Kort nadat die vierde persoon wat na bewering betrokke was in die onlangse aanvalle op twee bejaarde egpare in Haenertsburg in Limpopo aangekeer is, is die bakkie en nog vuurwapens wat tydens die rooftogte gebuit is, ook teruggevind.
Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die bakkie van die Wiggel-egpaar, Richard en Anika, is Dinsdagaand in Letsitele opgemerk.
“Toe die insittendes die polisie opmerk, het hulle uit die bakkie gespring en te voet in die veld in gevlug,” het Mojapelo gesê.
“Die voertuig is deursoek en drie vuurwapens wat tydens die rooftogte gesteel is, is gevind.”
Maroela Media het vroeër berig drie mans is Saterdag in hegtenis geneem nadat die Wiggel-egpaar Donderdag om 03:00 op hul plaas in die omgewing aangeval is. Vier verdagtes het glo vensters gebreek om by die huis in te kom. Hulle het die egpaar oorval en aangerand voordat hulle met onder meer ʼn onbekende bedrag geld, ʼn radio, ʼn televisiestel en drie selfone in die egpaar se Isuzu-bakkie gevlug het.
Mojapelo het aan Maroela Media bevestig dat die polisie in die proses is om die verdagtes te verbind met ʼn aanval die volgende dag op nóg ʼn bejaarde egpaar op hul kleinhoewe naby die Magoebaskloof-hotel, waartydens onder meer vuurwapens gesteel is.
Die vierde verdagte is vroeër Dinsdag in Ritavi in hegtenis geneem. ʼn Rewolwer, een 9mm-pistool met ʼn magasyn, vier haelgeweerpatrone, drie selfone, drie afstandbeheerders en ʼn Toshiba-skootrekenaar is in sy besit gevind.
Lees alle vorige berigte oor Haenertsburg-plaasaanvalle op Maroela Media.
Puik speurwerk. geluk julle almal betrokke!!!
Uiteindelik gebeur daar darem iets omtrent die moorde en inbrake op ons oues van dae en plaasmense. Baie geluk, nou hoop en bid ons net vir skuldigbevinding en swaar strawwe.
Julle is tops, dankie SAPD! Goeie werk!
Ek hoop net dat die polise se werk wat ingesit is om die verdagtes aan te keer, gaan ook verder in die hof voortgesit word
Waar is ‘n ROBOT wat die aanval kan naboots, sodat hulle kan ontvang en voel !!
Net bly daai vuurwapens is gevind wat daarmee sou hulle weer ander boere doodgemaak het.
Eerste stap is nou suksesvol voltooi = die vang van die skuldiges.
Wanneer mens besef hoe wreed hierdie mense is, is die emosie wat in mens opwel, nie liefde nie.
Baie geluk my Kollegas
Geluk halwe werk waar is die insittendes in die voertuig wag om nog goeie nuus te hoor
Goeie werk SAPD. Hou so aan. Hoop die boewe word vir ewig toe gesluit!!!!