Halfmiljoen se dwelms uitgesnuffel

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Die Valke het in samewerking met die polisie se honde- en ruitereenhede in Potchefstroom in Noordwes op dwelmmiddels van meer as R500 000 beslag gelê.

Tydens dié klopjag in Sol Plaatjiestraat het die Valke en polisiebeamptes nie net kokaïen, tik en dagga uitgesnuffel nie, maar ook groot hoeveelhede alkohol en R8 000 kontant.

“Verskeie dokumente, waaronder pryslyste vir dwelms en alkohol, is ook gevind. Die verdagte (of verdagtes) word steeds gesoek,” sê kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder.

Rikhotso beskryf die klopjag as ’n “reuseslag” vir onwettige dwelmhandel in Potchefstroom.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kathleen

ek is so bly dit is gevind voor dit onskuldige mense bereik en hul lewens verwoes .

Herman

Daar was jare gelede reeds ‘n siening dat die polisie niks doen aan die dwelmsmouse in Potchefstroom nie. Ek is bly dat daar nou iets positiefs gebeur!

anniekiewiet

Skitterend. Hoop jul hou aan tot julle die smouse wat mense se lewens verwoes, vir altyd toegesluit het.

Hennie J

Wel gedaan!!