Guptas wou haar glo ook minister maak

'n Skermskoot van die inskrywing wat op sosiale media gedeel word.

‘n Skermskoot van die inskrywing wat op sosiale media gedeel word.

Vytjie Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, het onthul dat die Gupta-gesin glo vir haar ook ʼn pos as minister aangebied het.

Mentor het op Facebook gesê sy is na die Gupta-familie se herehuis in Saxonwold in Johannesburg ontbied in die tyd toe Barbara Hogan as minister gepos is.

Hierdie onthulling kom te midde van gerugte dat die Gupta-gesin ook Mcebisi Jonas, die adjunkminister van finansies, einde verlede jaar na hul huis in Johannesburg laat kom het en hom die pos as minister van finansies aangebied het. Dit het glo gebeur voordat Zuma Nhlanhla Nene in Desember in die pad gesteek het. Volgens die gerugte het Jonas egter die pos van die hand gewys, waarna David van Rooyen aangestel is.

Pravin Gordhan, wat na Van Rooyen aangestel is, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg ontken hy weet enigiets van die beweerde vergadering en gesê hy is nog nooit genooi om die Gupta-familie te ontmoet nie.

Natasha Mazzone, die DA se skaduminister van openbare betrekkinge, het Dinsdag gesê die Gupta-familie moet voor die portefeuljekomitee oor openbare werke geroep word om vrae te beantwoord oor Mentor en ander bewerings van hul betrokkenheid by staatsinstellings.

Gerugte het ook al voorheen die rondte gedoen dat die Gupta-familie Fikile Mbalula, die huidige minister van sport, sy pos aangebied het toe hy nog die adjunk-minister van polisie was.

In Februarie vanjaar het Gwede Mantashe, die ANC sekretaris, gesê daar is ʼn algemene “obsessie” met die Gupta-familie en dat die ANC se vergaderings met die Guptas sakeverwant is. “[Tydens die vergaderings] het ons het die ekonomie, die [uitvoerende hoofde] se rolle en die maatskappye bespreek. Ons het nie met die familie vergader nie, maar met hul maatskappye,” het Mantashe verlede maand gesê.

Hy het ook teruggekap oor berigte dat Zuma se seun, Duduzane, nou bande met die Gupta-familie het. “Waar moet Duduzane wees? Hy kan nie besigheid in die hemel doen nie. Ek stem nie saam met die idee dat politici se families net ʼn verlenging van hulle is nie en dat hulle nie ʼn lewe van hul eie mag hê nie. Dit is ʼn siek denkwyse wat mense gaan vernietig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

elisabet ·

Dankie tannie Vygie dat jy nie voor Mamon geswig het nie.
Hierdie Guptas regeer Heelwaarskynlik ons land en ‘all n all’
Soos hul in Ingels sê..as hot as hel

Klaas ·

Waar n rokie trek moet n vuurtjie wees. Die waarheid sal op die einde seevier.

vierkleur ·

So van wanneer af bestuild die guptas wie word n minister?

Marinda van Wyk ·

Stille paleisrewolusie? Lyk of Zuma sy troon aan die Guptas afgestaan het, of sy porsie vir n bord lensiesop verkoop het… of was dit nou vir 30 sikkels silwer..

François ·

Lankal geweet die land word van ’buite’ regeer! Geagte Zuma & sy parlementêre trawante is met alke respek nie so slim daarvoor nie & kan dit nie doen nie!

humor ·

m Nie vervelig nie, maar dit raak nou baie, baie interessant. Ja, die waarheid sal uitkom. z sal soos n uitgesuuigde lemoen in die stof byt. Die man met n armlengte kriminelerekort kan eenvoudig nie op n eerlike, of onbedenklike wyse handel nie. Soos hy sy amp “bekom” het, so volhard hy daarin.

Frederik ·

As ek hier lees hoe Nammawan kook saam met die Guptas, is dit ‘n gegewe dat hy weer aangekla word op die 800+ klagtes van bedrog teen hom. Sou hy teregstaan op die bedrogklagtes soos hy moes, was hy nou dalk in die tronk ipv in die presidentstoel en was SA nie op die rand van rommelstatus nie.
Ek kan nog steeds nie glo dat hy die ANC se beste man was om die land te lei nie. Hulle moes sekerlik ‘n beter kandidaat kon kry, of is hul so ge-faksie dat nie moontlik was nie ?

Elgeraine ·

Die sirkus gaan voort…en die grootste nar lag die lekkerste. Patete!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.