Halfmiljoen rand se tik in Kaapstad gevind

Argieffoto

Argieffoto

Wetstoepassers het Donderdag beslag gelê op tik van nagenoeg R500 000 tydens ʼn klopjag op ʼn huis in Pinelands.

Die stad se metropolisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Donderdag op die huis toegeslaan en beslag gelê op 730 gram tik.

“Een verdagte is in Pinelands in hegtenis geneem, maar beamptes het later sy broer in Strand in hegtenis geneem toe ‘Ace’ van die honde-eenheid 10 gram tik en R3 000 kontant by ʼn huis in Nomzamo uitgesnuffel het,” het JP Smith, burgemeesterlid vir veiligheid, gesê. “Die tweede verdagte is vroeër in verband met dwelmsmokkelary by OR Tambo Internasionale Lughwe in Johannesburg in hegtenis geneem. Dié saak duur voort.”

Beamptes het tydens gesamentlike operasies nog nege ander verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op dwelmmiddels ter waarde van R15 000 en R7 000 kontant in Manenberg, Kraaifontein, Durbanville en Brackenfell.

“Die feesgety is ʼn besige seisoen vir dwelmhandelaars, so soortgelyke suksesse is deel van die dagtaak,” het Smith bygevoeg. “Ek loof die beamptes vir hul goeie werk en lede van die publiek wat moeite doen om wenke deur te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Berhalet Beukes ·

Net jammer dat die einste dwelmvonds weer terug op die straat gaan wees binne enkele dae… Daardie tipe hoeveelhede dwelms word nie deur die gewone handelaar op straat bevonds nie, ook nie deur die algemene krimineel nie. Die geld kom van invloedrykes, dit kom onder meer uit dieselfde sisteem wat dit kamma beveg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.