Haatspraaksaak teen BLF uitgestel

Andile Mngxitama, leier van die BLF (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die saak tussen die burgerregteorganisasie AfriForum en Black First Land First (BLF) is Dinsdag in die gelykheidshof in Johannesburg uitgestel.

Willie Spies, AfriForum se prokureur, het aan Maroela Media gesê Andile Mngxitama, leier van die BLF, het in persoon by die hof opgedaag en gesê hy het regsverteenwoordiging nodig en die saak kan nie voortgaan voor hy regsverteenwordiging bekom het nie. Landdros Mohare het die saak tot 31 Mei uitgestel.

“Dit is sy reg om regsverteenwoordiging te kry en ons het toegestem tot die uitstel tot 31 Mei,” het Spies gesê.

Op 31 Mei sal ʼn direktiewe verhoor plaasvind. “Dit is ʼn voorlopige verhoor waarin daar tydlyne neergelê word vir die afhandeling van die res van die saak,” het hy verduidelik.

Die saak hou verband met Mngxitama se toespraak op 8 Desember 2018 by die Ikageng-stadion in Potchefstroom. Andile Mngxitama het na aanleiding van die sakemagnaat Johann Rupert se dreigement om die taxibedryf te mobiliseer om hom teen die EFF se dreigemente te beskerm, gesê vir elke swart mens wat in so ʼn konflik sterf, sal sy party “vyf wit mense doodmaak”. “Johann Rupert, dis in die haak,” het Mngxitama in dié omstrede toespraak gesê. “Betaal die taxibedryfbase. Maar dis hoe dit is: Vir elke mens wat deur die taxibedryf doodgemaak word, sal ons vyf wit mense doodmaak.”

Die BLF het intussen in ʼn verklaring gesê Mngxitama het die “rassistiese gronddief, Johann Rupert, gewaarsku oor sy uitsprake”. “Indien sy dreigende versoek vir swart-op-swart geweld tot die afsterwe van swart mense lei, sal ons direk op sy grondgrypgemeenskap reageer teen ʼn ratio van 1:5,” het die BLF op sosiale media geskryf.

Spies het gesê dit is kommerwekkend dat Mngxitama intussen weer die haatspraak, waarvan hy beskuldig word, op sosiale media herhaal het. “Dit dui op sy miskenning van die regsproses.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

boerboel ·

Ek dink nie hier gaan veel van kom nie. Die ANC en EFF hou van sullke uitsprake

Pieter du plessis ·

Hoekom kry hierdie voorwerp enige media dekking?

Bekommerd ·

Die onderwerp kry dekking omdat BLF se uitlatings op die voorgrond geplaas wil word.

ChrisE ·

Daar was in my lewe ‘n stadium dat ek my erg oor uitlatings soos van die ANC, EFF en BLF opgeruk het. Ek het intussen bietjie gaan nadink oor die moontlike gevolge van die uitsprake. Die pesone wat die uitsprake maak moet ook na gekyk word. Eerstens die uitsprake het ‘n “beperkte trefkrag/gehoor”. Geen seniel/regdenkende mens sal enige uitsprake uitvoer nie.. Die gevolge van die uitvoer van sulke uitsprake het teenreaksies. Die persoon wat die uitsprake maak word hetsy, opgestook, betaal of opdrag gegee om sulke banaliteite kwyt te raak. Die mense laat my dink aan Snippie wat op die stoep staan en blaf terwyl Wagter by die heining baklei. Ou spreekwoord, leë blikke maak die grootste geraas. Ek is nie bang vir die ou wat my dreig nie. Ek is bekommerd oor die ou wat niks sê nie. Daar is ook geen groter irretasie vir die raasbekke wanneer jy nie op hul lawaai reageer nie. Dit is soos ‘n kind wat ‘n vloermoer gooi. Hy soek aandag. Ignoreer hom. Hy sal op ‘n stadium ophou en agterkom hy het sy naam Multichoice gemaak en skaam kry.

Bekommerd ·

Daai beperkte trefkrag/gehoor is tans die vinnigste groeiende party in SA. Kyk wat het gister op die plaas gebeur waar 600 onwettige plakkers kom neersak het en nou dreig om die man se plaas af te brand – is hulle seniel? Is hulle regdenkend? Sekerlik nie, masr hulle voer die opdragte stap vir stap uit. Die gevaar is, dir ouens dreig nie net nie, hulle doen wat hulle sê ook.

ANNA ·

Julius en Andile, het ñ kompetisie aan die gang,om te kyk WÍÉ kan dié ergste haatspraak uiter en HÓÉ LANK hulle daarmee kan wegkom…terwyl hulle aanhangers hulle toejuig!!
Gaan NIKS van die saak kom nie

Johan ·

En ons gedink het Malema is deur die duiwel gestuur. Toe kom ons agter die BFL is die duiwel self!

Spike ·

ChrisE. Die probleem is, die dwase se aanhangers is nog groter dwase en glo alles wat hulle sê en hulle is miljoene.

IK ·

Dit is belangrik om die funksie van die ruimte tussen die twee ore vrugbaar en korrek te gebruik.

Trojaanse Donkie ·

Eintlik reflekteer dit op die sg. regters in die sg. howe in die sg. regstaat met sy sg. grondwet. Hoekom is daar nogsteeds regdenkende mense wat dit nie begryp en kan aanvaar nie??

Therese van Schalkwyk ·

Willie Spies is doodreg wanneer hy sê dat Mngxitama “die regsproses misken”.
Die regsproses is egter so totaal en al belaglik dat dit die disrespek verdien waarmee oortreders dit bejeën. Selfs ‘n “Trojaanse Donkie” besef dit.
Mngxitama het tog sekerlik gewéét dat hy ‘n regsverteenwoordiger gaan nodig hê.
Die uitstel van die saak tot na die verkiesing is dus ‘n reuse-oorwinning vir die hom.

Johan ·

Hiervan gaan niks kom nie. Absoluut niks nie. Hulle sal net dalk vir hom n rooi tappyt uitrol met miljoene ondersteuning wanneer hy uit die hof uit wals.

Trojaanse Donkie ·

Ek is net baie bly dat ek nie een van die land se regters in my familie het nie, ek skaam my morsdood!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.