Gyselaarsdrama ontvou by supermark in KZN

Die polisie is tans na ses gewapende rowers op soek werknemers van ʼn supermark in Sundumbili gyselaar gehou het. (Foto: Facebook / IPSS Security)

Die polisie is tans na minstens ses gewapende rowers op soek wat Maandagoggend 10 werknemers van die Cash and Carry-supermark in Sundumbili naby KwaZulu-Natal se noordkus gyselaar gehou het.

Dit is nie in dié stadium duidelik of die rowers steeds op die perseel wegkruip of reeds weggekom het nie.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê dat al 10 personeellede wat deur die rowers gyselaar geneem is, intussen bevry is.

Monday, 5 April 2022SundumbiliIPSS Medical Rescue and IPSS Security Operations are currently on scene at Boxer cash…

Posted by IPSS Medical Rescue on Sunday, April 3, 2022

Sewe personeellede wat in ʼn koelkamer aangehou is, het hulself bevry en is op die toneel deur IPSS-nooddienste vir hipotermie behandel.

“Personeellede is na bewering deur rowers wat met gewere en pistole gewapen is, oorval toe hulle vir werk aangemeld het.

“Beamptes van die polisie se spesiale taakmag en taktiese reaksiespan het die gebou saam met ander spesialiste binnegegaan om die rowers te soek. Tydens dié proses het die polisie nog drie personeellede gevind wat in die gebou weggekruip het. Hulle was nie beseer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JM ·

Suid-Afrika: misdaadparadys!!! Dinge kan waaragtig nie so aangaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.