Hammanskraal-betoging: Plakkers bly waar hulle is

Betogers in Hammanskraal het vragmotors en busse aan die brand gesteek (Mei 2016). Foto: Facebook

Betogers in Hammanskraal het vragmotors en busse aan die brand gesteek (Mei 2016). Foto: Facebook

Die uitsetting van duisende Hammanskraal-inwoners wat grond beset wat onderskeidelik deur die Tshwane-metro en deur ʼn koninklike familie besit word, is stopgesit.

Paul Mashatile, die Gautengse LUR vir menslike nedersettings, het Woensdag gesê die regering voel dat dit nie nodig is om mense te straf wat werklik glo dat hulle niks verkeerd gedoen het deur op die grond te woon nie. “Ons het ook ooreengekom dat ons ook weer orde in die gebied handhaaf terwyl ons die uitsettings en slopings staak,” het Mashatile gesê.

“Die eerste ding wat ons sal doen, is om ʼn bestuurskomitee op die been te bring waarvan Joshua Ngonyama [ʼn burgemeesterskomiteelid vir die departement van menslike nedersettings] die voorsitter sal wees. Die bestuurskomitee sal vasstel wie het op die grond gewoon en wie se plakkershutte is gesloop. Hierdie mense sal mag terugkeer na die gebied.”

Mashatile het beklemtoon dat geen nuwe plakkers toegelaat sal word om plakkershutte op die grond te bou voordat dit vir menslike nedersetting ontwikkel is nie. “Die bestuurskomitee sal seker maak dat geen nuwe mense bykom nie. Hulle ken die getalle; daar is ongeveer 3 500 mense in daardie gebied. Ons wil nie hê die plakkershutte moet meer word nie. Die gemeenskap sal ons help om die gebied te beveilig. Wanneer ons dan met die ontwikkeling begin, sal hulle voorkeur geniet,” het hy gesê.

Die toneel in Hammanskraal (Mei 2016). Foto: Twitter

Die toneel in Hammanskraal (Mei 2016). Foto: Twitter

Twee mense wat deel was van ʼn span wat aangestel is om die uitsettings te doen, is Maandag doodgemaak toe hulle die mense uit die gebied probeer verwyder het.

Die DA het vroeër Woensdag gesê dat die ANC die skuld moet kry vir die chaos in Hammanskraal. Solly Msimanga, die distriksvoorsitter van die DA in Gauteng-Noord, het aan verslaggewers gesê hy het met die plakkers vergader en hulle beweer ʼn ANC-raadslid het aan hulle gesê hulle het die reg om op die grond te bly.

“Wat nog erger is, is dat van die plakkers beweer hulle het tussen R2 000 en R3 000 betaal om hul plakkershutte daar te mag opslaan,” het Msimanga gesê. “Een van die mans het vertel dat hy sy staanplek gekoop het en toe hy die volgende dag daar kom, was iemand anders klaar op die grond. Toe is die staanplek klaar aan iemand anders ook verkoop.”

Msimanga het gesê die ANC moes van die begin af gehoor gegee het aan die inwoners se ontevredenheid en die kwessies aangespreek het. “Hulle het dit nie gedoen nie en dit is hoekom ons nou beland het in ʼn situasie waar mense vermoor is.”

Hy het gesê die beste oplossing sal wees om ʼn alternatiewe stuk grond vir die plakkers te kry of hulle te los waar hulle is.

Lees alle vorige berigte oor Hammanskraal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

So volgens ons regering kan jy maar enige iets doen wat verkeerd is en as jy gevang word, kan jy maar net se…Ek het nie geweet ek doen iets verkeerd nie en dan kom jy weg daarmee…..So mense julle kan maar in enige iemad se erf vir jouself n ou huisie gaan opset en dit betrek. Wys jou net hoe dink hulle….Geen wonder dit gaan so in Suid Afdrika nie…want as die regering dit se wie is ons om daarteen te stry….volg net hul voorbeeld en jy is SAVE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!…Sjoe nou gaan ek darem maar ryk word en ek gaan kyk waar kan ek n lekker ou huisie opsit…ooo en onthou ek gaan dit ook gratis doen…nie geweet ek moet vir die boumateriaal betaal nie…Jislaaik dis lekker om hier te bly!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!OOO en onthou gaan my trollie vol kos laai en loop sommer om te betaal…julle vergeet mos…ek het nie geweet ek moet betaal nie……………………Elektrisiteit gaan ek vat van die man waar ek my ou huisie opgesit het….gratis…nie geweet ek moet daarvoor betaal nie…………………..genade ek hoef nie meer te werk nie…alles is gratois in Suid Afrika….Jippie…gelukkige aftrede vir my…………………..

m ·

Jislaaik ma hierdie mense kan ook net doen wat hulle wil. Wonder of daar bou planne ingedien gaan word vir die plakkershuisies. Ons mag niks by ons huise oprig sonder dit nie maar daar reel geld nie vir hierdie mense nie. Iewers moet hierdie mense beheer word want hierdie probleem raak net groter, en om vir hulle net die hele tyd grond te gee los niks op nie…..

Anoniem ·

Nog ‘n wen vir ongeregtigheid, saakbeskadiging, moord en oproerigheid! Lekker die Suid Afrika proteste geniet voorkeur bo wetgewing.

Johann Marx ·

Solly Msimanga: “Die beste oplossing sal wees om ‘n alternatiewe stuk grond vir die plakkers te kry, of hulle te los waar hulle is.” REALLY? Hoekom is hulle dan “verskuif” in die eerste plek, as jou oplossing is om hulle te “los waar hulle is”? Ek wonder hoe dit moet voel om ‘n land te bly vol intelligente, denkende mense?

cherokee ·

‘Die Gautengse LUR vir menslike nedersettings het gesê die regering voel dat dit nie nodig is om mense te straf wat werklik glo dat hulle niks verkeerd gedoen het deur op die grond te woon nie.’

Besef julle dat dit beteken die blankes in Suid Afrika se probleme is opgelos!!! Dit behoort as ‘n konstitusie in die grondwet geskryf word. Daardie woorde behoort tydens parlementsittings deur die vertrek te ego. Die land se probleme is dus opgelos en blanke sal nou in vrede leef.

Louise ·

Ai Ai… Die regering kan nie eers BESEF dat hulle het pas n groter lat vir hulle gat gepluk nie.
Eers kon mense net staak en mense intimideer deur te kry waarna hulle soek, Toe die reg dit prober stop toe brand hulle goed af en to RAND hulle mense AAN en nou maak hulle dood.
HIERDIE land gaan in totale GEMORS BELAND en die regering GAAN ONREGEERBAAR WORD deur mense wat eie mag in hande NEEM want hulle word toegelaat om weg te kom daarmee.
JA NEE… EISH is al wat mens kan se, dat mense nou al weg kom met MOORD… JAMMER NIE GEWEET EK MAAK HOM DOOD NIE.

Hendrik ·

Wel as jy nie ‘n pasboek het nie kan jy bly waar jy wil. Daar was ‘n doel met instromingsbeheer en dit is die rede hoekom daar redelik orde was tot ’94. Jy kan net mense se instroming beheer deur werkskepping in dorpe. Met oop grense vererger die situasie net meer. Soos Johann Marx genoem het kan ons werklik nie Afrika probeer red nie en die enigste oplossing is om ons eie strukture te skep. Dit geld vir onderwys, werkskepping en natuurlik woonplek. Soos die NP belowe het voor ’94 : eie skole, eie strukture, eie woonplekke. Hulle het eintlik in die toekoms in gekyk en dit nooit besef nie….

Piet ·

Weereens gaan alles net oor Geld! Mense beteken Niks. Daar is darem maar VREK baie konings in hierdie land van ons… Wonder van wat is die koning… seker maar koning van eie mense uitbyt! Sal graag wil weet of die koning ‘n besigheid geregistreer het en of die inkomste belas word… selfs die kontant… Omdat die koning is, kry hulle ook seker ‘n inkomste van die staat… Sal ook graag wil weet hoe normale persoon van die publiek grond kan besit saam met die staat…
Dan wonder ek ook hoekom daar ‘n hof bevel gekry is, mense se huise verwoes is, net om dit weer alles te ignore en jammer te se. Dink hulle nie goed deur nie… Ek dink hier is weer ‘n rokie. GELD!
Dan soos gewoonlik word daar onwettige tantrums gegooi en ewe skielik kry hulle, hulle sin. Gaan al so van ek kan onthou… Wie betaal weereens vir die skade? Ek en jy wat werk…

Ek kan nie so laag dink nie, dus sal ek nie hierdie kan verstaan nie…

hans ·

Die ‘toegewing’ word gemaak met die oog op die munisipale verkiesing van Augustus 2016.

Grap ·

Wat ‘n klug en hulle is die land se sogenaamde leiers ……hier kom nog groot ellende en swaarkry

Anti afrikaner ·

‘n paar weke gelede toe die nuus breek dat die Metro die straatname moes herstel het ‘n paar mense die komentaar gelewe dat dit vermorsing vanhulle belasting geld was nou wil ek vir daardie mense vra…..WAT NOEM JULLE DIE??

André ·

Anti afrikaner
Ek is een van die wat gesê het dis ‘n mors van geld. En ek sê dit nogsteeds…….die mentaliteit bly dieselfde. Of is jy nie gepla oor jou belasting geld wat so vermors word nie? Maak mos nie saak deur wie dit ookal sal wees nie.

WatDeOngeluk ·

Wat ‘n ongelooflike slapgattige outoriteit entiteit is hierdie nie getuienis van nie!
Wow!
Te bang om sogenaamde wet-en-orde te handhaaf teen die wat die wet oortree en eenvoudig hulle skouertjies optrek: “Sorry né! Ons het nie geweet nie!”….

m ·

Hierdie dom mense word weer baie goed belowe om stemme te versekering op 16 Augustus 2016, maar wat hulle nie weet nie is dat hulle ellende na 16 Augustus 2016 nogsteeds daar gaan wees dan is alle beloftes vergete……droom voort ……………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.