Gwede Mantashe in hospitaal vir Covid-19

Gwede Mantashe (Foto: Twitter)

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, is Maandagaand weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem.

Gwede en sy vrou, Nolwandle Mantashe, het ʼn week gelede positief getoets vir die nuwe koronavirus. Maroela Media het destyds berig dat Mantashe en sy vrou hulself onmiddellik geïsoleer het en dat hy van die huis af sou werk. Mantashe het ook opdrag gegee dat al die lede van sy private kantoor getoets word.

“Minister Mantashe is vandag (Maandag) op aanbeveling van sy huisdokter in die hospitaal opgeneem om beter mediese hulp te ontvang,” het Phumla Williams, woordvoerder van die kabinet, in ʼn verklaring gesê. Mantashe se vrou sal steeds tuis selfisoleer.

“Ons sal aanhou om die Mantashe-familie in hierdie tyd al ons ondersteuning te bied. Ons wens die minister en sy vrou ʼn spoedige herstel toe en is vol vertroue dat hulle Covid-19 sal oorwin,” het Williams gesê.

Ander ministers wat positief getoets het, is die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, wat sedertdien herstel het en die minister van arbeid, Thulas Nxesi.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Vat hom na n ANC staats hospitaal toe asb laat hy gaan sien wat se gemors is dit

Eiervrug ·

Kom ek raai. Hy is in ‘n Privaat hospitaal, want die Staatsamptenare is bang vir Staatshospitale…

Anel ·

Hoop hy word in ‘n staatshospitaal deur kubane behandel, sommer dan ook in een van die plekke in die Oos Kaap. Wie gee in elke geval om.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.