Habana se “beste Vadersdaggeskenk ooit”

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die Springbok-vleuel Bryan Habana het Sondag, op Vadersdag, ‘n seuntjie ryker geword.

Habana het ‘n foto van hom, sy vrou Janine en hul seuntjie op Twitter gedeel. “So ek het die beste Vadersdaggeskenk ooit gekry. Welkom in die wêreld Timothy Jacob Habana.” Habana het sy seuntjie beskryf as “hul geskenk van Bo.”

Habana het Saterdag twee drieë gedruk in die Springbokke se wedstryd teen Wallis in Durban. Hy het ook Donderdag sy verjaardag gevier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kosie ·

Baie geluk julle twee. Mag die nuweling net vir jul vreugde bring.

EMK ·

Baie geluk – met baba, die drieë en sommer die verjaarsdag ook! Sommer paar redes om fees te vier!

Sollie ·

Geluk julle! Mag hy baie vreugde bring en sommer ook ‘n uithaler rugbyspeler word nes sy pappa!

AmY ·

Baie geluk jullle twee. Mag hy vir julle net vreugde bring. Geniet daai klein bondeltjie. Hulle word baie vinnig groot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.