‘Guptas wil SA in kolonialistiese speelterrein omskep’

Atul Gupta (Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Dinsdag gesê die Gupta-familie wil Suid-Afrika weer in ʼn “semi-kolonialistiese speelterrein” omskep.

Jacob Mamabolo, SAKP-sekretaris in Gauteng, het gesê net soos die destydse mynmonopolieë van die imperialistiese Westerse lande mynsinkgate en besoedelde hole agtergelaat het, so gaan die Guptas Suid-Afrika met ʼn rommelstatus-kredietgradering los.

“Die Guptas wil Suid-Afrika terugsit, weer in ʼn semi-kolonialistiese speelterrein omskep en hulle dan uiteindelik uit die voete maak na Dubai.”

Die Gupta-familie is die afgelope tyd gereeld daarvan beskuldig dat hulle mag oor pres. Jacob Zuma het, veral ná die omstrede staatskapingverslag deur Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer.

Kritici het die onlangse kabinetskommeling wat Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, en Mcebisi Jonas, sy adjunk, se afdankings tot gevolg gehad het, beskryf as ʼn poging van dié familie om vrye toegang te hê tot die land se beursie.

“Die Guptas het verder gepoog om ons land se instellings en banke te kaap deur hul eie bank te stig,” het Mamabolo gesê.

“Ons het kennis geneem van hul onderhandelinge met Habib-bank wat saam met die Venda Burial Society-bank (VBS) werk. VBS het aan Zuma die R7,8 miljoen geleen, die gedeelte van die R264 miljoen vir Nkandla wat hy moes terugbetaal,” het Mamabolo gesê.

“Ons is ook bewus dat VBS met die Twaalf Apostels Kerk, wat 6,8 miljoen lede het, onderhandel om vir die lede OTM-kaartjies uit te deel wat hul nuwe bank nou in dieselfde liga as Absa, Standard Bank, Nedbank en Capitec sal plaas. Ons weet dat die Guptas hul eie bank soek wat hul eie korrupte en onwettige agendas kan voortdryf. Hulle wil ook uiteindelik die betaling van die maatskaplike toelaes behartig,” het Mamabolo gesê.

Die SAKP sal volgende Vrydag voor die nasionale tesourie in Pretoria betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leendert ·

Ek sien dan hulle is ook berokke by die vervaardiging van weermag panservoertuie in die land. Goeie genade, wat nog? Jy kan hulle maar net sowel by Nkandla laat intrek, saam met Zuma en sy seuns.

Leendert ·

Wigte en teenwigte? Genade! Jy kan maar net sowel die land aan hulle weg teken, as dit nie al klaar gedoen is nie. As hulle dan nou al met ons veiligheid en weermag gemoeid is, waar is die tentakels nie nog in vervleg nie?

AL ·

Vrot van korrupsie tot op die been en magsdronk. Die klomp het geen gewete nie.

Ai! ·

As hulle klaar is met ons Zuma land dan gaan hulle seker die naam verander na Zumindia!! ( Zumaland-India)Is daar dan nie iemand wat die Guptas kan stop en keer nie en hulle van hulle regte onteien nie? Vat hulle burgersskap weg en bellet hulle in ons land! Stuur Zuma sommer saam met hulle. Nee hel nou het ek wragtig alles gesien! Watse skokke kom daar nou nog?

Leeutjie ·

Ai: Ek vermoed die Guptas gebruik net vir strotkop en tap hom leeg. Hy gaan hy ook sy tande op die straathoeke in Indie laat doen want daar gaan niks van hom oorbly nie. Slim vang sy baas!!!

Nel ·

Hmm laat mens wonder of plaasmoorde nie ook deur die spul gefinansier word nie…het een van die ouens met wie Carte Blanche ‘n rukkie terug ‘n onderhoud gevoer het nie iets dergliks laat val nie?

cor ·

Op die stadium is daar niks en niemand wat hulle kan of wil keer nie, hulle tentakels is oral in . Hulle het op Waterkloof geland niemand het ‘n vinger geroer nie. Hulle ry met ‘n pantserkar niemand doen iets nie. Hulle het hulle eie klein langoed gebou in Saxonworld deur blokke eindom op te koop, heinings te verwyder en betaal die minimum waardasie op die perseel en niemand roer n vinger nie. Nee die land sal nie na Zuma vernoem word nie want hulle gaan hom ook eenkant toe gooi as hulle klaar geplunder het.

Gups ·

Los die arme Guptas uit, die groot probleem le by die Presidensie

Ada ·

Kry die Gupta gemors uit die land uit.Of vra dat hulle SA terug aan ons verkoop want Zuma het dit aan hulle verkoop. Wat se jy daarvan De Klerk en Roelf Meyer of besit die Guptas ook vir julle ?

Kul jou hier ·

Kyk die tipe sal aan jou n baksteen in n dvd boks verkoop en nog met jou stry ook…..uitgeslape…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.