Hamerslaner by hof was uit op parool

Paul Makaula in die hof. (Foto: Verskaf)

Die man wat vandeesweek in hegtenis geneem is nadat hy glo vensters van die Konstitusionele Hof in Johannesburg met ’n hamer uitgeslaan het, is ’n veroordeelde moordenaar wat vroeër op parool vrygelaat is.

Paul Makaula (36) het Vrydag in die Hillbrow-landdroshof op aanklag van kwaadwillige beskadiging van eiendom verskyn. Die saak teen hom is tot Maart uitgestel.

Dít nadat Makaula sy aansoek om borgtog laat vaar het.

Luidens die klagstaat beloop die skade aan die land se hoogste hof meer as R50 000 nadat Makaula Woensdagoggend glo met ’n hamer by die hof opgedaag en verskeie vensters stukkend geslaan het.

Hoekom hy dit gedoen het, is in hierdie stadium nog ʼn raaisel.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die ondersoek is tans in ’n vroeë stadium en meer aanklagte sal waarskynlik teen die beskuldigde bygevoeg word ingevolge die Wet op Nasionale Sleutelpunte.

“Die NVG beskou die aanval op die [land se] Nasionale Sleutelpunte as ʼn direkte aanval op die oppergesag van die reg en sal enigiemand vervolg wat ʼn bedreiging vir enige instelling inhou wat ons land se demokratiese bedeling simboliseer.”

Makaula is in 2010 skuldig bevind aan moord en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Dit is nie bekend wanneer hy op parool vrygelaat is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Di ·

Laat dit vir hierdie regering ‘n les wees! Moordenaar wat vroeër op parool vrygelaat is, ABSURD. Dis hoekom daar so baie kriminele aktiwiteite in die land is, almal kom te lig daarvan af. Swaarder strawwe moet begin toegepas word, ek sien ‘n donker tyd wat vir ons voorle in die land.

Tubac ·

Wou eerder weer tronk toegaan. Kry drie keer kos per dag en darem beskutte slaapplek

AmY ·

Ja, en dan is daar kinders wat elke aand honger gaan slaap.
Sien nou die aand op tv hulle kla oor die kos in die tronk. Ten minste kry hulle kos. Daar is kinders wat vir dae nie kos kry nie.

Misky ·

2010 gevonnis + 15 jaar tronkstraf = 2025. Wat soek die moordenaar in die samelewing tussen onskuldige publiek? Hulle kan bly wees hy net vensters met daai hamer geslaan en nie mense nie.

Kobus ·

O wee, weer eens sake wat uitgestel word. Hoop ‘n reggeleerde kan my help. Hy word op heterdaad betrap met al die bewyse teen hom. Hoekom word ‘n ooglopende saak uitgestel en weer uitgestel? Die vraag wat die Landros moet vra is ” Mnr , het jy die vensters met hierdie hammer wat op die toneel gevind is en wat jou vingerafdrukke dra , stukkend geslaan? Indien hy ja antwoord is hy skuldig en indien hy onskuldig pleit moet die Landros mos sy kennis en mag toepas en hom in elkgeval skuldig bevind want alle bewyse is mos daar.

Yvonne ·

Die howe is hulle eie grootste vyand….besluite word moeilik geneem….hoekom wonder ek????

Di ·

Want hulle word deur die ANC kaders beheer! Moet sorg dat “our people” nie te na gekom word nie

Frikkels ·

Die meeste misdadigers is onrehabiliteerbaar omdat hulle weet ons strafregstelsel is ten gunste van misdaad. Menseregte weeg swaarder as gepaste strawwe vir misdaad. Wanneer iemand ñ misdaad pleeg moet hy ALLE regte verbeur, omdat hy met sy misdadige optrede wetsgehoorsame burgers summier van hulle regte ontneem. Die gepaste straf vir moord, is die galg. Te veel moordenaars gaan skotvry ten koste van wetsgehoorsames. Wat is so moeilik om te verstaan hieromtrent? Tensy die regering van die dag, ñ verskuilde agenda bedryf.

Cobus ·

Nou waarom ontstel dit die NVG so? Dit was mos een van hul geniale besluite om die stuk skuim vry te laat.

Anel ·

Moord! En klaar op parool! En môre vermoir hy weer iemand enn so gaan die siek siklus aan, want hy het mos menseregte!!!!!

Marius ·

Dis lekker om moord te pleeg. Jy kry gratis verblyf en etes, selfs jou klere en beddegoed word vir jou gewas en jy kan nog op staats koste graad vang ook. Die parool raad moet gemonitor word. Dit lyk nie of hul ‘n idee het wat hul taak is nie.

Sarel ·

My genade tog..tot die Parool stelsel is ‘n klug.
Kla hulle aan as medepligtig

Sarel ·

Wat is nuut of wat is sy Politieke Komneksie
Dit behoort nagaan te word

Pietertjie ·

Hy moes regtens nog in die tronk gewees het. Watse bog is hierdie borgtog-net-nadat-jy-begin-sit-het?

Jessey ·

Ek mis die woord “Alledgedly”. Dis gewoonlik die eerste woord wat gebruik word, of jy nou op heterdaad betrap is of nie?

Mariana ·

Nee woorde ontbreek. Wat soek hy weer op straat? Hoeveel ander moordenaars loop vry rond om maar net weer misdaad te pleeg?

Wat Wou ·

Her ontdek Robin Eiland vir sulke knaende gewoonte misdadigers. Gee vir die ouens n stuk treinspoor en n 5 gram hammer om die treinspoor mee te kap, vir 8 ure n dag. Dalk sal die geluid wat die ge kappery maak, hom tot sy sinne bring?

Nettie ·

Hoekom word moordenaars vrygelaat hulle moet lewenslank op Robbeneiland gaan sit

RB ·

Uit op parool nà moord . . . m.a.w hy was geruime tyd in die tronk waar hy als het wat hy wil hê – blyplek, kos, min werk, sakgeld.
Nou word hy uitgesit op straat (parool) en moet hy blyplek, kos ens vir homself voorsien in ‘n land waar daar vir miljuisende nie werk is nie.

Makliker om iets te doen om weer opgesluit te word waar hy alles kry.

Dup ·

“One Flew Over The Cuckoo’s Nest”……ons land is gedoem!

Jr ·

Tronk is ‘n gerieflike lekker plek vir hierdie skepsel. Daar kry hy n bed, drie maaltye, tv, alle geriewe. Dis hoekom hy dit gedoen. Hy kan dit nie buite maak in ons harde wêreld. Te swak

Piet parys ·

Hoekom ??? Daar binne kry hy kos en klere terwyl jy in die samelewing moet werk om te oorleef

Niklaas ·

Duidelik was dit sy begeerte om so spoedig moontlik terug te keer na die gevangenis waar hy die tye so geniet het.

Bernard ·

Parool vir ‘n moordenaar? Waarom ‘n hamer; sy vuurhoutjies verloor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.