Haai-aanval by Port St. Johns eis lewe

Twedestrand in Port St. Johns. Foto: Google Earth

Twedestrand in Port St. Johns. Foto: Google Earth

Een persoon is dood na ʼn haai-aanval by Tweedestrand in Port St. Johns in die Oos-Kaap.

City Press berig ʼn groep mense het Saterdagmiddag in die see geswem toe die aanval plaasgevind het. Volgens die berig het die persoon se liggaam in die see rondgedryf en is die Nasionale Seereddingsinstituut ontbied. Die SAUK berig intussen dat die oorledene ʼn toeris van Australië af is. Volgens City Press is dit die agtste noodlottige haai-anval by Tweedestrand in die afgelope vyf jaar.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.