Habib uit Wits-studentevergadering gejaag

Prof. Adam Habib, die visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Foto: http://blogs.wits.ac.za/

Prof. Adam Habib, die visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Foto: http://blogs.wits.ac.za/

Adam Habib, die visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het gesê hy is teleurgesteld nadat hy Woensdag uit ʼn vredesverdragvergadering by ʼn kerk in Braamfontein, Johannesburg, gejaag is.

Habib het in ʼn verklaring gesê hy en sy bestuurspan is deur Wits se Vereniging vir Akademiese Personeel, die Holy Trinity Church en geloofsleiers genooi om die vergadering by te woon. “Ons is teleurgesteld dat daar mense was wat gevoel het ons moet die vergadering verlaat, selfs nadat ons genooi is om dit by te woon,” het Habib gesê.

“Ons is steeds toegewyd daaraan om saam met studente en studenteleiers te werk om ʼn oplossing vir die onderskeie kwessies te vind, waarvan baie slegs op nasionale vlak opgelos kan word. Ons besef dat die gemoedere hoog loop en dat ons nie die reaksies van sommige studenteleiers persoonlik moet opneem nie.”

Nadat studente besef het Habib was by die vergadering, het hulle op hom geskree en vir hom gesê om die gebou te verlaat. Hulle het hom ʼn “sondaar” genoem en gesê hy moet eers hul leier, die voormalige SR-president Mcebo Dlamini, vrylaat voordat hy hulle mag toespreek. “Habib hoort in die tronk en nie in die kerk nie,” het die studente geskree.

Habib en sy span is daarna uit die vergadering uit.

Die vergadering is kort daarna verskuif vanaf die Holy Trinity Church na die Solomon Mahlangu-huis op die kampus, omdat die kerk te klein geraak het om die groot groep studente wat die vergadering wou bywoon te huisves.

Dlamini is Woensdag in die Johannesburg-landdroshof borgtog geweier. Hy staan tereg op vyf aanklagte van onder meer diefstal, opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

Habib het gesê die universiteit is steeds vasbeslote om die 2016 akademiese jaar af te handel terwyl daar steeds na ʼn oplossing vir die finansiering van tersiêre onderrig gesoek word. “Ons sal voortgaan om die universiteitsgemeenskap te beskerm sodat personeel, studente en ons infrastruktuur veilig is en die akademiese program kan voortgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Julius ·

En van wanneer af hou hulle vergaderings in kerke, is dit nie veronderstel om’n plek van aanbidding te wees nie?

Leendert ·

Thuli Madonsela het ook, onder andere, die studente daar toegespreek en hul sentimente gedeel. Ons sal nou vorentoe sien tot watter mate sy tot die feesmustfall gesprek toetree en dalk aktief vir die studente se saak agiteer. (Dit is een dink om OB te wees. Ons mag haar nou dalk in ‘n ander rol sien.)

Vaalseun ·

Dat die studente nou so op prof Habib skree, né? Hulle het by hom geleer om op proffies te skree. Hy het graag in sy tyd by UJ in vergaderings op wit Afrikaanse proffies geskree.

popeye ·

Hierdie klomp terroriste weet self nie wat hulle wil hê nie. Moet erg wees om so verward te wees!

John ·

Habib was gisteraand op die 9-uur RSG-nuus hees en tranerig. Hy het die regering die skuld gegee vir die krisis omdat hulle lankal gewaarsku is dat die finansiering van universiteite grootliks tekort skiet.

Swanna ·

Wat se die GROOT boek. Wat jy saai sa; jy maai. Nou is dit sy tyd om te voel wat haai gesaai het. So hy moet glad nie teleurgesteld voel nie, dit is nou sy beurt en hulle sin sal ook kom en dit tel vir die res van die regering wat in bewind is.

Dark.O ·

Bly jy noem dit Vaalseun. Lyk my van die visiekanseliers soos Jansen en Habib het dieselfde maniere.

Hendrik ·

Ja nee die liberaliste word nou een vir een uitgesorteer deur die massas. Daar is niks soos ‘n onnugtere liberalis. O ja onthou dat die land die mees gevorderde moderne grondwet het wat niks beteken vir die minderheid nie. Oplossing van my : Selfbeskikking en beskerming/uitbouing van instansies soos Akademia , Pukke en funksionele skole.

Basson ·

Die leeutjie (wat hulle self groot gemnaak het) – het toe mooi groot geword…

Pietman ·

Habib het in sy studente jare ‘n goeie voorbeeld gestel. Die wiel draai.

Zirk ·

Wat op UK en UJ plaasgevind het, en nog steeds gebeur, is ‘n duidelike bewys dat die magte van die duisternis in die land die oorhand kry. En alles te wyte aan swak en GEEN leierskap. EN DISSEPLINE.

Hendrik ·

Ek weet in die sogenaamde demokrasie moet ‘n minderheid maar geliefd neem met die meerderheid se leierkeuse. Dit gaan egter nie beter word nie want die verskillende (11 verskillend amptelike tale) gemeenskappe is net te veel uitlopend.

Denise ·

Dit is n Sirkus !!! Al hulle gepratery gan ook NIKS help nie als veniet want die massa studente wil nie verstaan nie so ook nie die leiers nie als nutteloos dit is TRAGIES!!!!

Nita ·

Die studente leef net hul kommunistiese ideologie uit. As ons, die gepeupel nie kan kry wat ons wil he nie, sal ons sorg dat niemand niks het nie.

Johan Ferreira ·

Wat hier gebeur is die teenkant van ‘demokrasie’, ‘n ongedissiplineerde, onbeheerbare, opgesweepte massa (lees meerderheid) is ‘n ernstige probleem en word ‘n selfvernietigende faktor vir ‘n demokrasie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.