Gure weer pootjie Eskom in die Wes-Kaap

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Kapenaars moet hulself staal vir ʼn koue én donker naweek.

Eskom het Vrydag gewaarsku teen moontlike kragonderbrekings in Kaapstad en dele van die Wes-Kaap weens gure weersomstandighede. Stormweer en koue kom al die afgelope twee weke in dié provinsie voor.

Eskom sê in ʼn verklaring die kragnetwerk in die provinsie is onder groot druk weens die stormweer. Herstelwerk van infrastruktuur word ook deur gure weersomstandighede moeilik gemaak.

“Ons vra dat kragverbruikers geduldig moet wees en die nodige proses volg om enige tegniese kragprobleme in hul gebied aan te meld,” sê die kragvoorsiener in ʼn verklaring.

“Eskom sal sy reaksie prioritiseer op grond van die omvang en tydsduur van die tegniese probleem. Groot foute wat ʼn groot aantal kragverbruikers raak, sal uitermate eerste hanteer word. Daarna sal ons reageer op kragonderbrekings wat al vir meer as twee dae duur.”

Eskom vra dat kragverbruikers die MyEskom Customer-toepassing op hul slimfone aflaai om enige tegniese probleme aan te meld.

“Kragverbruikers kan ook ons Share Call-nommer by 086 003 7566 skakel of ʼn e-pos stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Frik

Aah, hier kom dit… teen 14:00 vanmiddag is dit waarskynlik landswyd.