Gyselaarsituasie by Pta-kompleks

OPVOLG: Die polisiebeamptes en veiligheidswagte, wat vroeër in The Meadows-veiligheidskompleks gyselaar gehou is, is vrygelaat. Lees meer hier.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Gyselaarsituasie is tans aan die gang by The Meadows-veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die taakmag is tans op die toneel in ‘n poging om die situasie te ontlont, maar wou in die stadium nie verdere inligting bekendmaak nie. “Ons is nog besig op die toneel om mense hier te beveilig. Ons sal later meer inligting kan gee, maar kan nie nou dadelik kommentaar lewer nie,” het sy gesê.

Gebruikers op sosiale media het beweer een van die inwoners van die kompleks het buite sy huis skote afgevuur en twee mense is doodgeskiet. Die skieter kruip na bewering tans in sy huis weg waar hy twee mense gyselaar hou.

Volgens inligting op Facebook het inwoners die man voorheen as “onstabiel, onvoorspelbaar en vreemd” beskryf.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

MICHELLE ·

Dit is my buurman – ons het jare al probleme met hom in ons estate en ons is almal bang vir hom. Ons drie eienaar van die huise wat langs syne is het 2 jaar gelede al met die estate management gepraat oor ons kommer, maar dit word geignoreer.

Cherokee ·

Michelle, jy kan nie die kompleks-bestuur kwalik neem indien julle bloot jul kommer uitgespreek het nie. Indien hy nie iets gedoen het waarvoor hy kon aangekla word nie kon die ‘estate management’ niks doen nie. Nie as dit wat hy nou aangevang het sy eerste drastiese doene is nie. Jy het nie veel inligting gegee nie en ek reageer bloot op die bietjie wat jy sê.

Wilma ·

Genade, jy moet versigtig wees.. ek hoop dit is gou verby… sterkte

Karma ·

Sterkte,. Michelle! Ek hoop nie daar is nóg lewensverlies (as daar was nie)!!!

leandrie ·

Kan jy vir my se hoe dinge is ekt familie in daai komplems

Sonja ·

Dis vreeslik. Gister se skietery by ‘n kleuterskool in Centurion, nou die! Mense moet asb versigtig wees.

J ·

Vertel meer oor die skietery by die kleuterskool? Dalk kan maroela ook daaroor berig.

Louis ·

Kan iemand asb in kennis stel sodra dit opgelos is, mense kan nie by hulle huise in en uit nie en wag vir toegang.

Pop ·

As daar geen afskrikmiddel is vir kriminele gaan dit soos dit nou gaan in hierdie land. Dis die een ding wat die vorige regering geweet het. Deel straf volgens verdienste uit en daar heers vrede.

Cherokee ·

Pop, ek laaik jou filosofie. Dit is goed gestel Waarvoor is jy nie in die politiek nie!

simone ·

Dis vreeslik hou ons maar op hoogte bid dat die wat saam hom is veilig daar uit kan kom bid ook dat ale negatiewe goed in daai man se kop kan omdraai en trug move waar dit vandaan kom

Elsa Parkes ·

Sterkte Michelle hoop dis nou die einde want mens kan nie so lewe nie En ja die wat moet reageer op klagtes se oe en ore altyd toe sien net sekere dinge raak tense hul ook bang was vir die man

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.