Guptas ‘verheug’ oor Gordhan se hofaansoek

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die Gupta-familie het in ʼn verklaring gesê hulle is “verheug” oor Pravin Gordhan, minister van finansies, se hofaansoek en het hom “bedank vir die geleentheid”.

Gert van der Merwe, die Gupta-familie se regsverteenwoordiger, het gesê Gordhan se hofaansoek is ʼn geleentheid vir die Guptas om hul naam in ere te herstel. Volgens die Guptas word die minister se aansoek deur hul regsverteenwoordigers oorweeg.

Gordhan het hofstukke ingedien om uitsluitsel te kry oor sy verpligting as minister om die Guptas by te staan in hul stryd teen die land se banke. Gordhan verwys in sy aansoek na 72 “verdagte” transaksies van meer as R6,8 miljard, wat Gupta-maatskappye tussen 2012 en Junie 2016 gedoen het.

Volgens die Guptas is die aansoek “fundamenteel gebrekkig” en het die familie met aanvanklike ontleding van die “verdagte” transaksies reeds verskeie teenstrydighede uitgewys.

Hulle sê ses van die transaksies, ter waarde van R4 miljard, hou verband met die Optimum-myn voordat dit onder hul maatskappy, Oakbay, se beheer was. ʼn Verdere 24 transaksies, van R325 miljoen, was volgens die Guptas heeltemal wettig en glad nie verdag nie.

Gordhan verwys in die hofstukke ook spesifiek na een transaksie, van R1,3 miljard, oor die rehabilitasietrust van die Optimum-myn. Die R1,3 miljard was, volgens die prokureurs van Optimum se ondernemingreddingspraktisyns, veronderstel om van ʼn Standard Bank-rekening na die Bank van Baroda oorbetaal te word. Dit is egter nie duidelik of dit wel gedoen is nie. Die Guptas het intussen ʼn brief van die Bank van Baroda openbaar gemaak, wat bewys die Optimum-rehabilitasietrust het rekeninge by die bank.

Die Guptas het gesê hoewel hulle die hofaansoek verwelkom, is dit “nonsens” en niks meer as “politieke speletjies” nie. “Die waarheid kom altyd uit en ons sien uit daarna om in die hof die klad van ons naam te verwyder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jaco ·

Dis n skande dat n wit Afrikaanse man bereid is om hierdie korrupte familie se regsverteenwoordiger te wees. Hulle betaal hom seker goed, maar dit bly immoreel van hom om sulke kliënte te hê.

Regtespraak ·

Dit sal ‘n goeie Van der Merwe grap vir die toekoms wees.
Nou beklemtoon dit maar net die rioolmoeras waarin sommige “regsgeleerdes” swem.

Gerd Lourens ·

Stem. Die pen wat fooie skryf het nie ‘n siel nie…

Ouman ·

Heeltemal te seker van hulle saak as jy my vra. Dalk hoop hulle Zumpie sal tot hulle redding kom

Ben Prinsloo ·

Nee Jaco en Regtespraak julle is verkeerd. Sien n prokureur as n huursoldaat. Hy veg vir die 1 wat hom betaal. Onthou net die regstelsel is van so n aard dat as die wetstoepassers hulle werk behoorlik doen dan sal die krimineel nie wegstap nie.

Regtespraak ·

Ben Prinsloo – goed gestel! Huursoldate wat enigiets sal doen om Mamon te dien – selfs interpretasie van die wet verdraai en vergeet van die gees van die wet terwille van geld.
Wetstoepassers het nie ‘n kans terwyl hulpbronne so oneweredig vesprei is nie.

Sus ·

Dis vir my soos dé-já-vú…..eers die Shaiks en nou die Guptas. Wie is volgende??

jaco ·

Maroela het lank terug berig dat hulle al in 1993 in SA aangekom het. Die wit Nasionale Party was toe nog in beheer van SA. So dis meer as net Zuma en die ANC wat skuldig is oor dié familie soveel mag in SA gekry het. Maar in daardie tyd wou almal mos ja stem en is ‘n nee stem beskou as rassisme, domheid en selfs teen die wil van God. Die huidige korrupsie en wanbestuur is natuurlik binne die wil van God…

annetjie ·

Ek stem saam Jaco. FW de Klerk en sy hele parlement en sy trawante in die kabinet, het ons verraai .Daar was die uitjouery, die verdagmaking van die regse partye en die mense het die aanbidders van die geldgod mammon geglo. Hulle die gepeupel, is ook uitverkoop en de Klerk het sy miljoene gejry en n plaas en n de Klerk stigting begin en net sy griekse godin getrou. Vandag toer hy tussen die griekse eilande en sy plaas met sekuriteits wagte. Leef lekker en ons word uitgemoor. Dit is feite. Heyns wat vermoor is was ook deel van die uitverkoping saam met Marthinus van Schalkwyk Roelf Meyer Pik Botha en dan was daar n sekere Fourie ook betrokke. Ek het al die skuldiges op video waar hulle die publiek gevra het om saam met hulle die JA STEM tegee.

Ben Prinsloo ·

Regtespraak alhoewel ek dieselfde voel soos jy moet ons ook nie vergeet dat dit is nie die prokureur se skuld dat die regsbank nie meer so effektief is nie. Die storie is nou al holrug gery maar kyk maar na die Oscar en Shrien Dewanie sake.

Armando ·

Annetjie, wonderlike stukkie skryfwerk! Ek onthou hoe hy in ‘n Njala weggekruip het: vir sy eie mense! Die ander een se naam was André, so terloops. Eens van LTT.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.