Halfmiljoen op Durban-strande oor Kersfees

Durban op 27 Desember 2015 Foto: @tjigwana, Twitter

Durban op 27 Desember 2015 Foto: @tjigwana, Twitter

Byna ʼn halfmiljoen mense besoek Durban se strande oor Kerstyd, het Tozi Mthethwa, woordvoerder van die eThekwini munisipaliteit in KwaZulu-Natal, Maandagoggend gesê.

“Die munisipaliteit se bestuurskomitee het 483 923 besoekers aan die strande tussen Donderdag en Sondag aangeteken,” het Mthethwa gesê.

In dié tydperk moes lewensredders 66 mense red en bykans 2 936 mense het mediese behandeling vir klein gevalle soos skaaf- en snyplekke ontvang.

Sy het ook gesê dat daar slegs een noodlottige voorval was waar ʼn man met ʼn mes doodgesteek is oor Kerstyd. Verder is 109 kinders met hul families herenig ná hulle op die strand verlore geraak het.

Mthethwa het gesê vakansiegangers moet onthou om slegs in aangewese gebiede in die see te swem en die opdragte van lewensredders te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kobud ·

Dis verseker nie die plek om meer te wil wees nie. En wat van die jong meisie wat vermoor is oor haar selfoon?

Vra net ·

Kobud ek stem saam met jou. Daardie meisie is lank voor kersfees vermoor en dit was op die suidkus nie Durban nie.

c ·

Ons was laas in Durban in 2001 op soek na ‘n spesifieke film vir my kamera wat ek nie in Balito kon kry nie.Na seker 20 minute was ons weer oppad uit en ek sal nooit weer my voete daar sit nie.Hulle kan Durban hou.Ek spandeer my geldjies eerder op ander plekke dankie.

marius ·

Maroela lyk word lyk my die vergaderplek vir rassiste. As ek na dié opmerkings kyk het ek nie veel om oor trots te wees as Afrikaner nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Marius

Ons vra om verskoning indien daar onwelvoeglike kommentaar op die webwerf was. Soms neem dit ‘n ruk voor kommentaar verwyder word, omdat dit in sommige gevalle per hand gedoen moet word. Klik gerus op die “rapporteer”-knoppie indien daar kwetsende kommentaar op ‘n berig verskyn.

Dankie vir jou terugvoer
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Nel ·

@Marius Waar is al hierdie sogenaamde “rassiste” nogal?

Gaan lees maar liewer Naspers se snert, indien jy werklik so voel.

Ruby ·

@Marius: wanneer laas het jy na ‘n anc praatjie geluister?

Durban se strande is walglik, ek sal nie eers my honde daar laat loop. Daar is wel nog van die kleiner dorpies waar dit skoon en netjies is.

elize naude ·

@ marius
ek onderstreep jou posting… en so houding dra geensins by tot beter verhoudings in suid afrika nie… inteendeel…
die kommentare wat op jou posting gevolg het getuig daarvan dat sulke mense hul rassistiese uitlatings as normaliteit waarneem…

S P Bob ·

Die strand is mooi so , elkeen kry n kans om dit nou te geniet en hulself uit te leef . n Ware reenboog nasie byeenkoms . Viva reenboog . Aan die einde van die reenboog met hoogwater het Natalse seevisserye volgens sekere bronne gehoor die visse se hulle sit nie weer n vin daar nie . Die Krewe het weer na bewering gese hulle sal in tyd wees vir hul Nuwejaars fees . Blykbaar koningskos vir n kreef .

frans ·

ek.is da gewees dit lyk sos pukewyne op die strand nee danki ek sit erder in my bad by die huis

elize naude ·

pukewyne… of bedoel jy pikkewyne… en jy matig jou aan om jou bo ander te verhef?

Co ·

Wie het al die 483,923 mense getel?? Zuma? Dan was daar miskien “One hundred and thousand and two and seven and twenty three thousand – and wait for it because this is very important- twenty seven and ten hundred and eleven, I don’t know what”

Marius ·

Nel
Maroela media het goedgunstiglik die goed verwyder waarvan ek gepraat het. Jammer jy het dit gemis, dan sou jy weet waarvan ek praat. Dis waaroor die apologie hierbo gaan. Groete

Frans ·

Kan daar nie nou ‘n slag verby die woord rassisme gekom word nie. Dit is tog afgelei van die woord ‘ras’ en is eintlik ‘n erkenning van die feit dat die aarde wel deur verskillende rasse bewoon word.

Dit maak die een nie ‘beter’ as die ander nie maar wel ‘anders’ omdat ‘rasse’ ontstaan het agv geografiese apartheid en was Darwin se waarneming in die opsig dus korrek toe hy ‘n verskil opgemerk het in sekere spesies wat hul instaat gestel het om binne ‘n sekere omgewing te oorleef.

Dit is dus vir my heel duidelik waarom daarwel fisiese kenmerke is wat ‘n mens instaat stel om om te kan onderskei tussen bv Tswana en Zoeloe.

Johan ·

Durban se ekonomie bloei hom dood. Met al daai massas is die winkels leeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.