Guy Fawkes-vieringe moet waai

(Foto: Twitter)

Die Stad Kaapstad sê die “misplaaste tradisie” van ʼn minderheid om Guy Fawkes-nag te vier tot groot ongerief van die meerderheid inwoners, moet stopgesit word.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het skerp gereageer nadat bykans 300 voorvalle van die skiet van vuurwerk laas nag in die stad aangemeld is.

Guy Fawkes-nag word tradisioneel op 5 November gevier en dit gaan gewoonlik gepaard met groot hoeveelhede vuurwerk wat geskiet word.

Smith het gesê die stad se noodoproepsentrum het tussen 06:00 en 23:00 gister 345 oproepe ontvang, waarvan die meeste verband gehou het met die skiet van vuurwerk.

In Lavender Hill, waar ʼn groep van nagenoeg 100 jongelinge saamgedrom het, is motoriste onder die klippe gesteek. Metropolisiebeamptes het in Kleinvlei, Eersterivier en Ravensmead beslag gelê op vuurwerk, terwyl die polisie in Atlantis, Big Bay en Athlone dieselfde gedoen het.

Die brandweer is ontbied nadat bosse weens vuurwerk naby Jakkalsvleiweg, Bonteheuwel, en by Connaughtweg in Cravenby Estate aan die brand geraak het. Die vlamme is egter geblus voor die nooddienste daar aangekom het, het Smith gesê.

Stadsbeamptes het vuurwerkpersele wat spesifiek vir Diwali-vieringe toegewys is, dopgehou, maar teen 21:00 gister is geen aktiwiteit daar aangemeld nie.

“Deur die loop van die dag was daar talle berigte van plunderende jeugdiges wat mense en voertuie aanval. Die video van ʼn voorval in Elsiesrivier, waar ʼn groep kinders ʼn man aangerand het, is die bewys van dít wat jaar na jaar in verskeie van ons gemeenskappe afspeel.

“Op sosiale media het foto’s die ronde gedoen van ʼn 14-jarige seun wat glo met ʼn baksteen aangeval is,” het Smith gesê.

“Dis onmoontlik om die koste te bereken vir die mense wie se eiendom beskadig word, of verwoes is deur vandale wat op Guy Fawkes[-dag] die strate invaar. ʼn Duik in ʼn voertuig kan duisende rande kos om te herstel, maar die sielkundige uitwerking is veel groter.

“Iets moet meegee.

“Daar is absoluut geen regverdiging vir dié grieselige feesviering en die pyn en lyding wat dit veroorsaak nie, om nie eens te praat van die las op die stad en polisiehulpbronne om die tientalle klagtes wat daaruit spruit, te hanteer nie. Dit hou hulle weg van ánder belangrike polisiëringswerk in die stad.”

Smith het ʼn beroep gedoen op gemeenskapsleiers, skole en gesinne om te praat oor Guy Fawkes-vieringe en die chaos wat dit veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Stem ·

Hoor hoor!
Dit was vir lank verbode jare gelede. Waarom op aarde dit weer toegelaat?
Ek pleit ook vir ‘n verbod op enige invoer daarvan.
Die Hindoes kan ‘n spesiale bestelling plaas by ‘n staatsinstansie, bv. vir hul Diwali-vieringe en slegs hulle mag bietjie kry. Niemand se regte word dan geskend nie.
Waar ons woon, was dit doodstil. Geen klappers.

Angeline ·

Alle vuurwerke moet nou heeltemal stop gesit word. Dit is n groot ongerief en ergenis vir baie en vir alle diere wat bang is vir die lawaai en hul selfs beseer om te probeer wegkom van dit. Die invoer daarvan moet stop gesit word.

Deloris ·

Ek sekondeer, alle vuurwerke moet verband word. Dis n mors van geld en ons diere ly daar onder.

wielie ·

Die gemors waai oor van Amerika ……. niks met SA te doen.

My Stem ·

ASB!!Verban ALLE VUURWERKE!! Mors v geld en beserings/dood van mens en dier!! Dien geen doel nie!! Net n lawaai en hartseer!!ASB??!!!

Sunset ·

Ek stem ten volle hiermee saam. Dis nie sinoniem met ons as Suid-Afrikaners nie maar wel tradisie in Amerika. Ons as Suid-Afrikaners moet almal saam staan om djd vuurwerke in sy geheel en al in Suid Afrika te stop asook so met oujaars aand. Daai geld wat daarop gespandeer word kan liewer aan spca, wetnose en alle diere organisasies geskenk word

Crous ·

Ek stem saam vuurwerke moet verban word. Guy Fakwes is Brits, nie Amerikaans nie. Op 5 November 1605, het n groep Katolieke die Engelse Parlement gebou probeer opblaas. Guy Fawkes is aangekeer in die kellers van die Parlement’s gebou met 36 vatte plofstof. Hy is gemartel en teregestel.

Marisa ·

Dit is van Britse oorsprong – dit het net so min met Amerika te doen soos met Suid Afrika!

marous ·

Kan aan ‘n paar plekke dink waar dit ingedruk kan word . Die aanvalle en plundering sal ook dadelik tot ‘n einde kom .

Maryna ·

Ek stem 100% om ALLE vuurwerke te verban en nie toe te laat nie

chrisjan ·

Ek wonder hoeveel mense wat mee doen met die Guy Fawkes viering WEET waaroor dit gaan?Ek glo nie 1% weet nie!Hoe dit ookal sy,ek stem vir ‘n algehele verbod op ALLE invoere EN verkope van vuurwerke.Mense wat vuurwerke afskiet hoord toegesluit te word.Die regering hoord die leiding te neem met die’ verbod.

Jacques ·

Stop die verkope, of het n 100%-500% invoer belasting. Hoe moeilik kan dt nou wees.

Pottie ·

Puik idee…. Kom ons verbied alle vieringe want is hier tog om te vier?

Wielie Walie ·

Dieselfde geld vir Haloween !! Niks met Suid Afrika te make nie ….

Pottie ·

Net so… Weg daarmee! Die arme pampoene loop deur in Halloween dit is onaanvaarbaar. Ek is ook seker die paashaas was nog nooit in suid-afrika gewees nie so weg daarmee ook. Wonder nogal oor kersfees maar vir eers kom ons hou hom maar.

m ·

Dit het niks met Amerika te oen nie, dis die viering van die dag in 1605, waarop ‘n oudjie met die naam Guido Fawkes barrels vol buskruit onder die Britse parlement wou opblaas. Hy het misluk en is gehang en in 4 stukke opgesny.

Wag net to Halloween van Amerika af oorwaai!!

Judge Dredd ·

Tirannie van die meerderheid – maar meerderheid mense hier sien dit nie raak.

toy ·

Ek het hierdie inligting by Mieliestronk gekry.

Die Britse parlementsgebou aan die Teems in Londen, soos dit vandag daar lyk. In die vroeë 1600’s wou ene Guy (of Guido) Fawkes en sy kamerade die Engelse parlement in Londen met plofstof in puin lê. Hulle wou die aristo­krotate, die edelliede en die koning vermoor en die bewind oorneem. Hul plan is op die nippertjie gefnuik, anders kon die Engelse geskiedenis baie anders verloop het.

Etta van der Merwe ·

Dankie Crous, nou weet ek ook waaroor GF gaan. Wat is besig om met ons te gebeur? Ons volg meer sleg as goed na want oorspronklik en eie denke het ons klaarblyklik nie. Die hele “viering” het ook sommer in ‘n klipgooiery ontaard. Die verbod op verkoop van vuurwerke is verbied. My vraag: Is dit Suid-Afrikaners of buitelanders met besighede in Suid-Afrika wat hierdie gemors verkoop? Sal dit waardeer as mense wat weet kan antwoord want die tyd het gekom om die kaf van die koring te skei.

Gayfawkes Rugby ·

nes guy fawkes kom dom rugby ook van engeland af en behoort dit verban te word.

Guyfawkes Rugby ·

daai dom gomsport kom ook maar van ingeland af. Tyd om dit te verban – nes crackers.

skurweberg ·

Dit gaan mos nie net oor die optog en die afvuur van vuurwerke nie. Dit gaan oor baie meer as net dit. Of hoe?

Hendrik S ·

Ja, vuurwerke IS dieremishandeling en ‘n brandgevaar.

Hendrik S ·

Lees in die berig van die brandweer wat uitgeroep is weens brande. Dis ‘n onnodige vermorsing en brande stel menslewens en eindom in gevaar.

Hendrik S ·

In Pretoria is ‘n winkel wat openlik adverteer dat hulle dit verkoop. Hulle het net ‘n veilige kluis daarvoor en waarskynlik ‘n verkope lisensie ook.
Dit is verbonde om ‘n klein houertjie vol buskruit te besit sonder ‘n lisensie en so ook enige plofstof maar enigeen mag vuurwerke besit. Dit terwyl daar ‘n tipe plofstof in die vuurwerke is.
Die publiek word slegs met die afvuur daarvan beperk.
Die invoer en verkope behoort heeltemal verbied te word. Al stop dit nie alle gebruik daarvan nie, sal dit dan skaars en duur wees. Dit sal vervolging van misbruik ook makliker maak.
Vuurwerke IS dieremishandeling en ‘n brandgevaar.

Attie. ·

Hoe mooi sommige vuurwerkvertonings ookal mag wees is dit net ‘n pragtige manier om lug erg te besoedel. Dis Chinese produkte wat regtig in tye warin ons leef geen nut of waarde het nie. Van die armste mense koop dit en vermors hulle geld oor die jaareinde. Vergeet wat dit aan die arme diere doen en dink wat dit aan lewe op aarde doen deur die lug erg te besoedel. Verban die invoer van klappers en ander vuurwerke geheel en al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.