‘Haatspraak’ teen boere op sosiale media: MRK sê polisie moet liefs ondersoek

Een van die inskrywings wat die DA na die Menseregtekommissie verwys het.

Die Menseregtekommissie (MRK) sê hy gaan nié inskrywings op sosiale media ondersoek waarin geweld teen boere aangehits word nie. Die DA het die afgelope maand verskeie van dié plasings, wat oënskynlik plaasmoorde en -aanvalle verheerlik, na die MRK verwys om as haatspraak ondersoek te word.

Die MRK het egter dié klagtes summier verwerp en gesê die polisie is in ʼn beter posisie om dit te ondersoek. “Hoewel die kommissie saamstem dat hierdie soort inhoud onaanvaarbaar en onregmatig is, is dit eerstens, soos jy in jou klagte uitwys, ʼn misdaad.

“Misdaad val onder die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en is strafbaar deur heelwat strenger meganismes as wat die MRK tot sy beskikking het,” lui die MRK se antwoord aan die DA.

“Jy wys uit dat die plasings haatmisdaad is. Hoewel dit akkuraat is ingevolge die beskrywing van die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdaad, is die wetgewing in Suid-Afrika nog nie deurgevoer nie. Dit is dus nie wetlik moontlik om iemand in dié konteks van ʼn haatmisdaad aan te kla nie.”

Dianne Kohler Barnard, die DA se woordvoerder oor staatsveiligheid, sê die MRK se besluit om nie die plasings te ondersoek nie, en die redes wat hy daarvoor aanvoer, is in teenstelling met verskeie ander sake wat hy al vantevore ondersoek het.

“Die kommissie het voorheen die kapasiteit gehad om mense op te spoor en te beboet in sake wat wyd gepubliseer is. Die MRK het selfs al verskeie sake van haatspraak deur die gelykheidshof laat afhandel en ʼn strafsaak is soms gelyklopend aanhangig gemaak,” het Kohler Barnard gesê.

Nog een van die inskrywings wat na die MRK verwys is.

“Ons weet van ʼn geval waar iemand tronk toe is omdat ‘die saak persoonlik en direk inbreuk gemaak het op ʼn polisiebeampte se waardigheid’. Dit lyk of die MRK rasgedrewe plasings wat Suid-Afrikaners aanmoedig om familielede te vermoor wat reeds deur die dood van ʼn geliefde in rou gedompel is, nie beskou as iets wat inbreuk maak op menswaardigheid nie.”

Kohler Barnard sê die stellings op sosiale media word dikwels gemaak ná aanvalle en moorde op ʼn boerderygesin.

“Tog sien die MRK dit nie as iets wat hy kan of wil hanteer nie. Die kommissie het geen behoefte om die oorlewendes van verkragting en marteling, of diegene wat gedwing word om te kyk hoe hul geliefdes sterf, te help wanneer sommige Suid-Afrikaners die verkragters en moordenaars aanmoedig nie.”

Die MRK sê in sy reaksie aan die DA ook sommige van die opmerkings word breedweg gemaak in verwysings na miljoene mense op grond van hulle ras. Kohler Barnard sê die MRK het egter al stappe gedoen in soortgelyke sake, soos die voorval waar ʼn man ʼn video van homself op vakansie geneem het waarin hy rassistiese taal gebruik.

Adam Catzavelos en die MRK het vroeër ʼn skikkingsooreenkoms aangegaan nadat die kommissie hom van haatspraak ingevolge die Gelykheidswet aangekla het. Dié sakeman het in die moeilikheid beland toe hy in 2018 ʼn video van homself gemaak het waar hy op ʼn Griekse strand die k-woord gebruik.

Die MRK sê in sy antwoord aan die DA hy het inderdaad wye diskresie oor die kwessie of hy ʼn klagte gaan aanvaar of ʼn indiwidu in die gelykheidshof gaan verteenwoordig, maar dat hy nie die plasings gaan ondersoek nie en aanbeveel dat dit by die naaste polisiestasie aangemeld word.

“[Die MRK] het gekies om nie die gesinne van moordslagoffers wat boere of plaaswerkers was, te verteenwoordig nie,” het Kohler Barnard gesê.

Sy sê die DA gaan nou ander moontlikhede ondersoek na aanleiding van die MRK se “verskoning” dat hy nie die plasings gaan ondersoek nie.

“Ons beskou die plasings as veragtelik en diegene wat dit plaas moet aanspreeklik gehou word vir hul giftige en haatlike uitsprake. Die sinlose moorde en marteling van boederygemeenskappe moet gestop word en diegene wat dit verheerlik moet gestraf word.”

Die DA het as deel van sy veldtog om landelike veiligheid te verbeter besluit om uitsprake wat hy as haatspraak beskou, by die MRK aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Skreiende skande en die rede…. Boere is WIT. Die feit dat die klagtes weggewys word dui volgens my ook op rassisme. Wat is die Staatspresident se opinie hieroor?

Sobymykoolkop ·

Die anc se president het nie ń opinie nie, net soos swart op wit rassisme nie volgens hulle bestaan nie, bestaan plaasmoorde nie

Cherokee ·

Sinnelose stelling. As ‘n ding groen is of blou is, sê dit. Moet nie sê ‘dit is dalk nie pienk nie’.

Werner ·

Hulle skerm nou maar net weer vir die regering en komunistiese vriende .

Anel ·

Maar as ‘n blanke nou so iets kwyt geraak het was hy sonder verhoor, deur die MRK, lewenslank tronk toe gestuur. Hulle is’ n klug man. Kyk maar na die Eben Etsebeth storie.

Adeline ·

Dit is net “Black Matter” waarteen daar haatspraak geopper word wat geld en wettig vervolging ingestel kan word – sodra blank haatspraak ervaar is dit nie geldig vir vervolging nie – voos vrot korrup is elke area en organisasie wat uitgekoop is aan die huidige regerings MAG.

richard ·

Ons sport baas “wil n ondersoek gelas oor 8 rugby spelers wat nie knie gebuig het nie
Maar hierdie is OK???

Erik ·

Hierdie is baie erg en ek veroordeel dit ten sterkste. Ek moet ongelukkig erken dat ek al dikwels Afrikaner manne gehoor gesels het wat weer dieselfde toewens aan ander rasse in ons land, so ons glad nie so onskuldig nie. Dink nie dit sal ooit heeltemal opgelos word nie.

Marius ·

Erik – My vraag is of jy op die grens was met die oorlog , of weet jy van iemand wat baaaaiiiieee naby aan jou was wat daar dood is agv die oorlog ? Ek wonder baie of dit alles die moeite werd was op die einde van die dag . Soveel jong mense se lewens wat op gemors is .

Anoniem ·

Dit sal nooit opgelos word nie, dit werk nie so in Afrika nie. As jy ‘n duim toegee, word jy as ‘n swakkeling beskou. Dit gaan eenvoudig net opeindig in ‘n onafwendbare groot gemors.

katerinadiekat ·

Miskien is dit so dat Afrikaners wat ander rasse dieselfde toewens, so voel omdat hul gatvol is dat ons gedurig uitgemoor en vermink word en na n kwart eeu nog steeds die blaam toegedra word vir Alles wat verkeerd is in hierdie land.

Persheks Adri ·

MRK is absoluut TEEN ons blankes! Die polisie sal in elk geval niks doen nie – hopeloos useless! Hierdie IS en bly haatspraak punt.

Kom nou Cyril of kruip jy agter kopdoek weg? Doffel, Babbel en Bekkie die hoof narre van die ANC comrades

Mariana ·

Rassiste is hulle. Geen steen sou onaageraak wees as dit uit die mond van witte gekom het nie.

Ricus ·

Dit is n poep teen donderweer as enige instansie dink hul gaan iets uitgerig kry teen hierdie ANC regering.

Pieter ·

Wat as iemand soortgelyke plasing maak wat sinspeling omdraai? Daar sal oombliklik ‘n ondersoek soek wees en iemand sal belsis van poging tot massamoord aangekla word.

Persheks Adri ·

Stem 100% saam! En dan sit ons in die tronk vir 1 van hulle. Nie die moeite werd nie.

daniel ·

As jy swart is en n mederheid is kan jy blykbaar haatspraak lewer soos jy wil sonder enige gevolge. Die teenoorgestelde geld in Amerika as jy Swart is en n minderheid is kan jy blykbaar maak en breek en brand soos jy wil .

Persheks Adri ·

Ek wil so graag ook kommentaar lewer oor 1 bullet a day, maar iemand gaan my flag eish…

TO ·

Nee dit gaan bloot net oor ras, ruggraatlose mense wat net daar sit om ‘n stoel warm te hou en salaris te kry, nie verdien. Maar laat dit ‘n blanke wees, boy oh boy summier deur fb verwyder en deur MRK vervolg

Piet ·

Eskaleer dit na die betrokke afdeling van die VN. Alhoewel niks sal gebeur nie, is dit op rekord en die dag as ons by ander lande om vlugtelingstatus moet aansoek doen , is daar reeds ‘n presedent geskep.

gatgogga ·

Ja. Ons moet sorg dat die rekord op datum bly – ons, of ons kinders, gaan dit nodig kry.

Kokerboom ·

Die MRK is ‘n irrelevante organisasie wat hul bestaan voortsit met belastingbetalersgeld maar ‘n blinde oog gooi om massas se steun te behou. Absolute klugspel. Die minderhede veral wit mense moet ophou kla en doen. Almal is veronderstel om ‘n GELYKE kans in land te he. Kry ons dit nie moet ons dit afdwing

Cherokee ·

Kokerboom, Hierdie ding van ‘ons moet ophou kla en doen’, word deur albei van ons gewens. Maar jy en ek eis net dat iemand anders iets doen en dinge afdwing. Miskien moet ons van ons stêre af opstaan, en iets afdwing of ten minste iets doen.

Tokkel ·

Eintlik is daar nie pille vir sulke lae IK’s wat sulke rassehaat aanjaag nie.

twaalfboor ·

Hoekom is die VF+ so stil? Julle wil hê ek moet vir julle stem maar julle beteken niks. Julle was die eerstes wat op die MRK se nekke moes gespring het. Of buig julle ook knieg?

LiveAndLetLive ·

Shocking to read these comments, these are farmers providing food for this country – why on earth would you want them to be killed?
We have a very serious low IQ problem in SA

Erik ·

You are 100% correct. By the way, the average IQ in South Africa is 77 (you can Google it) which is classified as slightly mentally handicapped or as a ‘moron’ according to some studies. And that’s the AVERAGE. This creates many socio-economic problems, but also many opportunities.

Elize ·

Lee thanks for your comment. This is the only comment that makes sence because it pin point the real problem with “very serious low IQ problem in SA”.

Leeuwyfie ·

Wat van die manier wat die MRK Penny Sparrow se saak hanteer het? Sy moes 2 keer boetes betaal. Een aan die MRK een aan die hof. En sy het niemand dood gewens of moord aangehits nie.
Ons onthou.

Ronel ·

Om te moor is fine om die blanke sleg te sê en moord aan te hits is fine, maar o wee, moet tog net nie die gevreesde k woord sê nie, want dan maak jy soveel sensitiewe kykers se hartjies seer. daai gekneusde ego’s tsk tsk tsk

Anoniem ·

Met sulke boodskappe is versoening onmoontlik, dit sal nooit gebeur nie. Ons kan mekaar op die beste net verdra, maar selfs dit word by die dag al hoe moeiliker.

Anoniem ·

En die MRK se inmenging by Eben Etzebeth se saak? Hoekom nie daar gesê dit moet polisie toe gaan nie, vrek soos ek kan onthou het hulle sommer polisie polisie gespeel. Oh ja Eben is wit en sy “victims” was bruin, waar in hierdie geval is die “haathebbende persone” swart en hulle “victims” wit en dit is okay as dit so om is want dit pas meer by die MRK se rasgedrewe naratief… Lafaards is wat hulle is

Grens ·

Ag nee wat, moet jou nie eers steur aan die ou simpel praatjies nie. Dit is ‘n goeie bewys dat mense notusie neem van die boere se saamtrek, en dit hou hulle niks van nie. Lag dit af, en dit sal weg gaan.

LiveAndLetLive ·

Skokkend, en hierdie is jong mense.
Hoekom al die haat, hoekom nie iets doen om jouself te bevorder nie, deur mense aan te por om n land se boere te vermoor gaan jou nerens bring nie.
Geen wonder hierdie land lyk soos hy lyk nie, dit is die mentaliteit.

Daniel ·

Hulle moet hulle naam verander na die swartmense regte komissie want dit is al vir wie hulle beskerm

LANA is ELANè ·

So tipies – mens kan niks meer verwag van die sg MRK as die uitlatings andersom was, was almal nou “up in arms”.

Adriana ·

Daardie boer wat julle so graag wil vermoor is die boer wat elke aand ñ bord kos op jou tafel sit. Wonder wat gaan jy maak as jy nie meer daardie bord kos het nie, wie gaan jy dan vermoor of blameer.

Jack ·

In n land waar rassisme nou n ander kleur het kan ons nie verwag dat wit boere en wit mense in die algemeen op beskerming kan aanspraak maak nie. Ons moet onsself net eenvoudig self beskerm. Ons weet hoe so kom ons staan op en versorg ons eie

Tino ·

So iemand kan in ‘n ander land ‘n uitlating op sosiale media maak en erg vervolg word in SA maar in SA kan enige swarte (dit bleik die definieerende faktor te wees) haatspraak pleeg en niks oorkom nie.

Die MRK van SA moet na die internationale MRK gesleep word want Boere Lives Matter BLM ook.

Dat die meerderheid so bang is vir die minderheid wys net dat minderwaardig en agtergeblewenheid inherent tot die wese is.

Marina ·

laat ek eerder net stilbly want :(ek is besig om my bloedig te vererg aan iets wat ek niks kan doen nie

Pieter ·

Die MRK wil dit nie beskou as haatspraak wat aanleiding gee tot moorde op blankes nie maar as daar iets teenoor die swartes gedoen of gesê wórd dan is dit skielik rassisme of haatspraak teenoor swartes!!!! Waar trek ‘n mens dan die lyn as daar soveel moorde op die blankes is, wórd daar niks daaromtrent gedoen nie maar daar wórd vinnig opgetree as daar iets teenoor die swartes gedoen wórd? Dir MRK moet wakker skrik en optree soos wat van hulle verwag wórd in die konstitusie van Suid Afrika dit is verkeerd en onregverdig teenoor veral die blankes!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.