Haastige staatsamptenaar vas vir spoed

Vector-Speedometer-vectorʼn Regeringsamptenaar wat glo 224 km/h op die N12 naby Alberton gery het, is Sondag in hegtenis geneem.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die 34-jarige vrou het beweer sy was laat vir werk.

Volgens Mokheseng is die vrou een van ses mense wat Sondagoggend vir spoedoortredings in hegtenis geneem is. Die ander vyf is in hegtenis geneem toe hulle glo tussen 164 km/h en 196 km/h gery het.

Die ses verdagtes is almal van roekelose of nalatige bestuur aangekla en sal binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

‘n Staatsamptenaar wat op ‘n Sondag werk? Ek glo dat oortydbetaling seker ter sprake is? Dit is ook nie elke hier-jy se karretjie wat daardie spoed kan haal. Salaris is seker dan ook nie té sleg?

Issabelle ·

Mooi man mooi ….. wat se ” stupid ” verskoning is dit net nie …. kry vir jou ” mam ” …… nie gedink jy sal wel ook gevang word nie !!!!

Manie ·

En is dit nou die Lojale Amptenary wat wil voorstel die spoedgrens sal daar 100 kilometer per uur wees.??

scalla ·

hul dink mos wetgewing is nie op hulle van toepassing nie, mag sy swaar beboet word en sommer hertoets word

Malinda ·

Sy was seker hongor en laat vir haar Kentucky of Mcdonalds bestelling

Berhalet Beukes ·

Laat vir werk? Ag nee regtig! Staatsamptenare is bekend daarvoor dat hulle lui en traag is om laat of oortyd te werk en dis haar verskoning, op n’n Sondag? Siestog, nie veel tussen die ore nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.