Guptas skepties oor Madonsela se verslag

Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Gert van der Merwe, prokureur vir Ajay Gupta, het Dinsdag in ʼn skrywe aan die openbare beskermer, Thuli Madonsela, gesê hy is besorg oor die OB se verslag wat sy Vrydag wil bekend maak.

Madonsela, wie se termyn as openbare beskermer vandeesweek verstryk, sal na verwagting Vrydag ʼn verslag publiseer oor bewerings van ʼn staatsvergryp en dat die welgestelde Gupta-familie uitvoerende besluite beïnvloed het.

Van der Merwe het aan Madonsela gesê sy kliënt, Ajay Gupta, het sy volle samewerking gegee en dit is gedoen in opdrag van sy prokureur se inisiatief. Volgens hom het Madonsela geïrriteerd voorgekom terwyl sy Gupta op 4 Oktober ondervra het. “Jy het die hele tyd jou oog op die horlosie gehou om seker te maak dat jy om 14:00 ʼn perskonferensie kon bywoon,” lui die skrywe.

Volgens Van der Merwe het hy tydens die onderhoud beswaar aangeteken teen verskeie onreëlmatighede, maar dit is van die hand gewys. Volgens hom het die openbare beskermer ook nog nie ʼn getranskribeerde weergawe van die onderhoud aan hom en sy kliënt verskaf nie, soos versoek.

Hy voer ook aan die Gupta-broers het nie ʼn dagvaarding ontvang tydens die ondersoek na die president, wat die Gupta-familie impliseer, nie.

“Die openbare beskermer skep die indruk dat haar kantoor ʼn duidelike, voorafbepaalde siening het van hoe die verslag sal lyk, en die getuienis wat ingesamel is, was bloot vensterversiering vir ʼn besluit wat geneem is lank voor mnr. Gupta se weergawe aangehoor is, of die openbare beskermer se weergawe getoets kon word,” het hy gesê.

“Enige verslag wat uitgereik word, kan nie te goeder trou gedoen word nie. Dit is eerder ʼn poging om adv. Madonsela se eie siening te publiseer,” het hy bygevoeg.

Van der Merwe het gesê hy het oorweeg om ʼn dringende interdik te bekom, maar het daarteen besluit, aangesien dit moontlik verdraai sal word as ʼn poging om haar kantoor te “dreig of te intimideer”. Hy het sy kliënt aangeraai om vir die verslag te wag, maar indien Madonsela tot die gevolg sou kom dat sy kliënte hoegenaamd onbehoorlik opgetree het, waar hulle bewyse gelewer het om die teendeel te bewys, doen sy dit “op haar eie risiko”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ronnie ·

Natuurlik sal die Guptas alles in hulle vermoë doen om hulself te verontskuldig. The lady doth protest too much.

Alida ·

Die Guptas het niks hier verloor nie en het geen se in SA nie. GAAN TERUG WAAR JULLE VANDAAN KOM

Johann ·

Ja ou Gertjie. Ek sal ook desperaat raak as ek weet my “klient” met die invloed wat hulle het, gaan saam met NUMBA WHONE ontbloot word vir die blatante bedriers wat hulle is. Well done Thuli!!!!!

KP ·

Madonsela gaan mos nou n privaat praktyk begin het ek verstaan. Kan iemand vir my se of sy aanklagte teen betaling in haar private hoedanigheid teen Zuma of die Guptas mag maak. Sy het, ek glo meer as genoeg bewyse wat sy in haar termyn bymekaar gemaak het om hulle suksesvol te vervolg en ek glo daar sal mense wees wat sal betaal vir n suksesvolle vervolging in n hof.

Rapes ·

Dit wil my voorkom die vrou se kop is reg aangeskroef. Sy moes nog ‘n termyn as OB gedien het dan sou die poppe gedans het.

l ·

Klink my die Guptas en Zuma bewe nou in hul broeke! Hehe.
Ek hoop regtig Madonsela het goeie lyfwagte!

Jan maak n Plan ·

Totdat die ANC en Zuma nie meer in beheer is nie sal daar oor hierdie saak net gepraat kan word en niks gedoen kan word nie. Thuli se opvolger sal beslis ook niks aan die saak doen nie.

John ·

Die Guptas sou dan glo al hul aandele in SA verkoop en waai? Maar wie verlaat nou sommer sy paradys om terug te keer na ‘n verloopte landstreek? En ou Rooie is tog soveel vrygewiger en daarby krap hy ook nie in almal se weelderige slaai nie.

Sid ·

Dit help nie dat almal nou vir Gert Van der Merwe uitkruit as ‘n slegte man nie. Nie dat ek saam met hom stem oor die Guptas nie. Wat van al die ander prokureurs wat kinder verkragters , moordenaars asook van ons land se top regslui verdedig. Kritiseer ons die prokureurs of net die beskuldigte. Dit gaan oor hulle beroep om geld te maak. Soos een prokureur eens in die 1980’s vir my gese het, hy sal doen wat hy moet om sy klient te verdedig solank hy net betaal word. Ek sal ook wil sien dat die Guptas verantwoordelik gehou word waar hulle ander te na gekom het. Onthou net reg en geregtigheid sal uitkom op di ou end

Moraliteit ·

Ek het teen respek vir enige prokereur wat lieg om skuldiges te verdedig nie.

Genoeg is genoeg ·

Ja Guptas en ons is skepties oor jul belange in ons land!

Jean ·

Wie gee om oor die GUPTAS se negatiwiteit of enige gevoelens wat hulle mag ervaar? Van wanneer af hulle so prominent in SA dat hulle ‘n mening mag hê en uitsprake teenoor ons OB mag maak? Is hulle ooit landsburgers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.