Handboekfiasko: LUR sal nie bedank

Dixon Masemola, die LUR vir onderwys in Limpopo, sê hy sal nié bedank oor die handboekkrisis in die provinsie nie.

Die uitslag van die Metcalfe-ondersoek, wat Maandag bekendgemaak is, het verskeie probleme uitgewys, berig RSG. Volgens Masemola het sy departement vroeg verlede jaar al geweet dat ‘n krisis onafwendbaar is. Hy beweer hy het probleme met sy begroting reeds in Februarie al aan die wetgewer uitgewys. Die departement van onderwys in Limpopo is een van vyf departemente wat onder administrasie geplaas is omdat wanbestuur voorgekom het.

Intussen sê die DA die Metcalfe-verslag moet in die parlement bespreek word sodat mense aanspreeklik gehou kan word. Annette Lovemore, die DA se parlementslid, sê daar behoort ‘n openhartige gesprek te wees oor die situasie in die skole, en watter stappe gedoen kan word om voortslepende tekorte uit te wis en om te verseker dat soortgelyke krisisse nie weer opduik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.