Haglike toestande by KZN-ouetehuis by MRK aangemeld

Elonwabeni-ouetehuis in KwaZulu-Natal (Foto via ANA)

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag gesê toestande by die Elonwabeni-ouetehuis in KwaZulu-Natal is só haglik dat hy die saak by die Menseregtekommissie (MRK) aangemeld het.

“Inwoners, van wie een 100 jaar oud is, moet in koue water bad wanneer die tehuis nie elektrisiteit koop nie,” het Sharon Hoosen, woordvoerder van die DA, gesê nadat lede van die party die ouetehuis Dinsdag besoek het.

“Die 67 bejaarde inwoners maak tans staat op plaaslike boere en ondernemings vir kosskenkings. Hulle laaste ete wat die ouetehuis verskaf het, was ontbyt verlede Vrydagoggend. Hulle moes sedertdien staatmaak op die goedhartigheid van ander persone.”

Hoosen het gesê geen instandhouding vind plaas by die ouetehuis nie. “Nie een van die toilette het sitplekke nie, en verskeie van die toilette kan nie spoel nie.”

Boonop het die 41 personeellede ook nie hierdie maand ʼn salaris ontvang nie. Die party het die MRK skriftelik in kennis gestel van dit wat hy by Elonwabeni gesien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Adam ·

Jammerlike situasie. Geen land wat sy ou mense en kinders verwaarloos kan daarop aanspraak maaak dat dit ‘n beskaafde land is nie. Sies!!!!!

Mielie ·

En die korrupte regerende party leiers lewe in luukse omstandighede. Wat n skande…..Die ANC …..ons mense……Ek hoop CR sien hoe hulle na sy mense omsien..Maar ek weet vir n feit niks sal hiervan kom

snoefie ·

die paddaman gaan met oogklappe deur die lewe. hy wil nie weet ipwat in SA aangaan nie. daarom dat sy verkiesi ngsbeloftes onder andere insluit dat meer besighede (winkels ens) onder swart beatuur moet kom. laat my wonder of daar nog winkels (pnp, checkers, ok, shoprite, game, edgars, russels) is wat onder blanke bestuur staan

Petro ·

Hoekom help die lotto nie maar sport is deesdae meer belangerik dit is n skande

LB S ·

Voordat ek jou kommentaar nog gelees het wou ek berig, wat van die miljoene van die Lotto. As een persoon R50 miljoen kan wen moet jy weet hoeveel geld gaan in die Lotto skatkis. WAT WORD DAARVAN??????????? Dit is hoekom ek nie meer die Lotto speel nie.
Aan die begin het ek vir myself gesê dit is vir ‘n goeie doel …….. nie meer nie!

Elvira ·

Dit is n skreiende skande. SA was nog nooit so verwaarloos agtergelaat soos nou nie. Alles is in absolute verval. ANC se skuld.

Lana ·

Stem saam met jou. SA was nog nooit voorheen in so ‘n toestand nie.

Koos de Meyer. ·

Dit is deur sport waar ons land vandag in die gemors is wat hy is. Sport het ‘n afgod geword. Die ou mense word aan die genade van ander oor gelaat, wat ‘n skande. Ons blankes moet maar altyd help maar dis ook al wanneer ons goed is.

Wilma ·

Sjoe 41werknemers vi 67 inwoners. Onaanvaarbaar soveel werkers. Dis waar al die geld gaan

jurie blanche ·

Onthou personeel moet skofte werk van 8 uur so personeel/3.

jurie blanche ·

Waar is die plek sodat ons met cmr kan skakel en donasies kan by bring asb.

pik by ·

gelde wat met lotto gemaak word behoort sportvry te wees. sport het niks met die saak te maak nie. fokus!

Alida ·

Die Lotto was gewettig om instansies soos die te help maar dit is nou n klug en n stelery en miljoene gaan vir sport. CR moet ingryp en huĺle verplig om meer skenkings te maak.

Alma ·

Kan ek nie iewers geld oorbetaal nie asb? Dit breek my hart.

Hartseer ·

Alma, moet seblief net nie geld aan die tehuis skenk nie want dan vat hulle dit ook! Maak tog net dubbel seker dat die oumense daar elke liewe pennie se voorbaat geniet!

Koos de Meyer. ·

Daar word miljoene vir sport gegee. Borge wat ons in elke geval voor betaal. So ja dink ‘n bietjie na as jy vra wat het sport daarmee te doen. Daar bestaan nie meer iets soos prioriteite in hierdie land nie. Ou mense leef in haglike omstandighede ongeag van ras of vel k. Daar word onnodig geld gemors wat beter aangewend kon word. Ek sê weer sport het ‘n afgod geword.

Jay ·

Ja ons boere word uit gemoor maar kyk wie skenk kos en help tydens nood. Ja jong ek sê maar net.

Hartseer ·

Die toestand van die land en die haglike omstandighede van daardie mense in die herfs van hulle lewe, breek my hart in stukke!
“At long last, have you no shame?”

Willie ·

Wat n skande! Mens voel skaam omjouself n Suid-Afrikaner te noem

Nadia ·

ai ai ai!!! ek wens ek kan ‘n werk kry by ‘n ouete huis.. ek sal daai plek vannig reg ruk en die mensies baie goed versorg dit is baie baie sad!!!

bgj van der westhuizen ·

ja mense ons werk on hele lewe en betaal belasting en as jy ou is vrek jy van swaar kry wand jy het nie genoeg geld om aan die lewe te bly nie en die regering mors geld op huise te bou vir mense wat dit self kan doen eerder kyk agter ou mense wat gewerk het om die land te bou waar dit van dag is en maak nie saak of jy wit bruin swart geel of groen is nie dit is die staat se plig om te kyk agter hulle

Kwikkie ·

….ergste van als, meeste van daardie oumensies se families is seker nie eers bewus van die toestande nie – hulle word net daar afgelaai vir gerieflikheids onthalwe en sien hulle kinders nie weer nie. Kan nie glo dit is hoe mense hanteer word nie.

christa ·

Ek kan nie my finger een goeie ding uitwys wat ten stand gekom het van die ANC regering aan bewind nie. Alles, maar alles het ten gronde gegaan. Hulle het geen kloe hoe om ‘n land te regeer nie, wat nog te se winsgewind. Toi-toi hulle nie, brand hulle af en verwoes. Alles wat reeds ten stand gekom het nog voor hulle tyd asook die nuwe goed. Die oue tehuise is maar net een van die vervalle gebiede uit die duisende ander . Kyk hoe lyk die strate, dorpe, dienste wat gelewer word, noem maar op

Alida ·

Plaas asb my kommentaar dalk is daar instansies en mense wat kan help om daardie ou mense se swaar te verlig.

bekkie ·

Te veel werkers vir die aantal inwoners. Die mense word nie eers versorg nie en etes word nie eers gereeld gemaak nie. Deur wie word hierdie instansie bestuur? Ek glo daar le die probleem. My GROOT vraag……… Waar is ons christene, kerke, gemeentes en families. Hoe is dit moontlik dat die gemeenskap sien en nie betrokke raak nie. Dit is onmenslike omstandighede en ‘n skande.

GoeieVraag ·

Ek word sommer siek as ek hierdie goed lees!! Alles waaraan hierdie patetiese regering aanraak loop uit op ‘n ramp! Nou moet hierdie ou mensies staat maak op boere wat ook binnekort hulle plase gaan kwyt wees, wat gaan hierdie land dan doen as daar nie mee boere is om op staat te maak nie?

christa ·

dit is die regering se verantwoordelikheid om sulke instansies te onderhou, maar nou is sulke instansies daar vir werkskepping. Al is die werkskepping mense net daar om te toi-toi vir salarisverhogings. Lotto is eerstens in my oe sonde wat die Woord duidelik uitspel. Jy kan nie sonde gebruik om iets goeds daaruit te verwag nie. Sport is die god van ie land. Gelukkig het ek jare gelede ‘n streep daardeur getrek. Die arme oumnese kry seker ook nie genoeg kos nie want wie sal dan vir die personeel van etes voorsien.

DA? ·

Met begroting van R2.27 milj pj vir tehuis???
Verg net bevoegde personeel en bestuur
Dan lewe daar 3keer meer oues in WEELDE!!!
SKANDE die wiel draai swaar maar draai sal dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.