Halfmiljoen onnies binnekort ingeënt

ʼn Halfmiljoen onderwysers en ondersteuningspersoneel sal eersdaags teen Covid-19 ingeënt word. (Foto: Twitter)

ʼn Halfmiljoen onderwysers en ondersteuningspersoneel in die Suid-Afrikaanse onderwyssektor sal eersdaags teen Covid-19 ingeënt word.

Die onderwysvakbond Naptosa het aangekondig dat 500 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof vir die onderwyssektor opsy gesit is.

Luidens Naptosa se verklaring sal dié inentingsproses na verwagting eerskomende Woensdag afskop.

“Skole in die openbare sektor sal voorkeur kry, waarna die private sektor ingesluit sal word.

“Alle onderwysers sowel as ondersteuningspersoneel in die openbare sektor sal ingeënt word, insluitend onderwysers wat beheerliggaamsposte beklee en personeel van onderwysvakbonde.”

Naptosa sê voorts dat personeel ouer as 40 jaar geprioritiseer sal word.

Maroela Media het vroeër berig dat daar verskeie oproepe deur onderwysvakbonde was dat die inenting van onderwysers teen die koronavirus ’n prioriteit moet wees.

Dit het gevolg nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, verlede week gesê het dat daar nog geen aanduiding is van wanneer dít sal gebeur nie en dat onderwysers met ander werkers op die voorste linie vir toegang tot die entstof meeding.

Motshekga het ook gesê dat bykans ’n driekwart van onderrigtyd verlede jaar weens die Covid-19-pandemie verlore gegaan het.

“Die entstowwe wat nou vir die onderwyssektor opsy gesit is, is die resultaat van ’n volgehoue poging deur onderwysvakbonde, die departement van onderwys, navorsers en ondersteuners,” sê Naptosa.

Die vakbond sê voorts dat die proses deur ’n nasionale taakspan gelei sal word wat onder meer uit senior bestuurders in die departemente van onderwys en gesondheid bestaan.

“Die departement van basiese onderwys sal alle data van die betrokke onderwyspersoneel aan die departement van gesondheid deurgee vir registrasie op die elektroniese datastelsel vir entstowwe.

“Plekke, datums en tydsgleuwe sal gevolglik aan dié werknemers toegeken word.”

Naptosa sê hoewel inentings vrywillig is, word alle onderwysers en personeel aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak.

Die departement het vroeër aangekondig dat alle laerskole na verwagting op 26 Julie, wanneer die derde skoolkwartaal begin, ten volle sal heropen.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bella ·

As daar 500 000 vaksien inentings is, beteken dit dat 250 000 mense inge-ent sal word, want jy moet 2x gespuit word.

OW ·

Johnson & Johnson word met een dosis gespuit.Pfizer word met twee dosisse van 0.3ml elk oor 42 dae gespuit.

Kosie ·

Hoe kan julle sê: “Alle onderwysers sowel as ondersteuningspersoneel in die openbare sektor sal ingeënt word…”. Dit is tog sekerlik jou keuse?

OW ·

Niemand word gedwing nie.Tweede laaste paragraaf sê duidelik dat dit vrywillig is.Mense word wel aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak.

Pampoen ·

Ek het geregistreer en hoor niks. As hulle nie fase 1 en fase 2 kan klaarmaak nie, hoekom dan met die onnies begin? Ek is geiiriteerd dat die onnies dink dat hulle ‘n prioriteit is en dat die res van ons nie ‘n groot blootstelling het nie. Ek dink hulle is selfsugtig.

Darlieng ·

Ek verstaan dat mense bo 60 voorkeur moet kry, maar die skade en ontwrigting van ons kinders as onderwysers vir 2 weke nie by die skool is agv Covid is ontsaglik groot! Die druk waaronder die kinders tans verkeer is onatuurlik en dit word net vergerger as die onderwyser afwesig is. Dis nie die onderwysers wat dink hulle het prioriteit bo ander nie maar wel ons kinders se opvoeding wat moet voorkeur geniet.

Fritz ·

Dis die probleem. Almal dink hulle is spesiaal.
Boere dink hulle is spesiaal want hulle verskaf kos. Onderwysers dink hulle is spesiaal want hulle voed die volgende geslag op.
Joernaliste dink hulle is spesiaal want hulle verskaf nuus.
Dokters dink hulle is spesiaal want hulle genees siekes.
Dominees dink hulle is spesiaal want hulle leer mense van God.
Ens. ens. ens.
Bogenoemde het niks met inenting te doen nie. Dit was nog altyd almal se denke.

Dirk Mostert ·

Alle onderwyspersoneel wat wil moet geent word, nie net die ouer as 40 nie. Dan is hulle mos immuun en sonder ‘n verskoning om tuis te bly teen volle salaris.

Danie ·

Een vraag. Hoekon gesondheids werkers en onderwysers Johnson & Johnson maar mense bo 60 pheizer. Is Johnson & Johnson die ware jakob en die pheizer net daar om die mense ouer as 60 uit te dun. Vrae net.

Antares ·

Wereldwyd is reeds meer as 2 miljard ingeënt, tans teen ‘n tempo van 400 elke sekonde. Van die mense wat ingeënt is, het dit al’ n jaar gelede gekry, dit is net SA wat so staaadig is. Pfizer is een vd inentings, ek sien nêrens dat mense uitgedun word agv inenting nie. Ek het Pfizer inenting gekry, behalwe ‘n seer arm die 2de dag, is daar hoegenaamd geen newe effekte nie.
https://covidvax.live/

Elmarie ·

Antares stem 100% saam. Hierdie mense met hul wilde aantygings fopnuus en nonsens….

Jaco ·

Sluit dit nou wit onderwysers in? Ek vra maar net. In dié anti-wit SA geld daar mos maar altyd twee stelle reëls, met die meer drakoniese stel vir wit mense. In elk geval hoef wit mense eintlik nie ingeënt te word nie, want ons is ver minder as 20% van die bevolking terwyl kudde-immuniteit beteken minstens 80% van SA se bevolking moet ingeënt word. As die anti-wit ANC-regering van dié inënting ‘n ras-ding wil maak, sal die 80% kudde-immuniteit eintlik vinniger bereik word.

Antares ·

Baie goeie idee. Skole is verspreidingspunte van covid wat onderwysers in gevaar stel.

Perdeby ·

Julle is so ver agter met die inentings julle sal nooit by die laaste persoon uit kom nie. Slaap rusting dapper helde!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.