Die Gupta-familie se Oakbay Investments het Maandag aangekondig hy gaan sy aandele in die African News Network-nuuskanaal (ANN7) en The New Age-koerant (TNA) vir miljoene rande verkoop.
Ronica Ragavan, waarnemende uitvoerende hoof van Oakbay, het in ʼn verklaring gesê die maatskappy gaan sy aandele in Infinity Media, wat ANN7 bedryf, en TNA aan Lodidox and Management vir R450 miljoen verkoop.
Oakbay het ʼn ooreenkoms met Lodidox bereik om ANN7 vir R300 miljoen te verkoop en TNA vir R150 miljoen.
Die ooreenkoms sal na verwagting oor die volgende paar weke afgehandel word, onderworpe aan enige regulerende vereistes.
“Die ooreenkoms is deel van Oakbay se verbindings om werksgeleenthede te behou en meer as 7 500 hardwerkende werknemers in die groep te beskerm,” het Ragavan gesê.
“Onder die nuwe meerderheidsaandeelhouer glo Oakbay dat beide ondernemings en hul werknemers die blink en welvarende toekoms sal hê wat hulle verdien.”
Ragavan het ook gesê die ooreenkoms sal hulle genoeg tyd gun om te fokus om hul naam in ere te herstel ná “ongegronde aantygings in die media”.
Die Guptas speel maar nog net ‘n kaart, hulle sal in beheer bly van die twee instellings, Glo my
Heeltemal korrek. Mense is nie altyd so slim as wat hulle dink hulle is nie. Alternatief…..almal is nie SO dom nie.
Weet julle wie se Spin doktor Manyi en voorbok van White Monopoly Capital aka PottingerGupta konneksie is onlangs tas alleen aandeelhouer eienaar van Lodidox geregistreer, van waar die R450 miljoen koopsom plus vele miljoene meer bedryfs kapitaal gekry/geleen, geborg deur wie nogal. Blyk aangestel as front om banke blokasie en korrupsie verantwoording the omseil, want watookal ander Gupta front kan aandeelhouding terugvat, ha, ha, terugkoop op papier met dieselfde R450 miljoen na goed gewas na en terug via waarookal oor die aardbol. Nee, so maklik word bankiers nie gebol nie.
Die mag sal hier bly maar nie die geld nie.
Ai ai. Hoe gelukkig is ons nie om sulke goeie onbaatsugtige mense soos die Guptas in ons land te hê. Hulle wat hulle vaderland verlaat het om uit diegoedheid van hulle harte Suid Afrikaners op te hef.
Ons kan ons dankbaarheid teenoor minister Gigaba nie in woorde uitdruk dat hy hierdie gesin gehelp het om vroeë burgetskap te kry nie.
Met die Guptas se ondersteuning kan hierdie land net van krag tot krag gaan
Ek sal nooit ANN 7 kyk nie. Uit beginsel. Iemand wat geld betaal daarvoor moet na my mening sy kop laat lees.
Dis maar net “fronting”.
Hul manier om nog steeds sake te doen
Hierdie transaksie is verdag , dit laat my dink aan die inligtingskandaal van jare gelede. Die koerant koop niemand nie , jy kry hom verniet en verder subsidieer die staat die koerant met al hul advertensies en ontbyt sessies . Nee wat die staat koop dit seker
Leon
Die.Noordelike Provinsie het jaarliks R500,000 bestee om die Gupta koerant vir hulle staats amptenare te koop
Nou dat die sauk gans en staats departemente nie meer onder n dekmantel goue eiers kan le nie, maar ek betwyfel dit is maar seker net op papier om Bee reg te kry.
Ek het nog altyd gesê. Zuma se mosie wantroue sal nie slaag vir solank die Guptas nog in SA is en besigheid doen. Eerste tekens is hier dat Guptas oppad uit is asook Zuma wat kort op hul hakke nie meer die amp gaan beklee nie.
Het die Guptas dalk ‘n kontantvloei probleem na al die uitbetalings aan begunstigdes. Ek glo dit dit duur is om die amptenare en parlementslede maandeliks onderhou en iewers sal iets verkoop moet raak he he he
Die Guptas dink seker dat die meeste mense so naief is om die spinstorie te glo terwyl hulle hard probeer om n lae profiel te hou.Ek waarborg hulle dat die dag gaan kom dat hulle”Assets” in SA genasioliseer gaan word volg net die politieke uitsprake wat deur verskeie organisasies daagliks geuiter word. Dit is n bodemlose put.
Mzwanele Manyi is die koper en is ‘n groot anc en baie lank midde in die gupta/zuma binnekring.
Waar kom die geld vandaan om dit te koop???
Hoekom noem die artikel niks van Jimmy Manyi nie?
Asook dat dit klaarblyklik ‘n “vendor financed” transaksie is – met ander woorde die verkoper (Oakbay) leen die geld om die aankoop mee te doen vir die koper (Manyi).
So eintlik gee hulle net eienaarskap oor aan iemand wat wel steeds ‘n bankrekening kan hê.
Vinnige manier om die gevaalde handelsnaam te verkwansel om sodoende die minste skade te ly, slim plan.
Die staat sal inklim as dit begin sink, hulle houvas op die nasionale uitsaaier is nou gebreek, tiepe van, so nuwe platvorm is nodig.
Nogals.. ..ongegronde aantygings in die media….ai ai…. Wonder of die Wall Street Gupta…..een van die Gupta’s is….want daai Wall Street Gupta, was n skelm Gupta
Ag, net nog ‘n skelm en korrupte besigheid….