Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die man, vermoedelik in sy 20’s, is deur omstanders gewaar waar hy op die dak van die gebou gestaan en skree het dat iemand hom jaag. Daar was egter niemand anders naby die man nie.
“ER24 en ander nooddienste is na die toneel ontbied en het die man probeer oortuig om veilig van die dak af te kom,” het Rossouw gesê. “Toe noodpersoneel flitsligte uithaal om beter in die donker te sien, het die man glo gedink dit is vuurwapens en van die gebou afgespring. Hy het in ʼn leë parkeerterrein te lande gekom en ernstige beserings, waaronder verskeie frakture, opgedoen.”
Rossouw het gesê die man se vriende het glo aan die noodbeamptes erken dat die man verskeie soorte dwelmmiddels, waaronder Ecstacy, kort voor die voorval ingeneem het. Hy het glo al in die motor waarmee hulle gery het, begin hallusineer. Toe hulle stilhou om hom te help, het hy na bewering uitgespring en na die gebou gehardloop.
“Meer as vyf mans moes die man in bedwang bring sodat hy vir sy beserings behandel kon word,” het Rossouw gesê. Die man is na die Northdale-hospitaal geneem vir behandeling.
Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Sjoe, dit is erg! Ek hoop hy word direk na ‘n rehabilitasiesentrum verwys as sy beserings verbeter.
Ek kry hom glad nie jammer,as die kop dom is laat die lyf dan swaarkry??
Mag ons ons weerhou om vir enige een wat blind, doof, n gebrek of verstandelik versteurd is, of enige ander persoon wat buite die normaal is te lag, want dis slegs genade, ja, dis al wat tussen ons en so persoon staan, en daai lyn is bitter dun. Dit vat net een kar ongeluk om ons ook in daardie posisie te sit. Hierdie man wil beslis nie so wees nie, maar daar is geen keer nie. Hierdie is soos n gebrek en ons kan net dankbaar wees dat ons nie in sy skoene is nie. Hy kan bly wees hy… Lees meer »
Baie wyse insig, Snel!