“Haakplekke” met “teen-waarneming taktiese maatreëls” het verlede Donderdag glo daartoe gelei dat selfoonseine versteur is voor die aanvang van die staatsrede in die parlement.
“Daar was geen seinblokkering nie, want as selfoonseine versteur was, sou daar ʼn totale afskakeling gewees het,” het David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, Donderdag aan joernaliste tydens ʼn mediakonferensie van die regering se veiligheidsgroepering gesê.
Hy het ontken dat seine doelbewus versteur is, en het volgehou dat seine nie versper was nie, maar slegs onderbreek was. “Ons het die haakplekke begin ervaar toe ons ons eie operasionele plan begin implementeer het om die geleentheid te beveilig. Die haakplekke het op verskeie plekke plaasgevind, afhangende van waar ons toerusting was.”
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel hoekom die installering van die toestel die seine onderbreek het. Daar word ook ondersoek of dit ʼn menslike fout of sabotasie was.
Mahlobo kon nie besonderhede verskaf oor die toestel wat die seinversteuring veroorsaak het nie, maar het gesê dit hou verband met die lugruim bo die parlementêre gebied wat op 12 Februarie afgesper is.
“Daar is onbemande vliegtuie [hommeltuie of drones] wat oral rondvlieg en mense kan doodmaak,” het Mahlobo gesê. “Die vliegtuie kan bo en onder die radar vlieg. Amerika het byvoorbeeld ʼn soortgelyke vliegtuig gebruik om Osama bin Laden op te spoor.”
Joernaliste het verlede Donderdagaand met die aanvang van die staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat glo in die parlement geblok was. LP’s van die DA en EFF het saam met joernaliste gedreunsing “bring back the signal”.
Die selfoonsein is herstel nadat Mbete die parlement se sekretaris versoek het om ondersoek in te stel.
Dit is waneer mens Paranois raak begin jy sulke voorsorg maatreëls tref!!
Op die nuuskanaal op televisie het ‘n hooggeplaaste woordvoerder van die ANC die afgelope week gesê die blokkering van die selfoonsein tydens die staatsrede in die parlement is te wyte aan die feit dat ‘n lid van die staatsveiligheid nie die blokkeringstoestel “behoorlik” afgeskakel het nie. Dis onverskoonbaar. Sê nou iets dergliks het in oorlogstyd gebeur wat met direkte landsveiligheid te doen gehad het? Wat sou die gevolge dan wees? Gelukkig bevind ons ons nie nou in ‘n oorlogsituasie nie. Ek wil nie deur sulke ” palookas” beskerm word nie. Verder weet ek nie hoe so ‘n apparaat nie “behoorlik” afgeskakel kan word nie. Dis eenvoudig: Jy skakel dit aan “on” of af “off”. Die geagte heer op televisie nuus het al klaar versagtend teenoor skuldige persoon opgetree deur die betrokke woorde te gebruik.
As jy so kan lieg kan jy steel ook