Haai-slagoffer was bejaarde toeris

sharkattack1Die slagoffer van Saterdag se haai-aanval by Tweedestrand in Port St. Johns in die Oos-Kaap was ʼn 72-jarige toeris van Oostenryk.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die man en sy vrou was deel van ʼn toergroep en het saam in die see geswem toe hy deur die haai aangeval is. Lambinon sê reddingswerkers van die NSRI is na die toneel ontbied. “Die man was reeds dood toe reddingswerkers op die toneel aangekom het.” Lambinon sê dit is nog nie duidelik watter haaispesie by die aanval betrokke was nie.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen. Die Oostenrykse konsulaat en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking is intussen ook van die voorval in kennis gestel.

Volgens City Press is dit die agtste noodlottige haai-aanval by Tweedestrand in die afgelope vyf jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.