Halssnoermoorde in Johannesburg

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is Donderdag in Johannesburg in afsonderlike voorvalle onherkenbaar met buitebande verbrand.

Die mans se liggame is onderskeidelik in Soweto en Lenasia gevind. “In albei gevalle het die liggame buitebande om hul nekke gehad,” het ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie het tans nie meer inligting oor die motief vir die moorde nie. Twee moordsake word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marley ·

Geen hart, geen siel, geen gevoel, NIKS. Dis nie mense wat tot sulke dade in staat is nie.

alet ·

Hulle het nie eers meer genade vir hulle eie mense nie.Maar as hulle die mense kry wat dit doen is hulle van SuidAfrika of is dit van die insuipelaars vry om te doen wat hulle wil.

Belinda ·

Wel as die mense moordenaars of verkragtings gedoen het se ek dis n goeie ding ons is almal moeg vir misdaad en ons sal net die gerreg in eie hande moet begin vat…………………so kom ons lees eers wat was die storie agter die moorde………………………..ek hoop net nie hulle het weer n onskuldige kind vermoor nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.