Gyselaarsdrama ontvou op plaas

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Gyselaarsdrama op ʼn plaas naby Mosselbaai in die Wes-Kaap waar ʼn 39-jarige man vroeër lede van sy gesin gyselaar gehou het, is steeds aan die gang.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is nog op hoëgereedheidsgrondslag op die plaas aangesien die verdagte steeds binne die huis is en weier om hom aan die polisie oor te gee.

Volgens Pojie het die man aanvanklik sy ouers en broer gyselaar gehou, maar hulle later ongedeerd vrygelaat.

“Daar is al verskeie skote afgevuur, maar niemand is nog in die proses beseer nie. Sommige skote het wel polisievoertuie beskadig,” sê hy.

Pojie sê die polisie se gyselaaronderhandelaars is tans op die toneel waar hulle die situasie “probeer oplos”.

Volgens hom is geen motief vir die gyselaarsdrama nog in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Z ·

Ai PJC, mens voel so, maar WAT as dit jou kind, pa, broer is…
Sal jy steeds só reageer? Soms moet mens eers n myl of twee in iemand anders se spore stap.

Buks Barnard ·

‘n Mens sê AS GYSELAAR/S AANGEHOU; nie “gyselaar gehou” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.