Hammanskraal-water is veilig om te drink, sê Tshwane

Argieffoto: Wikimedia

Die Stad Tshwane gaan watertenkers, wat in Hammanskraal en omliggende dele ontplooi is, van Saterdag 8 September onttrek.

Die watertenkers is gebruik om inwoners van water te voorsien ná berigte van bruin, onwelriekende water, in die omgewing aangemeld is. “Die stad bevestig dat die gehalte van drinkwater in die gebied normaal is,” het Lindela Mashigo, woordvoerder van die munisipaliteit, gesê. “Die watertenkers sal dus van môre af onttrek word. Water sal deur die normale pyplyn verskaf word.”

Mashigo het gesê die stad spreek sy waardering uit vir die inwoners vir hul geduld en samewerking terwyl die watergehalte getoets is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sieg ·

Die rade lieg en bedrieg so ek drink nie julle water meer nie.

FM ·

Afriforum wil julle nie asb maar net eers die water gaan toets nie?Ek vertrou nie die vorige toetse nie.

Ellisras ·

Moet nie alles glo wat Die Huisgenoot, Google en die Munisipaliteit jou vertel nie. Ons verlaag net die standaarde dan haal die water die standaard.

Cherokee ·

Ek het in Durban kom vakansie hou. Dit was in …. 1990. Vorige kere hier net soos jy, maar hierdie keer meer ondersoekend. Ek het van Durban se water-smaak gehou! Ek belowe jou, ek het die water gedrink en onmiddelik ingeskakel! Dekades voor dit het ek in Walvisbaai gewoon en dit het tyd geneem om aan die woestyn se watersmaak gewoond te raak. Sewe maande later weg daar en ek was gewoond daaraan maar in Durbs het ek onmiddelik ingekskakel. Ek nooi julle.. emigreer vanaf Suid Afrika en kom woon in Durban. By jou visum-aansoek mag jy my naam gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.