‘Guptas-skandaal nie amptelik op agenda’

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Die Guptas-skandaal is nie amptelik op die agenda van die ANC se nasionale uitvoerende komitee se vergadering wat Vrydag in Pretoria begin het nie.

“Die kwessie sal bespreek word indien dit tydens die debat geopper word,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, aan joernaliste gesê. “Vir die gesprekvoering van die NUK is dié item nie uitgesonder op die agenda nie.”

Mantashe het gesê gevoelens oor die kwessie is nie van belang in dié stadium nie. “Ek is die sekretaris-generaal van die ANC. My opinie en gevoelens tel nie. Wat uit die struktuurvergadering gaan kom, gaan seëvier.”

Volgens Mantashe het die bewerings van senior politici rakende die invloed van die Gupta-familie op besluite wat deur pres. Jacob Zuma geneem word, nie die NUK-afgevaardigdes onder druk geplaas nie.

Mantashe het gesê die driedag-konferensie sal fokus op die Suid-Afrikaanse ekonomie se agteruitgang en die komende munisipale verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lucas ·

Hoekom sal hulle dit bespreek? Hulle kan mos nie hulle vriende wat so mooi sorg kwaad maak nie!! Maak maar of daar belangriker SAKE IS IS KYK WIE GLO JULLE!!

Loon ·

Hierdie klomp Guptas het SA leeg getap, dit maklik reggekry deur n klomp dwase wat geval het vir geld en geskenke.
Dit vat geld om meer geld te maak en dis presies wat hulle in SA gedoen het en die ergste is dat hulle nog steeds te onosel is om iets daaraan te doen.

wynand ·

Hulle is almal ewe skelm so geen rede om dit te bespreek nie.Almal het seker n hap van die “pie” al gekry so niemand durf iets se nie.

Michael ·

Hulle is slim ons wat die belasting betaal vir hulle om te mors is die dom mense

Dee ·

Ag twak julle hele spul! Julle is te nikswerd en mor en kla net in forums sonder om enige iets te doen. Die Guptas doen moeite om Zuma afgedank te kry en julle skryf en skryf en skryf tot vervelens toe en hoop iemand ànders doen iets. Nou dat die Guptas die regering rede gee om Zuma af te dank grens julle steeds sonder ophou.

Lucas ·

Dee wie het jou hok geskud of wat het jy gesnuif voor jy sulke twak praat!???

GES ·

Stortkop is die Guptas se skoothondjie. Hulle het so ‘n greep op hom dat dit eintlik gevaarlik is. Ek dink nie hulle wil noodwendig van hom ontslae raak nie.

Jean ·

Ag ou Dee gaan sluk n paar chill pille ou perd…..
Daai guptas vrinne van jou suig die land leeg en wil voorkom dat hul uitgevang is dat hul veel meer bedrywig is waar hul nie hoort nie!!

Gideon ·

Ek dink die doodsklokke is besig om te begin lui vir Zuma!!! Glo ons goeie nuus is dalk nader as wat ons dink!

anna ·

Dee ja ek verstaan ook nie wat jy se nie? Bedoel jy ons kla maar niks gebeur nie? Indien wel wat stel jy voor moet ons doen?

christine ·

Dit het siener van Rensburg ook gesien. “Die mense trek die wa deur die druf dan spring die geel nasie uit die ooste ook op die wa en draai die briek nog aan ook hulle wat vir die land nog niks gedoen het nie” Die ou man het net n wa geken maar hy het nie die soustrein geken nie. Moet hou my mense hiervan af gebeur dinge vinnig die gespuis se tyd is amper om.

Swanna ·

Christine, jy praat nou die waarheid. Hou die spul dop. Ou zumbie gaan nog skree en waaneer hy skree gaan die pope dans.

GES ·

Christine ek stem 100% saam. Die heerskappy van die korruptes is amper verby. Hulle gaan mekaar se ondergang wees. Ons moet net vasbyt dit gaan nie lank duur nie.

wynand ·

Ons gaan eers baie swaarkry.Zuma gaan agter n newel verdwyn .Ons gaan later die wa deur die drif trek deur die modder en die brieke gaan aan wees.So se Siener.Eers later maar dis aan die kom.Lees self en sien wat kom enwat besig is om te gebeur wereldwyd.Nie net hier nie.Wees voorbereid.Ek was altyd skepties oor Siener totdat ek self gaan opsoek en lees het.

andries ·

As zuma val gaan n groot deel van die kabinet saam met hom moet val want die hele spul is kop in een mus.Twyfel of dit nou al gaan gebeur.Dis dalk waarom ramapoza en mklandle nie iets se nie.Hulle wil nie betrek word nie. Wonder waarom?

Oebie ·

Stem saam. Miskien voer hulle ‘n post Zuma era in die mou. Maar dit gaan nie maklik wees om al die tentakels van die kanker uit te roei nie. En dan is daar nog die gevaar dat die opvolgers hulleself moet beloon deur die land verder tot in die afgrond te regeer, as daar nog iets oor is om te steel.

Dan ·

Ja nou moet al wat beef dit ontgeld, maar barmhartige samaritaan word alweer verdedig, wanneer gaan hierdie skynheiligheid end kry. No.1 is nou werklik bo die wet verhewe, en sy lakeie sit aan hom vas soos aan n wolkombers soos hierdie Matashwa. As dit ek was wat by my werk in so baie in onguns moes word sou ek my so geskaam het, ek sou sommer gedros het, maar nee die bootjie na Kammaland ry te lekker. Ons kort n staatsgreep om hier uit te kom. Dis die enigste uitkoms.

Oebie ·

Die Zuptas het die land aan die kort harte beet. Eendag, miskien binnekort, sit Zuma in sy hut op Nkandla, afgetree of uitgeskop, en lag ons uit terwyl RSA ín ‘n rommelhoop braak lê.
Ek stem half saam met Dee. Ek het self nou gal gebraak. Kom ons sit koppie bymekaar en raak innoverend oor dinge wat ons kan DOEN om die skip om te draai vóór rommelstatus. Is reg stem genoeg?

Dan ·

Hulle ken die antwoorde, hulle gaan nie regtig daaroor praat nie, dis wat Matashe eintlik se

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.