Guptas: ‘VSA tree op wyl SA nie kan besluit’

Mike Pompeo, die VSA se minister van buitelandse sake.

Die DA meen dit is betreurenswaardig dat die VSA beslissend teen die Gupta-broers optree terwyl pres. Cyril Ramaphosa se ANC-regering nog nie teen ʼn enkele individu opgetree het wat by staatskaping betrek word nie.

Die VSA het besluit om sanksies teen Ajay Gupta, sy broers, Atul en Rajesh, asook Salim Essa in te stel. Die Amerikaanse departement van finansies se kantoor vir buitelandse batebeheer (OFOC) het dié stap Donderdag laat aangekondig.

Dit is gedoen weens hul “betrokkenheid by korrupte bedrywighede met staatsamptenare en amptenare van staatsbeheerde instellings vir hul eie persoonlike gewin”, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Michael Pompeo, gesê.

Natasha Mazzone, die DA se skaduminister vir openbare ondernemings, het dié stap verwelkom.

“Die DA beskou die VSA se sanksies teen die Gupta-familie se noukeurig georganiseerde netwerk van korrupsie as ʼn positiewe stap en meen dit kan tot gevolg hê dat verskeie ander ook aanspreeklik gehou kan word vir die misdade wat hulle gepleeg het ten koste van Suid-Afrika se burgers.”

Mazzone is egter van mening dat die Ramaphosa-regering diegene wat daarvan beskuldig word dat hulle die staat se koffers geplunder het, beloon.

“Dit is onbegryplik dat nie ʼn enkele persoon wat verantwoordelik is vir staatskaping al in hegtenis geneem is nie, wat nog te sê aangekla en voor die howe gebring is.”

Natasha Mazzone. Foto: Facebook

Die feit dat die Amerikaanse owerhede teen die Guptas opgetree het terwyl die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping al soveel bewyse voorgelê is, laat ʼn mens twyfel in pres. Ramaphosa se voorneme om van die skuldiges ontslae te raak.

“Die regering verspeel ʼn reusegeleentheid om ʼn duidelike boodskap aan die publiek en die wêreld te stuur – dat misdadige elemente geen plek in ons land het nie.

“Nie een van die sake wat teen hooggeplaaste amptenare en politici aanhangig gemaak is, het ʼn dossier of is na die NVG verwys vir strafregtelike vervolging nie ondanks die getuienis wat in die openbare domein beskikbaar is.”

Volgens Mazzone wys die aksie wat deur die Amerikaanse regering geneem is wat gedoen kan word as daar politieke wil sou wees om Suid-Afrika in die regte rigting te stuur.

“Mnr. Ramaphosa, hierdie enkele daad deur die Amerikaanse regering het meer gedoen in die stryd teen staatskaping as wat jy en jou regering al gedoen het om op te tree teen hierdie onverpoosde korrupsie en om dit ongedaan te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Vonkprop ·

Die ANC kry nog te veel geld uit korrupsie. Sal nie nou al die kraantjie wil toedraai nie.

Bekommerd ·

Verskil tussen VSA en SA…
a) SA se liefde vir korrupaie;
b) SA se goedkeuring van selfverryking;
c) SA se goedkeuring om nie regverdig en eties op te tree nie;
d) Geen verantwoordelikheidsin, geen ‘consequences’ vir wat verkeerd is nie.
Dis ‘n Afrika-probleem : die nederigste mense, maar die mees korrupte mense in die wêreld.

Human ·

Hoe kan jy teen jouself optree as die meerderheid korrupsie en diefstal deur die regerende party se kamerade en kaders plaasvind.

Koos de Meyer. ·

Wat ‘n skande dat die buiteland dit moet doen. Hierdie klomp hier doen niks.

Henk Meyer ·

Presies, Moet sê daai korupte klomp Guptas hoort almal in die tronk, groot fout in SA is ANC se Absolute power absolute corruption

Danie ·

Die president is net so skuldig wolf in skaap klere dis hoekom daar nog nie ‘n besluite gemaak is nie

Ongeduldig ·

Die hand onder die tafel het nog lank nie gaan lê nie! Soos julle sê….korrupsie gaan voort en ons gaan nog vir jare hiervoor moet ‘suffer’.

JohanR ·

Sal dit nie lekker wees as ou Regter Zondo ‘n paar pere grooi, en twintig ANC’s wat voordeel getrek het uit Gupta/Zuma skielik tronk toe stuur? Ek wil asseblief by die tronk wees om hulle in te waai, en alles van die slegste toe te wens!

schaun ·

Dit is weer n duidelike geval wat bewys hoe onbevoeg hy is om n piesang republiek te ly dan het hy die arrogansie om sy mond uit te spoel oor Presedent Trump, om moet of n tuisland kry of ons gaan vergaan.

Henk ·

Stem 100% saam, geen ander oplossing sal help om wittes te red nie. die Amerikaanse Indiaane het hulle eie tuisland, werk baie goed, Hulle kan hulle eie kultuur uitleef en alle werksgeleenthede is vir hulle eie mense

Tilly ·

Staatskaping is ‘n geldmaakskema, tydens en na staatskaping. Nou word verhore gehou wat ook ontsettend veel kos en ander weer kan skep, veral dié wat spesialiseer in die regte. Die gebrek aan optrede spreek boekdele. Dit is skandalig dat daar net gepraat word. Regte toring van babbel (Babel).

Hanna Hoekom ·

Ek dink die Guptas weet TE veel en sal in die proses n klomp kamerade ook oor die afgrond trek. Onthou, daar is miljoene rande in die proses betrokke! Daarom is dit n “hands off” situasie hier op tuisbodem.

???? leser ·

cr se stokkie wat hy op sit in sy koutjie sal nie die gewig kan dra as hy iets teen die guptas wil optel nie, hy het in elk geval te min spiere om hom teen homself en sy vraatsigge tjommas te verset
dis ‘n skande dat die buiteland hom moet wys hoe dinge gedoen word
LMGA

ww ·

Die VSA moet net hulle jaarlikse finansiële onder steuning aan SA ontrek

Anton ·

…ek stem…hul, die ANC, staan altyd bakhand…maar klap met die mond…teen die Weste…

humor ·

Dankie DA julle is bykans in elke dag se nuus baie prominent. Jul volgehoue werk om op hoogte met sake te wees maak indruk. Ek is tans n VF+ ondersteuner maar ek het almeer vrae.

KAKtus ·

Die Zondo-bende is al meer as R300mil betaal vir hulle “werk”.

Dries ·

Is maar ons eie skuld want ons moes lankal standpunt in geneem het en gese het genoeg is nou genoeg al wat ons kan goed doen is kla die ANC weet die blankes praat maar net

Pottie ·

Ja ons belasting betalers se geld ons blankes gaan nooit leer nie dalk oor n honderd jaar van nou af sal ons wakker skrik

George in Bloem ·

Die Zondo komissie met al sy narre is maar net nog een van ANC sirkus se vele klug “optredes” teen hul eie korrupsie. Dis ‘n patetiese grap man.Daar sal soos gewoonlik niemand enige iets oorkom nie. En die “gravy train” sal doodeenvoudig net net voort stoomroller. Hulle het mos die ondersteuning van die meerderheid “so its all good”.

John ·

Die idee van ‘n waarheids- en versoeningskommissie is al wat gaan gebeur, ook by die Zondo-sitting. Nou kan mense ook ondervra word sonder hofsittings. Wat beteken dit? Niks. CR wou net graag president word na Zuma uitgevang is. Die Afrika-les is: Wees slinks genoeg om nie uitgevang te word nie. Die onlangse gebeure in Bloemfontein is bewys. Toe klagtes teen die burgemeester groei word die onderdane gemaan om nie uit te praat nie en eerder die eerste burger te beskerm. En weg is die probleme.

Hanz ·

Elke wandaad word met n groot geskal ondersoek en daar is net nooit boete doening nie. Wat n klug hoeveel kos al die ondersoeke die belasting betalers?

Die regering kan nie dat die wat voordeel uit korrupsie trek tronk toe gestuur word nie want dan sal die hele parlement na Pollsmoor toe moet skuif en daarvoor is nie geld nie.

Neels ·

Die Zondo kommisie is net daar om te wys daar word kwansuis iets aan korrupsie gedoen . Nog geen aanbeveling niks maar niks word gedoen nie. Die koruptenaare kry kans om hulle spore dood te vee. Kyk maar as daar eendag ver !! in die toekoms n verslag uitkom wie is skuldig en wie word herontplooi, miskien net die fluitjie blaassers

Henry ·

Ek het geen vertroue in die land se regering, regters, of regstelsel nie. Ons as gewone mense moet ‘n land soos Amerika kry om die groot korrupsie en bedrog van al ons parlements lede te ondersoek en voor die internasionale hof bring. Want van al die “ONDERSOEKE EN KOMMISSIES” gaan daar niks kom nie behalwe dat ons belasting betalers daarvoor gaan betaal. Die bedrog wat ons van hoor in die media is slegs die oortjies van die seekoei.

Chris Ws ·

Die president is maar net deel van die korrupte skare wat van 1994 af aan bewind was in die land.Hy sal niks doen om korupsie in die regering te stop nie.

Doc ·

Stem saam met Chris. CR moet NOU wys dat hy SA eerste stel . Die VSA en ander lande toon maar net weereens dat SA se leierskap van n lae gehalte is. Word wakker CR en doen die regte dinge.

Jerry ·

Deur op te tree teen die Guptas word daar uiteraard ook indirek opgetree teen die ANC elite wie by staatskaping gebaat het deurdat die geldkraantjie vanaf die Guptas na die ANC elite, toegedraai word!

Johanna Botha ·

Die anc het die guptas berferskap gegee en met hulle lekker gekonkel ! VSA moet teen anc ook optree ….anc het die land op sy knee waar ons mense nou bakhand staan ! Buiteland wil nie en gaan nie hier bele met al die dom besluite wat hier geneem word nie …anc skrik ook nie wakker na 25 jaar en die teenwigte werk nie !

Hansie Slim ·

President Ramaphosa,
Ons daag jou uit!!! Bewys aan almal dat jy nie deel in hierdie gravy train het nie.!!
Komaan, maak jou kritici stil!!!!
Ag nee wat, hy is te bang om so uitdaging te aanvaar!!

Kas ·

Met die korrupsie wat nog kom was Zuma ‘n vulletjie.Zuma moet nou almal se name bekend maak wat betrokke was want hy het hulle beskerm..

Leon ·

Hulle kan nie die mense vervolg nie, want hoe sal die ANC kaders hulle leefstyl kan behou.
Hoekom dink julle will hulle die nuwe gesondheids stelsel inbring. Die Guptas is weg en die grootkoppe se inkomste het gedaal. hulle moet nou ‘n ander inkomste soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.