Halfmiljoen handtekeninge vir DA se #NoConfidence-petisie

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Donderdag gesê sy #NoConfidence-petisie teen pres. Jacob Zuma, wie se onlangse middernagtelike kabinetskommeling wye reaksie uitgelok het, is deur meer as 500 000 mense onderteken.

Phumzile van Damme, DA-LP en nasionale woordvoerder vir die party, het gesê die DA het met dié petisie begin by noconfidence.co.za om die publiek aan te moedig om die mosie van wantroue teen die president te ondersteun.

“Ons aktiviste en openbare verteenwoordigers loop ook van deur-tot-deur om Suid-Afrikaners aan te moedig om die petisie te ondersteun,” het sy gesê. “Die ondersteuning op grondvlak is oorweldigend, met so baie Suid-Afrikaners wat die petisie ondersteun en hul woede uitspreek teen Jacob Zuma se weiering om te bedank te midde van wydverspreide betogings.”

Sy het gesê dit is ʼn bewys dat Suid-Afrikaners die DA en ander opposisiepartye ondersteun in hul veldtog dat die parlement Zuma sal afdank.

“Dis duidelik dat die mense van Suid-Afrika geen vertroue het in Jacob Zuma nie. Die afgelope twee weke se betogings teen die president, en hierdie petisie, is ʼn teken dat Zuma moet gaan. Ons bedank die patriotiese Suid-Afrikaners wat Zuma se korrupsie, roekeloosheid en selfverryking verwerp.”

Van Damme het bygevoeg die DA sal voortgaan met alle middele moontlik, petisies, parlementêre meganismes, regstappe en optogte “totdat Zuma weg is”. “Die president het die mense van Suid-Afrika verraai en ons land verkoop aan die Guptas, aan korrupte individue, wat hul eie belange najaag.

“Wanneer die mosie van wantroue herskeduleer word in die parlement moet die ANC die regte besluit maak, hulself verneder en na die mense luister en Jacob Zuma uitstem. Dit is nou net die ANC wat in die weg staan van die wil van die mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

M A ·

Net 500 000? Ek dink mnr zuma gaan hom net afvee. Maar sterkte!

Cherokee ·

½ miljoen stemme uit sowat 60m mense; teleurstellend min. Maar anders gesien het slegs ‘n klein groepie mense die petisie gesien.

apie ·

DA het uitstekend gevaar met die munisipale auditering. kan selfs al in PE die verskil begin sien. knap gedaan

jaco ·

As Zuma eendag weg is, gaan die volgende natuurlik dadelik gebeur:
1. Die Rand se waarde gaan drasties styg
2. Pryse van kos en petrol gaan drasties daal
3. Daar gaan nooit meer stakings wees nie
4. VYF MILJOEN onwettige immigrante gaan dadelik gedeporteer word
5. Alle korruptie deur ministers en staatsamptenare gaan dadelik stop
En so kan my lys aan en aan gaan. Die DA en al die ander wat dink “alles dan regkom” moet maar lekker aanhou droom…

LB S ·

Jaco, ten minste word daar probeer om iets aan die probleem te doen. Maar ja, ons is in elk geval in vir ‘n rowwe rit!

Zirk ·

Zuma en ANC leierskap se patronaatskap is so diep en wyd gevestig, dat hulle alle teenstand aflag as minderwaardig en EN niksseggend. Eers as die ANC verteenwoordigers binne die parlement tot die besef kom dat deur hul leier(s) te beskerm, hulself aandadig is aan ‘n kriminele daad, sal daar ‘n verandering kom.
Kom ons hoop en GLO, dat die 22ste April, hul gewetens hul sal pla,en hul oë sal oopgaan. Ek bid daarvoor. En GLO.

pie in the sky ·

Die skip sink vinnig tans en die dronk kaptein sal moet oorboord. Grootste probleem daarna is hoe om weer beleggersvertroue terug te win nadat die laaste rotte verdwyn het… SA se groeikoers is byna 0% tans.

Johanna Botha ·

Ek kon n matige verskil agterkom in Pretoria laas week so dit wil lyk of die DA iets begin doen ten spyte van groot skuld wat geerf is en die dwarstreker anc in daardie vuil oorgroeide en vervalle stad ….nou kort hulle net nog stemme want 500 duisend is nogal min maar dalk het nie almal selfone nie.

AL ·

Is werklik min. Ek wens die draadsitters wil hul kant bring. Daar is soveel Suid-Afrikaners wat kla, maar kom stemdag of so n petisie, dan is hul te lui of te besig.
Of eenvoudig nie lus om dit te doen nie.
Die wat internasionale SA mense ken, stuur asseblief daardie link.

Charmaine Griffiths ·

AL – ek stem saam met jou. Ai ai as die julle en hulle tog net wil ophou. Staan tog net saam. Ons almal weet wat verkeerd is en almal weet hoe om dit reg te stel. Let your fingers do the walking as julle dan te bang is om saam te stap.

SARIE VAN HEERDEN ·

Net 500,000 handtekeninge kan nie reg wees nie. Waar is die mense se stemme wat heeldag opgaan teen die arme rot?

John ·

Ongelukkig grawe Mmusi self sy eie graf. Hy glo mos ons Afrikaners is soos bang muise wat altyd maar onder sy blou kombers sal kom skuil uit vrees vir die groot kat, maak nie saak hoe sleg hy ons voorstel nie. Predikante hoort nie in die politiek nie wat nog leuens verkoop.

marice ·

ek kan se my stem is darm een van daai 500 000. is julle sin? dit help min julle se ja net 500 000 uit 60 m. stem n bietjie en dit sal meer word, aan die wat deelgeneem het en gestem het, welgedaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.