Haelwaarskuwing vir Bloem uitgereik

Foto: Suid-Afrikaanse weerdiens

Erge donderstorms kan vanaf Sondagmiddag oor Bloemfontein verwag word, met ʼn waarskuwing van groot haelkorrels.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens en versekeringsmaatskappye het Sondag ʼn waarskuwing aan inwoners van die Mangaung-munisipaliteit en Letsemeng- plaaslike munisipaliteit gestuur om vir erge hael gereed te wees.

“Die erge storm is noord van Orania in die Noord-Kaap opgemerk en beweeg noordoos oor die Letsemeng- munisipale gebied tot by Bloemfontein,” het die weerdiens gesê.

Die weerdiens het gesê dié gebiede kan ʼn groot hoeveelheid klein haelkorrels asook swaar reënval verwag. Groot haelkorrels, sterk stormwinde en swaar reënval kan oor die Letsemeng- munisipale gebied en Bloemfontein verwag word.

Die weerdiens het ook ʼn waarskuwing uitgereik vir ʼn storm oor Bloemhof wat tussen Leeudoringstad en Orkney groot haelkorrels, sterk winde en swaar reënval kan meebring. Dié storm beweeg oos en noordoos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan Erasmus ·

Dertig jaar terug het ‘n ou weer profeet al gesê: die weer het mal geword. Menende dit is onvoorspelbaar. En dit is. Hellen Zille sê ook so. MAAR dit is steeds ‘n voorspelling nie ‘n waarborg nie. Onthou dit.

Antjie ·

Daai storm is ure trug reeds oor Lesotho. Ons het 7 mm reën gekry, en ʼn klein bietjie 5mm deursnit haelkorrels saam dit. Geen sterk wind nie. Ek dink daai Keniaanse Amerikaner by NASA is reg dat die wolke in kleiner druppeltjies kondenseer, wat baie moeiliker reën as wat ons selfs 10 jaar gelede gewoond was. En nog ander probleme ook. Baie hartseer!

Magdalena ·

Ons het oor die naweek in florida roodepoort die ergste wind ooit gehad ek was so bang. Niks reen niks weerlig net vreeslike erg wind deur die nag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.