‘Hallusinasie’ om te dink polisie kan alleen misdaad oplos

Nathi Nhleko. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nathi Nhleko. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die oortuiging dat die polisie eiehandig die moordkoers in die land kan “oplos”, is “in wese ʼn hallusinasie”, het die minister van polisie Dinsdag tydens die bekendstelling van die jongste misdaadstatistieke gesê.

Min. Nathi Nhleko het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gesê kontakmisdaad soos moord, poging tot moord en verkragting het die afgelope jaar met 0,9% toegeneem terwyl kontakverwante misdaad met 1,9% toegeneem het.

Eiendomsverwante misdaad het met 0,8% afgeneem terwyl ander ernstige misdaad glo met 2,2% afgeneem het. Nhleko het gesê in die geheel was daar ’n afname in misdaad teen vroue en kinders, maar dit is steeds ’n probleem.

Nhleko het gesê misdaad, en veral geweldsmisdaad, is ʼn maatskaplike euwel en kan nie deur die polisie alleen opgelos word nie. “Ons gaan voort om geweld as ʼn kenmerk van ons maatskaplike vooruitsigte as Suid-Afrikaanse samelewing te hê.”

Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, lê intussen die jongste misdaadstatistieke aan die komitee voor.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

GES ·

Ek is geneig om saam te stem. Baie keer plaas die polisie hulle lewens op die spel om boewe aan te keer en dan mors ‘n onbevoegde korrupte aanklaer die saak op. So wat is die kanse om hierdie oorlog te wen ?

Landie ·

Verskoon my, dit is wat die polisie voor betaal word om te doen. Hulle word nie betaal om op hulle basse te sit en niks te doen en ‘n inkomste te verdien nie. Moet die gemeenskappe in ander lande die polisie help? NEE!!! Begin werk vir julle geld of doen iets anders!!!!

GES ·

Jammer, ‘n mens kan nie veralgemeen nie. Die meerderheid is ongeluklig vrotsleg en wil nie werk nie. Hierdie probleem is baie groter as wat ons dink.

Delea ·

Wonder hoeveel mense eenvoudig net nie meer sake rapporteer nie. Tussen die effektiewe Polisie en die howe wat die sake opmors is dit baie keer nie die moeite werd nie.

Vic ·

Jammer, kan nie saamstem nie. In die ou dae is dit presies wat die polisie gedoen het. Hulle het nie van die publiek verwag om hulle werk te doen nie. En die polisiemag is nou baie groter

bib ·

Vic dit is wat gebeur as jy van n mag ontsae raak om n regstelende dien versaffer te word.

Dave ·

Vic, dit is wel so dat die polisiemag nou baie groter is maar ook so met die kroeks se mag. Daarbenewens is baie van die polisie lede van albei.

Vic ·

Maat, ek weet. Maar dis nog steeds hulle werk, hulle trek elke maand salaris daarvoor. Ek weet daar is baie polisielede wat hulle bes doen, teen n absolute oormag van misdaad, ek het dit eintlik teen die in magsposisies wat ons land in die steek laat. Maar nouja.

alex ·

@ Vic stem saam polisiemag is nou baie groter. Maar kyk na minister se voorkoms profiel dan merk ons die meeste “nuwe polisiemanne” nou voldoen aan dieselfde profiel.
Grootste werk vir die dag is om te kyk waar is die Naaste KFC of Nando’s.

anet ·

Niks nuuts vir my nie. Daar word altyd na verskonings gesoek as mense harde feite in die oe moet staar. Dit kom gewoonlik van die top ministers af, en ‘n goeie voorbeeld van verontskuldiging is Zuma

Bruno Stef ·

Dit is daarom dat gemeenskappe die wet in eie hande neem en die misdadigers vermoor op die polisie en howe kan jy nie staatmaak nie en waar hulle wel optree is hulle heeltemal onhandig.

Gideon ·

Die polisie is daar om misdadigers te vang en natuurlik om opsigtelik te wees, en om nie met hulle vet pense agter lessenaars te sit nie!! Ek het so pas ‘n boek gelees oor ‘n polisieman wat in destydse Moord en roof gewerk het in Randfontein omgewing. Die kort en lank van storie is, dat polisie nie meer regtig weet wanneer om te skiet nie, hulle mag so baie goed nie meer doen nie, en die afgestelde doodstraf maak dat hulle, hul eie lewens op die spel plaas, sonder die satisfaksie dat die moordenaar gaan betaal deur die hoogste straf- die hangpaal!!

Peet Schabort ·

Gaan na die Middelburg Observer se nuusblad en kyk hoe lekker slaap VIER van hulle op diens.

plaasbroer ·

Die polisie in enige land ter weteld kan nie sonder.hulp misdaad oplos nie. Oral word van informante / molle gebruik gemaak om misdadigers.uit te wys. Die polisie.volg info op en dan volg arrestasie.
Ja, die.publiek moet ook help, maar.dan moet die polisie ook sy kant.bring. Dit.gebeur.nie.in RSA nie !!!!

Lukas ·

Ek wonder waar kom die stats vandaan want dit is naie verkeerd en meeste misdade word aspris verkeer aangemeld sodat dit die syfers nie beinvloed nie en die regeering nie sleg lyk nie.

hiehie ·

Ek wag nog net dat hul kontrakte/tenders uitplaas vir polisie werk!!! hiehie

DAAN ·

EK WAS IN DIE POLISIE GEWEES. EK HET MET MET ONDERSOEK BEAMPTES GESELS NA DIE DESTYDSE BOIPATING SLATING TOE POLISIE VAN ENGELAND EN DUITSLAND KOM HELP HET MET DIE ONDERSOEK. BEAMPTES VAN BOGENOENDE LAND HET GESE DAT HULLE TUSSEN 1 EN 2 SAKE PER MAAND ONDERSOEK. HULLE WOU NIE GLO DAT SPEURDERS IN SA MEER AS 30 SAKE PER MAAND KRY OM TE ONDERSOEK NIE. DIE MEESTE BEKWAME MENSE IS WEG.EK WEET NIE WAT DIE ANTWOORD IS NIE. EK WENS EK HET GEWEET.

Winston ·

As jy ontslae raak van kundigheid, stap sukses saam by die deur uit. Die regering en die regering alleen, kan en moet die blaam dra vir die misdaad in SA. En Daan, in die vorige bedeling was 35 dossiere vir een ondersoekbeampte nie snaaks nie. Hulle het oortyd gewerk. Lang ure maar met die verskil dat die res van die regsmasjien funksioneel was. Dit is nie meer die geval nie. Die enkeles wat nog werk word gestrem deurdat hy alleen trek. Ek is n boer en n perd wat jy heeldag moet aanhits om te werk, maak jou, die ruiter moeg. Probeer dit en dis maar net die basiese. Soos Lagenhoven gesê het: Daar is baie ploegjongens op die regbank en baie regters agter die ploegskaar.

Henk ·

Die minister en die polisie lieg soos goedkoop tandetrekkers!! Misdaad het eerstens NIE afgeneem soos hulle voorgee nie. Hulle manupileer statistieke soos dit hulle pas.
Diefstalle word in voorvalleboeke aangeteken en saakdossiere word nie geopen nie, net sodat misdaadstatistieke anders kan lyk. Persone word links en regs inhegtenis geneem vir sake wat veronderstel was om na die aanklaer verwys te word net sodat die polisie “vervolging” op hulle statistieke kan aanwys.
Klaers word nie meer soos deur die strafproseswet voorgeskryf, gedagvaar vir hof nie. Jy word die dag voor of die dag van die saak gebel deur die ondersoekbeampte en so bly kriminele op straat.
Die minister versuim om te meld dat die NUTTELOSE wetgewing en grondwet van hierdie piesang republiek bepaal dit is die polisie se plig om misdaadvoorkoming en misdaad ondersoek behoorlik te doen.
Iets wat die polisie NIE doen nie. En iets wat 90% politieke offisiere NIE toesien dat dit gedoen word nie.
Want in die polisie gaan dit oor swart en wit en lankal nie meer oor die roeping om ‘n polisieman te wees wat die publiek dien nie.

Daan ·

Hulle sê wat jy saai is wat jy maai
Beperk selfverdediging. Verwyder vuurwapens Die persoon wat aangeval word is die skuldige
So verwyder die polisie se wapens ( die helfte reeds in misdadigers se besit) en gee die publiek meer regte
Doodstraf moet terug in die land

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.