Haarhoff se seun agter tralies oor seksdade met kind

Die Manukau-distrikshof in Auckland. (Foto: Google)

Braam Haarhoff (52), seun van die vermeende kinderontvoerder, Joey Haarhoff, is Woensdag deur ʼn Nieu-Seelandse hof tot 13 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan agt seksuele misdrywe met ʼn 12-jarige meisie skuldig bevind is.

Die familie én ʼn bron in Nieu-Seeland het Haarhoff se lot aan Maroela Media bevestig.

Die nuuswebblad Stuff het reeds in September 2018 berig dat Haarhoff op aanklagte van onsedelike aanranding, poging tot verkragting en verkragting in die Manukau-distrikshof in Auckland verskyn het. Die oortredings is glo tussen Januarie en Julie 2018 teenoor dieselfde slagoffer begaan.

Haarhoff het onskuldig op dié aanklagte gepleit. Daar is egter later nog klagte teen hom aanhangig gemaak en hy is einde verlede jaar skuldig bevind.

ʼn Familielid van Haarhoff wou nie Donderdag kommentaar lewer nie, maar hou vol dat Haarhoff onskuldig is.

Haarhoff se ma, Joey, is in 1990 deur haar lewensmaat, die berugte pedofiel Gert van Rooyen, doodgeskiet nadat polisie hulle gejaag het. Sy en Van Rooyen is destyds positief verbind met die verdwyning van ses meisies tussen 1 Augustus 1988 en 2 November 1989. Maroela Media het verlede week berig dat dié raaisel 32 jaar later steeds by speurders en familie spook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Elmarie ·

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui : “like father, like son” of miskien moet dit wees: “like mother like son”. Of is dit “die appeltjie val nie te ver van die boom af nie”? Ek noem net spreekwoorde wat ek ken ; D

Patch ·

My selfde gedagte. Hy moes ‘n jongman van tussen 18 en 20 gewees het tydens die meisies se verdwyning. Hy weet sekerlik meer van die ontvoerings en verdwynings?

Cherokee ·

32 Jaar later is Haarhoff steeds ‘n vermeende oortreder, terwyl Van Rooyen ‘n besliste pedofiel is(?).

Drico ·

Dis beslis nie n familiekwaal nie en hardloop ook nie in die gene nie, dis nonsens. Dit kan eerder toegeskryf word aan blootstelling op n jong ouderdom, nie die regte opvoeding nie. Op die ou end van die dag bly dit die oortreder se keuse wat hy maak. Gaan hy so n daad pleeg of nie.

Wielspore ·

Ou man wat met sy vuil hande aan kinders vat, hy verdien ‘n swaarder straf. Soort soek soort, meng jou met die semels dan vreet die varke jou op.

Anel ·

Ek wonder of hy nie dalk meer weet as wst hy voorgee nie. Hy moes iewers geleer het!

Swerwer ·

Aartjie na Vaartjie, of liewer Aartjie na Moedertjie. Hul moet die man ondersoek en kan dan dalk leidrade kry van die vermiste meisies.
Hy moet sekerlik iets weet

Gerra ·

So hy was ongeveer 19 of 20 jaar oud toe Gert en sy ma aktief betrokke was by die verdwyning van die meisies. Het die polisie ooit destyds dieper gedelf en hom nader getrek hier in SA? Sulke optrede verskyn tog nie oornag nie?

Ferryman ·

Ek sal graag die Krimineloee se opinie hieroor wil hoor. Dit behoort interresamt the wees. Miskien moet Maroela Media die vraag aan die kenners vra.

Patch ·

Sal baie interessante artikel wees om van die kenners te hoor.

Ina ·

Ek wonder net hoe het hy NZ ingekom – met sy agtergrond hoe het hy “police clearance” gekry? Mens moet jou hele pedigree aan hulle uitlê voordat jy NZ inkom.

Eerlik ·

Dit kom my verstand te bowe dat familie steeds na al die familie geskiedenis vir hom opkom. Hulle moet hom sommer in n blik druk en vra wat van al die meisies geword het destyds, hy weet beslis!

Porseleintjie ·

“en die sondes vd vaders sal die kinders besoek….”

Anthony ·

SWAK !! Gaan bly oorsee en dan gooi hy ons Afrikaners se naam so weg. Asof die stigma waarmee die blanke Afrikaaner wereldwyd moet leef nie erg genoeg is nie , Ons is net onder die Nazi’s

Grassie ·

Ek dink ook die molesteerder behoort meer van die vermiste meisies te weet as wat hy voorgee.

Tienie ·

My maggies.

Het julle beter verwag van hom.

“By hook and by crook” het hy die BAIE SLIM NZ ge”bypaas”.

Hou hom maar daar, dan hoef ons darm nie sy stampmielies en “runneways” te betaal nie.

So seker as wat ek leef weet hy van sy ma en annerding se sondes. Hulle moet hom laat sing.

Benn ·

Miskien was hy self as kind ‘n slagoffer? Mens sal seker nie weet nie. Sjoe, 12 jaar is baie jonk en dit is ‘n gruweldaad! Sluit toe en gooi maar die sleutel weg.

Boer ·

Hierdie ou was 20 toe die 6 meisie verdwyn het, hy moet seker iets weet. Dit is verby laat die families van die meisie bietjie vrede kry. Die Harhoff-families glo wel hy is onskuldig “asseblief”. Hulle moes hom lewens lank tronk straf gegee het vir hierdie misdaad, gelukkig het hulle hom gevang voordat hy die maklike pad kon kies soos Gert en Joey.

Lillian ·

Ja die tronke is mos propvol onskuldige mense…. Laat hy vrot agter tralies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.