegkom. Waar gaan no 1 heen! Sy turf sit mens los nie so baie vrouens en 3 dosyn kinders aan hul lot oor nie.

Nico ·

Wonder hoe siek die ou regtig is… Dalk by Shabir Shaikh aangesteek??

Anoniem ·

Mmmmmm..vertel hy wat siek is……..Hardloop weg ja van al die nonsens die gemors wat jul aangevang het…Maar oppas slim vang ook sy baas……….

Illusion ·

Asb kry net feite oor biljoen en triljoen
Miljoen = million 1000000
Biljoen= billion 1000000000
Triljoen= trillion 1000000000000

Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.