Haatspraak op sosiale media mag nie ‘aanvaarde norm’ word

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: Reint Dykema)

Die VF Plus-leier Pieter Groenewald sê haatspraak en aanhitsing tot geweld op sosiale media sal onvermydelik lei tot polarisasie en rassehaat in Suid-Afrika. Die party gaan voort om sulke voorvalle by die owerhede aan te meld en daarop aan te dring dat dit ondersoek word voor dit die aanvaarde norm word.

Groenewald sê die party het Dinsdag weer ʼn formele klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen ene Banyise Nkosi Jones weens aanhitsing tot rassegeweld. Jones het ʼn inskrywing op sy Facebook-blad gedoen met ʼn foto van ʼn wit kleuter en ʼn boodskap wat lui dat die kind ʼn “klein vark” is en binnekort soos ʼn dier “geslag” sal word.

Een van Jones se Facebook-vriende, Sizwe Makathini, het reageer deur te sê “boere” moet vermoor word omdat pres. Cyril Ramaphosa se administrasie nie daarteen sal optree nie.

“Daar bestaan geen twyfel nie dat sulke haatspraak plaasmoorde en rassegeweld aanhits. Dit is veral kommerwekkend dat haatdraende rassiste in die swart gemeenskap, soos hierdie mense, onder die indruk verkeer dat die ANC-regering en pres. Cyril Ramaphosa hulle inderdaad nie steur aan plaasmoorde nie en dit daarom swyend goedkeur,” het Groenewald gesê.

Die party sê hy is lankal reeds bekommerd oor die president se stilswye en die gebrek aan optrede aan regeringskant oor die euwel van plaasaanvalle. Die VF Plus sê hy vra Ramaphosa gereeld om op die kwessie te reageer en op te tree.

“Haatdraende boodskappe soos hierdie dien ook as bewys dat die VF Plus se siening oor die regering se swye reeds wyd inslag gevind het as stille aanvaarding. Die regering moet hiervan kennis neem.”

Die VF Plus het vantevore al ʼn soortgelyke klag by die MRK ingedien teen ʼn Twitter-profiel met die naam @BLudidi, wat mense in ʼn twiet ook aangehits het om wit mense te vermoor.

Die DA het vandeesweek ook verskeie sosialemedia-inskrywings wat oënskynlik plaasmoorde en -aanvalle aanmoedig en verheerlik, na die MRK verwys om as haatspraak ondersoek te word.

Die stap vorm deel van die DA se aksieplan om landelike veiligheid te help verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Genis ·

Dit is so hartseer dat ons mense aan die volksmoord blootgetel moet word, gemartel, verkrag en brutal vermoor word. Die ANC draai sy rug op die wittes, geniet die aanslag en kwytskel hulle daarvan. Die buiteland is stil. Ongelukkig sal n ridder op n witperd ons nie kom red nie. Self beveiliging, parate optrede en die panserdrag van God is die enigste wat ons sal beskerm.. Dis hartseer maar waar.

Antoinette ·

Hoekom sal President of regering kommentaar lewer. Hulle het nie eers deernis met hulle eie mense nie. Baie praat en niks se nie.

Anoniem ·

Dit is goed en wel dat die VF plus en al die ander n sake oopmaak by die MRK maar aangesien ons dubbele standaarde het by die MRK wil ek graag sien dat die VF plus en andere die sake moet navolg en opvolg en druk plaas en nog verder dat Maroela Media oor die uitkoms sal verslag lewer want resultate en uitkomste vanaf die MRK van haatspraak teenoor witmense is maar skaars en nog skaarser in die media.

Joggie ·

Die VF kan nie bekommerd wees oor Ramaphosa se stilswye nie! Dit is tog logies dat hy baie tevrede met die moorde en aanvalle en rassepolarisasie is omdat dit hulle beleid is!

Antoinette ·

Die swartmense moor mekaar by die dosyne uit. Die enigste wat iets hieroor te se het is die EFF en ook net omdat hulle bevrees is dat daar nie genoeg ondersteuners sal wees met die volgende verkiesing nie. Verder voel hulle vere. Geniet die weelderige nagevolge van kolonialisasie veels te veel. Malema se droom is mos die Verenigde State van Afrika met homself as President.
Dream om!

SomeOne ·

kla ramaphosa aan by die wereldhof vir mense slagting, marteling, volksmoord

Hoekom ·

Afrikane in die geheel vanaf amerika, europa tot afrika is meer rassisties as enige ander volk op aarde. “Its all about ME but never about US”…

Althes ·

Die vraag wat onsself moet vra is, wat gaan ons nuuts doen om die wêreld te laat regop sit om notisie te neem van hierdie rassehaatslagting teen wittes.
Tot dusver hoor mens van geen sukses nie.
Dis maar 2 plasings, maar daar is hoeveel daar buite wat net soveel haat voel soos daardie 2 en wel rassemoorde gaan pleeg.

Jacobus ·

‘n Slapgat houding van regerings amptenare raak nou aan ‘n krisispunt. Gister het Herman aan die term kantelpunt geraak. As mens die tydsverloop tussen skryf en publiseer in ag neem het die kantelpunt in ‘n “slippery slope” oorgehel.
Die tragedie van die situasie wat dr Pieter probeer beredder is dat behalwe die ANC se powere optrede, die atmosfeer verder besoedel word deur aksies om Afrikaanse kunstenaars te sensureer en ander gekanselleer word soos Schuster. Die groter tragedie is dat die uit die kwasi-kultuur establishment in die vorm van KNet. Nou word drek in ons kele gestop in vorm van bedenklike karakters. Dié dinge vergemaklik die ANC strewe.

PH ·

Dis reeds die “aanvaarde norm” as jy die “regte kleur is”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.