Haatspraak nog nader aan strafbaar

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Die wetsontwerp wat haatspraak en haatmisdade as strafregtelike oortredings klassifiseer is een stappie nader aan implementering nadat die kabinet Donderdag aangekondig het dat hy goedkeuring gegee het vir die wetsontwerp om vir openbare mening gepubliseer te word.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het na afloop van die kabinet se twee-weeklikse vergadering gesê die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak het ten doel om haatspraak en haatmisdade strafregtelike oortredings te maak en maatreëls in te stel om hierdie misdade te voorkom en te beveg.

“Die doel is om aandag te gee aan die toenemende aantal rassevoorvalle, asook ander strafregtelike optrede wat spruit uit vooroordeel, benadeling of onverdraagsaamheid in die vorm van haatmisdade en haatspraak wat in die onlangse verlede plaasgevind het,” het Radebe gesê.

Die wetsontwerp, wat aanvanklik opgestel is om slegs voorsiening vir haatmisdade te maak, is later aangepas nadat verskeie voorvalle van haatspraak op sosiale media wyd opslae gemaak het. Dit sluit onder meer in die voorval waarin ʼn KwaZulu-Natalse eiendomsagent, Penny Sparrow, in ʼn Facebook-inskrywing swart mense met ape vergelyk het. Talle klagtes is teen Sparrow by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak sal verskeie vorme van diskriminasie as ʼn strafregtelike oortreding klassifiseer, onder meer diskriminasie op grond van ras, geslag, seksuele oriëntasie, geloof en nasionaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Peter ·

‘n Swaard se lem sny beide kante. Álle ras aangeleenthede agv haatspraak moet dus aangespreek en gestraf word….nie net die sg Penny Sparrows nie, maar ook die dlamini’s, zumas en kie.

Spook ·

JA en die wette gaan net op witmense toegapas word wat dit kamstig oortree. Dis net n one way ticket die .Ons ken die dubbel standaarde van die regering.

Sê maar net. ·

Ek stem 100% saam. Dit is net van toepassing wit op swart.

Takkie Takuuza ·

Gestapo. En so val die vryheid van spraak, van assosiasie en van uitdrukking. Gelukking is my gedagtes nog vry, en jy moet sien hoe vloek ek vir hulle in my gedagte.

Jan maak n Plan ·

Ja en die wat hulle eintlik daaraan skuldig maak kom skotvry daarvan af.

daniel ·

solank dit regverdig is daar is meer haatspraak van swart na wit as andersom, sien dit elke dag maar dit word geignoreer, as wittes dieselfde se dan is die hel orals los

Jan maak n Plan ·

Ja en diegene wat hulle eintlik daaraan skuldig maak kom skotvry daarvan af.

Ig ·

Gaan “Buite Konteks Aangehaal”ook beskou word as haatspraak?? Indie wel gaan meer as die helfte van die zumaniete aangekla word

Jan ·

@Kalahari, Ek stem saam. Ons sal nou maklik vind dat persone wat glo en sê wat die Bybel uitdruklik sê, van gaatspraak aangekla en vervolg sal word. Dit is oënskynlik maar net nog n tree vorentoe vir die magte wat teen God kant gekies het. En tog is dit presies in lyn net Bybelse profesieë! Ongelooflik opwindende tye waarin ons leef!

haatspraak ·

Wat van die arme pers gesiggies? Hoe regverdig was dit? Kan Wim de Villiers vir haat instigasie aangekla word deur die voorbeeld wat hy daardeur gestel het?

Kobus ·

Die sogenaamde idee van haatspraak en die beginsel van vryheid van spraak soos dit in die grondwet vervat is, staan in krasse kontras met mekaar. Die liberaliste poog hierdeur om die geneigdheid van vrydenkendes om na alle andersdenkendes as een of ander -fobie te verwys, en etikette om hulle nekke te hang, as die enigste vorm van kritiek aanvaarbaar te maak. Indien dit toegelaat word, sal alle vorme van vrye spraak, hetsy polities, godsdienstig, moreel en maatskaplik, in die realm van “by implikasie” as haatspraak gedefinieer kan word. Kritiek van welke aard op die regering, ander oortuigingsgroepe en magsvergrype sal as haatspraak geteiken word júís omdat die regering gaan poog om alle gesprekvoering téén sy sosialisties-, marxistiese beleidsverklarings te neutraliseer.

RK ·

Dit gaan nie oor ras meer nie. Dit is nou oor “klas” en opvoeding.

Marthie ·

Gaan al die “haat” plaasmoorde ook aangespreek e ondersoek word. Of gaan dit net weer blankes wees wat skuldig gaan wees.

Oom Charles ·

Jy’s reg Marthie. Daar sal tot vervelens toe nog klagtes wees oor wat vir wie gesê het, of hoe laasgenoemdes dit verstaan het. Die plaasmoorde gaan intussen aan sonder dat Jeff of die kabinet al ooit ekstra wetgewing voorgestel het – of het ons dit dalk net nie opgelet nie?
En wat haatspraak betref – het Jakob en Julius nie albei al met haatspraak weggekom met Mashini wam’ en hulle pap uitweg dat dit ‘n struggle-‘song’ is en tog nie alte letterlik opgeneem moet word nie? Waar is iemand met ruggraat wat aan al die sake die gewig gee wat dit verdien en voet by stuk sal hou al word hy daarvoor gekritiseer nie? Lanklaas dat dit die geval was.

Zet ·

Nee Marthie, die plaasmoorde sal nie aangespreek word nie want hulle moor mos omdat hul honger is.
Die wat voel dat hul ‘n teikengroep is en teen gediskremineer word sal net nou verhoed word om daaroor te kla.

Scalla ·

Daar is soveel ander probleme wat aandag aan gegee moet word, hou hul op met die tipe van gemors, onthou n graaf is n graaf en sal n graaf bly, besef hul dit nie.

Johannes Meintjes ·

Die Afrikaner in SA het nog ‘n pad om te stap om bv. by die Jode te leer hoe om eie kultuur te handhaaf. Die “nuwe wette” is na mening ‘n goeie idee, mits ons weet hoe om die wet te benut.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.