Guy Fawkes-vuurwerke: 16 in Kaapstad beseer

Argieffoto

Argieffoto

Die stad Kaapstad het Donderdag gesê die vuurwerke tydens Guy Fawkes-vieringe moet verbied word.

“Die stad het verskeie klagtes ontvang wat met die gebruik van vuurwerke verband hou,” het Alderman JP Smith, burgemeesterskomiteelid, gesê.

Altesaam 16 mense, insluitend vyf kinders, is Woensdag tydens Guy Fawkes-vieringe in die stad beseer, het paramedici gesê. “Meeste van die beserings hou verband met vuurwerkvertonings,” het Smith bygevoeg. “In Swartklip het ʼn klapper in ʼn sesjarige seuntjie se gesig afgegaan.”

Hy het gesê wetstoepassers het beslag gelê op vuurwerke ter waarde van ongeveer R60 000 asook 48 bottels alkohol. Meer as 160 boetes is uitgereik vir verkeers- en ander munisipale oortredings.

“Dit gaan mens se verstand te bowe dat die meerderheid van inwoners wat nie aan Guy Fawkes deelneem nie, jaarliks aan die malligheid blootgestel word,” het Smith bygevoeg. As ʼn plaaslike regering kan hulle egter nie ʼn verbod daarop plaas nie. “Ons kan slegs die gebruik van vuurwerke beperk. Die verbod kan slegs op nasionale regeringsvlak ingestel word en ons dink dit is hoogtyd dat dit gebeur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nadia Verster ·

Nou wat de hel het ‘n Engelsman wat homself opgeblaas het met Suid-Afrika te doen? Mense is so blerrie aperig.

Babs ·

Chinese het weer baie geld gemaak. Sluit hulle winkels toe dan gaan daar mos nie ‘n probleem wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.