Hamermoord-saak uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 35-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin met ʼn hamer doodgeslaan het, het Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn.

James Maluleka van Jericho het aan die hof gesê hy het nie ʼn regsverteenwoordiger nie. “Ek kon nie ʼn prokureur kry nie. Ek vra dat die saak tot Januarie uitgestel word, aangesien ek dan ʼn prokureur sal hê om my te verteenwoordig.”

“Laat vaar jy jou borgtogaansoek?” het landdros Moses Maswangwani gevra. “Ek sal vir borgtog aansoek doen wanneer ek ʼn prokureur het,” het Maluleka geantwoord.

Die saak is tot 29 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek en vir die beskuldigde om regsverteenwoordiging te kry.

Maluleka word daarvan beskuldig dat hy op 28 November sy 28-jarige vriendin met ʼn hamer doodgeslaan het nadat sy glo hul verhouding beëindig het. Hy het glo ook haar 62-jarige ma het ʼn hamer op die kop geslaan. Die vriendin is op die toneel dood en haar ma is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas.

Maluleka het glo sy vriendin se suster met ʼn panga geslaan. Sy is reeds uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

talitha ·

Daar is te veel moorde in SA, niemand is meer bang om moord te pleeg nie. Die strac skrik hulle nie af nie. Dis te lekker in die tronk. Hulle kom ook te maklik uit.

talitha ·

Daar is te veel moorde in SA, niemand is meer bang om moord te pleeg nie. Die strac skrik hulle nie af nie. Dis te lekker in die tronk. Hulle kom ook te maklik uit.

BoereBikerBaby ·

Heel duidelik is daar iets kort in daai ou se kop om mens so aan te val…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.