Halfeeu-vonnis vir man wat vroue roof, aanrand

(Foto ter illustrasie: pixabay)

’n 23-jarige man van die Wes-Kaap sal nou die grootste deel van sy volwasse lewe agter tralies deurbring nadat die Caledon-landdroshof hom tot 50 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede gevonnis het.

Sheldon Davids het twee vroue, onder wie ʼn bejaarde, in 2019 in afsonderlike voorvalle wreed aangeval en beroof. Die misdade is in die Overberg-streek gepleeg.

Volgens AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het Davids ʼn vrou op 3 Augustus in haar huis oorval en met ʼn flits oor die kop geslaan. Die vrou is ná die aanval met ernstige kopbeserings in ʼn hospitaal behandel.

Enkele dae later, op 9 Augustus, het Davids ʼn bejaarde vrou ernstig beseer toe hy haar beroof en op die vloer neergegooi het.

“Die vrou het ernstige beserings aan haar gesig opgedoen en moes gevolglik rekonstruktiewe chirurgie ondergaan.”

Swartbooi sê Davids is kort ná die voorvalle in hegtenis geneem. Hy was tot sy vonnisoplegging in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Skuim!!

Chris dupreez

Mooi man

Frank

Genugtig maar die regstelsel is onkonsekwent!! Moordenaars en verkragters kry meestal ligter strawwe. En dan kry hulle nog geleentheid om te appelleer

Diline

Weet nie hoe die howe werk nie, rerig. Vir moord kry “our people” 15-20 jaar. Hierdie is 2 ernstige aanvalle en kry sommer 50 jaar? Duidelik word die raskaart ook in die hof toegepas.

ES

MM was die man gevonnis vir altwee gevalle en was dit 25 jaar vir elke geval wat gelyklopend uitgedien moet word?